Help my n teleskoop kies
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Help my n teleskoop kies
More manne,
Ek het tans n 308rsa wat n skope kort. Die geweer word vir sports adventure shooting, jag, nsa teiken skiet, bisley Ftr en gonge gebruik.
Nou op die stadium is daar 3 teleskope waarna ek kyk:
1. Vortex HS LR 4-16 met DH BDC kruis haar
2. Vortex HS-T 6-24 mil/mil met vmr kruishaar
3.Lynx Lx2 2.5-15 met mildot kruis haar
Op die staduim neig ek meer na die HSLR toe omdat hy moa/moa is en die kruishaar gekalibreer is op 16 vergrooting. Die HS-T is gekalibreer op 18 vergrooting wat ek dink meer gaan pla, ek wil vir alles behalwe die bisley af mik vir wind en net elevasie stel.
Die lynx is die goedkoopste maar kan nie reviews van hom op web kry nie.
Groete
George

- Askari
- Hero Member

- Posts: 728
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Help my n teleskoop kies
George, net my 2 sent....
Ek het einde verlede jaar 'n Vortex 4-16x44 HS-T gekoop vir my 22-250. Die lense het "wasig" geraak wanneer ek die vergroting opdraai bo 12x en dit het vir my gevoel of die parralaks verstelling nie so lekker werk nie. Whylo het geen probleem gehad om die teleskoop om te ruil nie en het my die opsie gegee om in te betaal op 'n 6-24 HS-T, wat ek toe wel gedoen het. Die 6-24 het ek aan 'n forum lid verkoop sonder om 'n skoot met hom te skiet. Sy nuwe eienaar het my so paar dae gelede laat weet dat hy die 6-24 terugstuur vir Whylo oor probleme met die teleskoop.
Lang storie, maar my vertroue in Vortex is daarmee heen. Ek het intussen NF teleskope op my 308 en 22-250 gesit en is baie tevrede met hulle. Buy once, cry once!

Gooi lood!!!!
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Help my n teleskoop kies
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=47281
Ek dink persoonlik die scopes wat jy genoem het is n bietjie min vir FTR skiet, jou oplossing die Sightron met target dot en groter verstelings
My 2c
Ek dink persoonlik die scopes wat jy genoem het is n bietjie min vir FTR skiet, jou oplossing die Sightron met target dot en groter verstelings
My 2c
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Dankie vir opinies manne.
Jammer om te hoor oor die Vortex scopes. Het regtig gedink hulle is wenners.
Daai scope gaan nie vir al my doele werk nie. FTR doen ek die minste.Witpietskiet wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=47281
Ek dink persoonlik die scopes wat jy genoem het is n bietjie min vir FTR skiet, jou oplossing die Sightron met target dot en groter verstelings
My 2c
Jammer om te hoor oor die Vortex scopes. Het regtig gedink hulle is wenners.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Gaan loer bietjie hierso onder Leopold se 'competition' scopes, daar is 4 van hulle.
https://www.leupold.com/hunting-shootin ... m-adj-obj/
https://www.leupold.com/hunting-shootin ... m-adj-obj/
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Ek hou bitterlik baie van vortex, die vortex 6.5-20x44 wat ek hier op die forum gekoop het was/ is die beste een wat ek besit, kyk ook na hom is my 2c
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Dit is die gewone Viper?alecjohnson wrote:Ek hou bitterlik baie van vortex, die vortex 6.5-20x44 wat ek hier op die forum gekoop het was/ is die beste een wat ek besit, kyk ook na hom is my 2c
Hie werk sy turrets vir ver skiet?
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Help my n teleskoop kies
Ek het 'n Vortex Viper 6.5-20x50 op my RSA gehad tot baie onlangs. Hy is verseker beter as die nuwe 6-24 Viper reeks i.t.v. lense se helderheid. My pa het 'n Leupold VX3 8.5-25x50 (dink hy het in 2009 gekoop) op sy 308 gehad en het die 2 teleskope verskeie kere met mekaar vergelyk en ek dink eerlikwaar die Vortex was beter. Ek weet nie van die heel nuutste VX3's nie, soos ek verstaan het Luepold 'n paar veranderinge aan die reeks se lense aangebring 'n jaar of so na my pa syne gekoop het. Ek dink wel die 6.5-20 Vortex gaan nie aan al jou vereistes voldoen nie maar is wel aansienlik goedkoper as die ander Vortex'e. Net ter inligting.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Help my n teleskoop kies
GVC86 wrote:Dit is die gewone Viper?alecjohnson wrote:Ek hou bitterlik baie van vortex, die vortex 6.5-20x44 wat ek hier op die forum gekoop het was/ is die beste een wat ek besit, kyk ook na hom is my 2c
Hie werk sy turrets vir ver skiet?
MOA 1/4 per click en 65MOA interne verstelling as jou zero reg is lig jy die turret op en draai dit na nul, dit het egter nie zerostop nie. op die stadium kan ek my 375h&H zero tot op 680m en met kruishaar opmik om tot 800m kan skiet, dus is die scope tot meer instaat as wat my geweer en ek is.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Sightron SIII 6-24x50 met die sfp reticle
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Kyk selfs na gebruikte teleskope wat in jou begroting val, mens kan van tyd tot tyd vreeslike winskope kry.Askari wrote: Buy once, cry once!
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Ek het toe gister by S&O draai gemaak en n Hawke Sidewinder 4-16x50 opgetel.
Vanogend gemount op my 308 rsa en boresight en toe baan toe. Om n lang hartseer storie kort te maak, die scope wou glad nie track nie.
Het 2 box tests gedoen nadat ek gesukkel het om te zero op 100m. Op 25m een skoot geskiet, 30moa op nog n skoot, 14moa regs nog n skoot. Tot dus ver als goed. Toe weer 30moa af maar bly groepeer regs bo van mik punt. Stel toe weet 14moa links maar bly groepeer op selfde plek.
Ry toe maar die 200km terug na S&O toe en ruil scope om vir n Nikon Prostaff 7.
Vanogend gemount op my 308 rsa en boresight en toe baan toe. Om n lang hartseer storie kort te maak, die scope wou glad nie track nie.
Het 2 box tests gedoen nadat ek gesukkel het om te zero op 100m. Op 25m een skoot geskiet, 30moa op nog n skoot, 14moa regs nog n skoot. Tot dus ver als goed. Toe weer 30moa af maar bly groepeer regs bo van mik punt. Stel toe weet 14moa links maar bly groepeer op selfde plek.
Ry toe maar die 200km terug na S&O toe en ruil scope om vir n Nikon Prostaff 7.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 728
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Help my n teleskoop kies
Buy once, cry once!
Jammer om van jou "bad luck" te hoor!
Jammer om van jou "bad luck" te hoor!
Gooi lood!!!!
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
True!Askari wrote:Buy once, cry once!
Jammer om van jou "bad luck" te hoor!
Ongelukkig moes ek nou koop en kan nie nou R10000+ uithaal nie

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Help my n teleskoop kies
Dit is jammer. nog nie n dag se probleem met die twee endurance 6-24 x 50 wat ons het nie maar dit is maar die probleem met goedkoper scopes. jy moet hoop jy kry nie die maandag of vrydag model nie.
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Dit is seker so, het baie hoop vir die Sidewinder gehad. Dis hoekom ek hom 63 rondtes kaans gegee hetruaanb wrote:Dit is jammer. nog nie n dag se probleem met die twee endurance 6-24 x 50 wat ons het nie maar dit is maar die probleem met goedkoper scopes. jy moet hoop jy kry nie die maandag of vrydag model nie.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Help my n teleskoop kies
Nee o hel dis nou skade!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Lynx multimax
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Update:
Het die Prostaff 7 gemount en toe baan toe. 6 skote toe is hy gezero.
Hy het die box toets geslaag en die laaste skoot het amper die eerste een gesny.
Sy knoppe se clicks is baie meer solied as die sidewinder en die glass ook baie better, vir my oog. Sy paralaks is nie so sensitief nie en ek kon vinniger dit reg stel as met die Hawke.
Die bdc kruishaar werk baie lekker en is meer eenvoudig.
By my sitkamer venster kan ek uitkyk oor n veldjie na huise aan die ander kant, omtrent so 500m. Ek het met albei scopes die aand wat ek hul gekry het na die huise oorkant geloer. Met die Hawke op 16 kon ek net n dowwe beeld kry, en kon nie reg kom met paralaks om n better beeld te kry nie.
Die Nikon het n baie mooi helder beeld gegee ook op 16x en het ek soos n "peeping tom" gevoel.
Na al die reviews wat ek gelees het oor die Hawke was ek baie terleurgesteld oor die "lemon" wat ek gekry het. Dit mag dalk net een foutiewe scope uit n batch gewees het, maar het veroorsaak dat ek die maak nie vertrou nie.
En vertroue in jou toerusting is tog die belangrikste.

- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Help my n teleskoop kies
Ek se weer pond vir pond is daar min wat Nikon klop. As jy nie baie worry om FFP scopes te gebruik nie is daai Nikon a goeie keuse vir die geld wat jy spandeer het - geniet hom.
"the more I practice, the luckier I get'