Uri

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3963
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Uri

Post by tau »

WSM wrote:Goeiemiddag almal

Ek is dalk so bietjie laat, maar ek het darem ook die kraal se hek gesien..
In die soeke na n Uri het ons een in die Kalahari te koop gekry.
Hy is toegerus met n 2.4 Diesel Hilux enjin en 5 spoed transmissie. Die lekker is dat hierdie een toe ook 4x4 is!
Al die onderdele is Toyota, en soos vroeër genoem is bestaan die hele bak en onderstel uit pyp en plaat.
Ons het hom totaal oorgedoen, en ek het toe in aanraking met Wian gekom, oom Evert se seun.
Blykbaar is die een van die ouer Suidwes modelle aangesien die bak breër uitgebou is, die lugfilter op die modderskerm gemonteer is, ligte buite die grill sit en die battery onder die bestuurder se sitplek.
Op die later modelle wat lokaal vervaardig is en deur SABS goedgekeur was het die battery en lugfilter na die enjinruim verskuif.
Ons het die Uri total herbou, enjin, transmissie, ewenaars drysasse, elektries, sitplek en bakwerk. Hy spog ook nou met n egte leer sitplek en dak bekleedsel in die binnekant, en n spoggerige LED lig voor in die rooster..
Die lekker is dat ons die twee half deure het, asook die twee vol deure.
Ek is verder ook in die bevoorregde posisie dat die voertuig ten volle geregistreer en gelisensiëer is, dus kan julle net dink hoe hy aandag trek in die dorp..

Sy skietrak en jakkalsstoel is die volgende projek.

Ek heg graag n foto aan, en NEE, hy is nie te koop nie, selfs nie in ponde nie!!
Dammit ek is jaloers. EK het intussen bevriend geraak met Werdus Smit, Oom Evert se seun en hy het my meer van die sake tans vertel. So 4x4 Uri is 'n duur ding deesdae as jy een kan kry. Ek sal darem een geniet met 'n 4. cruiser engine in!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply