Primer eienskappe met Quickload

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Primer eienskappe met Quickload

Post by Geno »

Arnold/Wouter/Enigiemand wat weet:
Het Quickload die opsie om jou primers en die uitwerking van die verskillende primers te selekteer/ uit te werk?
bv. 'n magnum slagdop wat jou "amount of propellant burnt" affekteer.....

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by Geno »

Het niemand 'n antwoord nie?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by Geno »

Dankie Ludwig!
Dis al wat ek wou weet.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by Wouter Roets »

Babaleeu en Ludwig

Nee dit lyk nie of ek n funksie kry op QL om die ontbrandingstempo te verander tussen die verskillende primers nie. Shot Start (Innisiation) presure het te doen met die weerstand wat elke verskillende koeel bied as dit die groewe teekom en niks te doen met die tipe primer nie. sal maar nog so bietjie krap om te sien of ek iets optel en laat weet. Ons kan meskien vir Gerard vra ek weet hy werk ook baie op QL.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by Wouter Roets »

Ludwig

Ek het dit ook so gehad. As jy in ag neem dat n spesifieke primer anders optree met verskillende poeiers, dopkapasiteite en dopvorm sal dit n ongelooflike taak wees om dit te inkorporeer in n program soos QL. Want soos jy se die optrede is nie linier nie. Ek begin klaar n hoofpyn te ontwikkel as ek net daaroor begin dink! ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerard

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by Gerard »

Ludwig, Ek sien nou die dag 'n uitstekende voorbeeld van hoe 'n programmeerder dink en hoe dit soms probleme skep.

'n Programmerder se vir sy vrou hy gaan gou supermark toe.  Se vra dat hy 'n liter melk moet saambring en, as hulle eiers het, moet hy ses bring. Toe hy terugkom by die huis, kyk sy vrou na wat hy gebring het en vra hoekom hy ses liter melk gebring het.  Hy antwoord: "Hulle het eiers gehad."
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by THOMAST »

Een moontlike oplossing sal wees om "real time " te meet, maw laai 'n paar patrone(almal dieselfde interne volumes ens.) met die slagdoppie van keuse en 'n gestandardiseerde kruitlading en koe?l, meet die gemiddelde spoed en pas dan maar die dryfmiddel se brandspoed aan om ooreen te stem met die werklike spoed wat gemeet is. Hou notas, want dit kan seersekerlik lekker deurmekaar word! Dus sal jy vir elke dryfmiddel/slagdoppie/dopvolume variasie 'n ander brandspoed daar moet stel wat jy later kan gebruik om voorspellings te maak.
Die idee sal wees om alles te standardiseer en net die slagdoppe as veranderlike daar te stel en dan die toets te doen.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primer eienskappe met Quickload

Post by Wouter Roets »

Thomast

Ek hoor wat jy se maar die probleem is dat daar net te veel veranderlikkes soos brandspoed van kryt van lot na lot, temperatuur en humiditeits verskille ens ens in ag geneem moet word. Ek het nou al so ding in my kop indien ek magnum primers gebruik hoe dit my hoeveelheid kryt gaan beeinvloed. Moet asb nie vra hoe werk ek dit uit nie want ek weet self nie!
Indien ek in praktyk n syfer daaraan moet koppel werk dit seker op so 3% vermindering in lading op die CCI reeks uit. Hoop maar die slim manne kan met n oplossing vorendag kom met die volgende weergawe!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply