n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by DilbertZA »

Vir inligting/lekker gesels, n paar punte wat herwin is uit ons jaggeselskap:

Norma Oryx .308 165gr
Uit rooibok, frontale skoot op 60m, het rib, long en binnegoed getref. 81.8% gewigretensie.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/20160302_164036-1_zps5v3xfc7r.jpg

http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/20160302_164046-1_zpsuuu360ma.jpg

Ek pos later nog.
308, 243, 7mm RM
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by DilbertZA »

Norma Oryx .308 165gr
Rooibok, 30 - 40m, nek skoot, het werwels getref. 38.6% gewigretensie.

http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/20160302_164023-1_zpsreceinru.jpg

http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/20160302_164010-1_zpst2wb8sk0.jpg
308, 243, 7mm RM
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by DilbertZA »

Laaste een:
Barnes TTSX 7mm 150gr
Bladskoot op Zebra, 180m tot 200m. Punt is deur die bors skuins van agter, het in die voorbeen gestop net onder die vel. Gewigretensie 96.3%.

http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/20160302_164118-1_zps7q2zxkjz.jpg

http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/20160302_164052-1_zpsbl1kexnq.jpg
308, 243, 7mm RM
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by toelie »

Een ding te se: Good Better Barnes.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
jooste
Full Member
Full Member
Posts: 170
Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by jooste »

Hi DilbertZa.

Die 150gr TTSX het baie mooi presteer.

Wat is jou lading met hierdie punt op die 7mm.

Beste groete.

Nico Jooste
Nico Jooste
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 433
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Leon Crous »

Ek wil nou nie weer 'n klomp "fanatics" kwaad maak nie, maar as die Norma's se trefpunt ook 200m was, glo ek vas dat hulle baie beter sou presteer het.
En die teendeel is ook so dat die Barnes'se dalk ook 'n paar petals so weggooi op 40m.
Maar net my oppinie.
As die skote almal doodskote was, wat tel die res?
Groete,
Leon.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by tripodmvr »

Die res wat vir my tel is dat ek nie lood in my vleis eet nie.

Die nuwe TSX reeks van Barnes gooi nie sommer meer die blomblare af nie. Al het hy dit gedoen sou die skag nog steeds skade aanrig.

Die Normas se vorm na penetrasie lyk nie na die klassieke paddastoel nie. Penetrasie sal daardeur verhinder word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 433
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Leon Crous »

Ai Tripod, ek nie lus vir baklei nie. Dit was maar net my mening.
7MM Rem Mag op 40m? ..... Spoed bietjie hoog.... Sal daai punt nie dieselfde lyk as op 200m nie. Dis dit.
Norma op 200m met spoed van .308 wat al redelik afkom.... my opinie is steeds dat hy beter sou lyk.
Wat die lood betref... daar is klaar lood in my stopsels... so dit sal my nie te veel pla in my vleis nie ..... ek prober ook
maar altyd netjies werk en dit uitslag.
Cheers.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by tripodmvr »

Jy het mening - ek het mening. Lees en kyk maar hieronder

http://www.scientificamerican.com/artic ... ition-ban/
Fragmenting-Lead-Bullets2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Giepie »

Ek dink nie Tripod wou baklei nie, net sy mening lig. ;)

Maar ek sou nogal saam met Driepoot stem. Ek het nou nie resultate van Barnes nie, maar wel van Hornady se GMX in 375H&H en 270Win. Die GMX koeëls was almal relatief naby gebruik. Die 270Win was teen so 2800v/s en op 40m, blesbok ram, maar het nie been getref nie. Die koeël lyk omtrent net soos wat ek op die volgende draad gepos het.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 25#p506250

As ek dus so na die Normas kyk is ek bietjie skepties. Hulle maak dood soos die ander, maar nou die dag 'n stukkie lood gekry in iemand anders se droeëwors. :o
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by DilbertZA »

Vir my is die belangrikste element skootplasing, as dit goed is, sal PMP ook werk. Ek verkies n goeie punt met die prys wat jag deesdae kos.
Beide bo is premium liga imo, dit was net interessant dat die Normas so baie vervorm en gewig verloor. Die Barnes is een wat ek self geskiet het, so ver is ek tevrede met hoe hy werk. Een punt is egter te min om te sê of hy goed is in alle omstandighede. Ek hoor hulle maak meer vleis skade.

Jooste: Dis Barnes fabrieksammo, ek laai die 7mm nog nie self nie.
308, 243, 7mm RM
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by DawieKotze »

Ek hou ook glad nie van lood in my vleis nie, maar Leon het 'n punt beet. Teen daai spoed is die vergelyking bietjie onregverdig.

Wat wel waar is, is dat mens nooit verseker weet op watter afstande jy die skote gaan aftrek nie en dan is dit volgens my net beter om met die regte monos te jag.

Ek wil ook nou nie as ek op 40 meter is, terug kruip na 200 meter toe omdat ek met loodkern koeëls jag en bang is vir lood fragmente in die karkas nie >:+ >:+

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Wouter Roets »

Dilbert

Skootplasing is natuurlik die belangrikste element, maar koeelkonstruksie speel n beduidende rol as dit hierby kom. As jy na n quartering-too bok skiet wat se bladbeen die vitals verberg na skiet met n konvensionele koeel is die kaans goed dat die koeel gaan opbreek op hierdie been sonder om genoeg of enige skade aan die vitals te maak. So skootplasing was 100%, maar jou dier is gekwes. So ek se altyd gebruik n koeel wat in al die omstandighede die werk kan doen.

Jy noem dat Barnes meer vleisskade maak. Dit is verkeerd, mono koeels soos Barnes is juis van die koeels wat die minste vleisskade maak aangesien die feit dat hy gewoonlik baie naby aan sy oorspronklike gewig behou en dus nie adisionele vragmentasie veroorsaak nie. Hierdie is nie die geval by konvensionele koeels nie en dus lewer hulle meer vleisskade agv vragmentasie van die koeel.

Groetnis
Wouter
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Smitstertjies »

Wout , ek stem 100% saam met jou.

Die enigste nadeel wat ek al met Barnes gekry het is bokke wat ek hier by 350m plus geskiet het. Die koeel mushroom dan bietjie min en wondkanaal is dan klein wat die dier effens langer neem om te vrek.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Stephan86 »

Leon Crous wrote:Ai Tripod, ek nie lus vir baklei nie. Dit was maar net my mening.
7MM Rem Mag op 40m? ..... Spoed bietjie hoog.... Sal daai punt nie dieselfde lyk as op 200m nie. Dis dit.
Norma op 200m met spoed van .308 wat al redelik afkom.... my opinie is steeds dat hy beter sou lyk.
Wat die lood betref... daar is klaar lood in my stopsels... so dit sal my nie te veel pla in my vleis nie ..... ek prober ook
maar altyd netjies werk en dit uitslag.
Cheers.
Ek het ongelukkig nie 'n bok met Barnes al op 40m geskiet nie, maar het wel laasjaar 'n rooibok op 80m met 'n 308 TTSX 150g geskiet. Die skoot was op die kuiltjie in en ons het die punt uit die boud verwyder. Retensie was 96.8
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Wouter Roets »

Hallo Martin

Ja dit is maar n tekortkoming by baie mono's. Enige koeel het natuurlik sy operating paramaters. In jou geval van 350m sal n 300 Win Mag geen probleem he nie, maar n 308 Win met daai spesifieke koeel wel vanwee verskillende inpaksnelhede. n Mens het darem die voordeel dat jy n ligter koeel kan laai wat dieselfde penetrasie het as n swaarder konvensionele koeel teen hoer snelhede wat dan die afstand so bietjie rek. Wat soms my gat se deksel is is manne wat n mono teen n baie lae snelheid in sy geweer laai. Dit soos n ou wat resiesbande op sy trekker sit en dan kla dat hy die hele tyd dat hy vassit.

Groetnis
Wout
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Smitstertjies »

Wouter Roets wrote:Hallo Martin

Ja dit is maar n tekortkoming by baie mono's. Enige koeel het natuurlik sy operating paramaters. In jou geval van 350m sal n 300 Win Mag geen probleem he nie, maar n 308 Win met daai spesifieke koeel wel vanwee verskillende inpaksnelhede. n Mens het darem die voordeel dat jy n ligter koeel kan laai wat dieselfde penetrasie het as n swaarder konvensionele koeel teen hoer snelhede wat dan die afstand so bietjie rek. Wat soms my gat se deksel is is manne wat n mono teen n baie lae snelheid in sy geweer laai. Dit soos n ou wat resiesbande op sy trekker sit en dan kla dat hy die hele tyd dat hy vassit.

Groetnis
Wout
Ha Ha , goeie vergelyking. :laugh: :laugh:

Ek laai nou monos (barnes spesifiek) as ek weet my skiet afstande gaan so wees dat impaksnelheid darem bo 1800vps sal wees. Daar waar die onheilige koeie loop probeer ek nou die Nosler Accubonds. Sal maar kyk hoe dit gaan
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by 308Win »

Hier is nog 'n paar:
Impala 9.2x62: 180gr en die 200gr bosvelder. Altwee is uit zebras verwyder. Altwee was soortgelyke skote. Altwee was >200m en <250m afstand. Altwee het die zebras minder as 200m gehol.
Skuins van voor, net voor die blad in.
Die 180gr was 'n bietjie van 'n teleurstelling, aangesien dit slegs tot in die eerste long getrek het ? agv tuimeling. Die 200gr is regdeur tot teen die vel aan die ander kant. Ten minste halwe meter penetrasie.

Die plat ene is 'n 180gr Sierra game king uit 'n 300WM. Eland lyfskoot sonder dat dit noemenswaardige been getref het.

Die ene aan die regterkant is 'n Swift Scirocco 150gr uit 'n 308. Ook Zebra, maar plankdwars agter die blad. Die skoot wat effe hoer en het die werwels ook getref.
Hulle lyk amper altyd net soos die ene. Ek het vroeer die Hornady interbond 150gr gebruik. En hul lyk ook net dieselfde. Meeste van hul land teen die anderkantste vel. (lyfskote, groter bokke soos koedoe)

Laasjaar het 'n man 'n blouwildebees met 'n 270 Accubond 140gr geskiet. En daardie koeel het ook maar net soos die ene aan die regterkant gelyk. Maar die bloedblad was HEELWAT meer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by M98mauser »

Ek het laasjaar 2 gemsbokke op n redelike kort afstand(50-70m) geskiet met 150gr Barnes ttsx in my 7*57 teen 2750fps en daar was bitter min vleisskade. Al twee was reg deur, Ek sal nie sommer weer met n ander punt as barnes jag nie.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Hilux01 »

Mnre
Hierdie is weereens daai ou geskil tussen mono en loodkern, BMW en Merc, Toyota en Land Rover, 308 en 30-06 en so kan ons seker maar aangaan

Ek staan aan die loodkern Merc, Toyota en 308 kant van die draad maar dit maak nie die ander kant van die draad verkeerd nie, want my broer skiet bokke dood met monos, kom steeds by sy bestemming met n Jeep (so nou en dan), het al n BMW ingeruil en goeie waarde gekry en het n 308 vir sy vrou gekoop

Die realiteit is dat ons altyd gaan verskil en mekaar nooit gaan oortuig nie en dit is wat hierdie gesprekke om die kampvuur en hier op die forum so lekker maak, want sien nie 2 van die manne se ervarings is dieselfde nie
Daar is soveel veranderlikes om in ag te neem soos julle nou al hierbo genoem het

Miskien kan ek van my herwinde data ook hier deel
1. Uit my 6.5x55 n vark op 20 -25m in die kop geskiet, die 156gr Norma Oryx verlaat die loop teen 2550vps en is al langs die nek werwels af en tot in die linker blad, vark op die plek geval en my koeël het so 84% gewig behou

"Use it don't use it" - noem maar die veranderlikes wat dalk in jou geval kon anders wees
Ek hou van loodkern koeëls en jy dalk nie - maar ons gaan lekker gesels oor n bier om die kampvuur terwyl die jakkies in die agtergrond huil

Mooi loop
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by JohanvB »

Kan ons ou Nasie ooit saamstem oor iets?
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by Hilux01 »

Haha

Johan my oupa het altyd gesê, "ons kon nie eers saam besluit oor die pad om oor die Drakensberge te trek nie, hoe sal ons dan oor die goedjies kan saam stem"

Maar soos genoem hopelik lei dit steeds tot positiewe gesprek :laugh:
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by JohanvB »

Wedersydse respek is al wat nodig is...
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by VdWalt »

Dan moet julle die spanning in my kluis voel tussen die 300WM(165gr GMX man) en die
6.5x55 (156gr Oryx man) ..... Hulle kon mekaar nog nie oortuig die een is beter as die ander nie
want nog nie een het meer as een skoot nodig gehad op die bokke wat hulle al geskiet het nie.
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: n Paar herwinde punte, Barnes en Norma

Post by M98mauser »

Respekteer mekaar se sienings en gebruik die inligting tot jou beskikking deur nagevorsde besluite te neem. Waarmee jy ry en waarmee jy skiet is wat vir jou reg voel en waarin jy jou vetroue stel. Dis jou keuse internet gee ons net n magdom inligting en die forum gee ons geleendhede om daar oor te gesels en te debateer. Reg of verkeerd dis nie my call om n ander man se keuse te kritiseer nie. My venoot glo in bruin boks pmp en klaar kan nie insien hoekom daar geherlaai moet word en al die nie, Pmp bruinboks is sharp en skiet goed dood, Hy skiet elke dag van sy lewe en enige koeel punt onder of in die oorgat maak diere dood. Dit is egter met sy vaardigheids vlak en hy kan dit 9/10 doen . N koeel punt is een komponent wat saam met n horde ander komponente gevoeg moet word om sukses in die jagveld te verseker.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
Post Reply