Raad met inskiet en verstellings

Post Reply
User avatar
Wolram
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Jul 16, 2015 9:31 pm

Raad met inskiet en verstellings

Post by Wolram »

Naand manne.
Ek het so ruk terug raad gevra oor keuses van teleskope en toe besluit op die Vortex Viper 6.5-20x50 op my .220 Swift. Dis nou maar besige tyd met die plantery en vanmiddag uit eindelik kans gekry vir ee Nadat ek bore sight gedoen het op 25m is ek reguit 200m merk toe. 4 skote later is ek gezero. Dit was net so voor sononder. Stap toe bord toe ek was heel in my skik. Stap terug en stuur nog 3. Duidelik 1.5 duim hoër met redelike goeie groepering
20160301_213126.jpg
Nou is my vraag. Die laaste 3 skote was net nadat die son gesak het. Is dit die lig wat man so uitgooi? Hoe nou gemaak want dis my Jakkals roer en gebruik hom meeste net saans??
Hoor graag van julle
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by tripodmvr »

Lig in die aand is ook swak. Die verskil van 1,5 duim kan moontlik 3 duim word op 300m. Gaan jy die jakkals mis?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by Heinz Petersen »

Die swak lig gaan nie vir jou n hoogte verskil gee nie. Zero jou geweer in op 100m. Skiet dan op 25m en 200m ek kyk wat gebeur.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by JPS »

Heinz Petersen wrote:Die swak lig gaan nie vir jou n hoogte verskil gee nie. Zero jou geweer in op 100m. Skiet dan op 25m en 200m ek kyk wat gebeur.
Oom heinz,

Ek wil bietjie verskil. Gegrond op ondervinding die naweek. Ons het Vrydag en Saterdag die Noord gauteng ope geskiet op Piet Joubert skietbaan.

Sodra die son agter wolke in beweeg het en die lig minder was het ek en die persoon saam wie ek geskiet het hoër geskiet as ons vorige skote met die son nie agter wolk nie.

Die huidige Protea F Ope kaptein, ook lid op die forum ook het toe verduidelik hy het voorsiening gemaak hiervoor deur effe laer af te mik tussen die V kol en die 5 ring. Hy het wel genoem dat verskillende bane verskilende hoeveelheid verandering in tref punt teweeg bring.

Ek is absoluut nog 'n groentjie in skiet en begin maar nou eers. Maar kon eerstehands dit toepas Saterdag en beter in die 5 kol bly deur effe af te mik waneer die lig verswak het.

Gebaseer hierop dink ek dat dit moontlik is dat swakker lig kon veroorsaak dat die koeëls hoër tref. Of dit soveel hoër sou tref as gevolg van die lig op so kort afstand soos 200m die is ek nie 100% seker nie...

Groete
Jan
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by Mac »

Lights down, sights down
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by Heinz Petersen »

Jan, ek wil net iets opklaar. As Wolram vier skote geskiet het om te zero en terug stap om nog drie skote 1.5" hoog skiet, hoe lank reken jy neem hy om 200m te stap.
As hy n uur neem, kan ek verstaan dat daar n lig verskil gaan wees, maar 10min?. :): >:D
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by Diesel Dog »

Daai scope kort net n Weskus" tune" up ,gryp hom aan sy elevation turret en spin die geweer soos n woer woer tot hy lock ,dan anderkant toe so 10 keer ,zero hom weer en as hy weer rondneuk stuur hom terug.

DD
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by Gawie(13mm) »

Manne en dames, nou moet ons fokus! ;D
Mac is 100 % reg met sy stelling van "lights down, sites down."
Kyk mooi, dit sê nie; "lights out, sites down" nie.

Dit wat jy deur 'n teleskoop sien word beïnvloed deur die invalshoek van lig op die teleskoop. Wanneer die son of dan 'n skiet lig, die teiken verlig van bo of van agter jou, is daar geen verbuiging van die beeld nie. Wanneer die beligtings bron egter van agter die teiken kom, sien jy die teiken saam met die strale van die ligbron. Nes met 'n "mirage" word die beeld nou gebuig. Dit is hoekom baie van ons met 'n sonskerm op ons teleskope skiet. Dit keer dat daar lig direk op die lens skyn en die beeld verbuig.

Wanneer jy egter in die nag skiet is die skiet lig gewoonlik bokant die teleskoop en verlig die teiken. Jou beeld word dus nie versteur nie.

Dus het jy niks om oor te bekommer in die nag nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by JPS »

Heinz Petersen wrote:Jan, ek wil net iets opklaar. As Wolram vier skote geskiet het om te zero en terug stap om nog drie skote 1.5" hoog skiet, hoe lank reken jy neem hy om 200m te stap.
As hy n uur neem, kan ek verstaan dat daar n lig verskil gaan wees, maar 10min?. :): >:D
Oom Heinz,

Ek stem saam met bogenoemde my comment was gebaseer op die plasing dat die eerste skote gevuur is net voor sons ondergang. Dus met nog sonlig op teiken? Toe sê wolram toe hy terugkom die son reeds gesak het toe hy die volgende skote skiet. Dus nie meer son nie? Die dat ek gesê het ek verskil met oom se stelling.

Dalk het Wolram lank geloop en eers die mooi groep bewonder ++>:
User avatar
Wolram
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Jul 16, 2015 9:31 pm

Re: Raad met inskiet en verstellings

Post by Wolram »

Ja ja. Ek het nou nie juis terug gehardloop nie. Baan is langs landerye en bietjie in grond ook gekrap. Groot donderwolk in weste wat lig gou verswak het. Hoe ookal sy, die lig het beslis n invloed gehad. Vir my eie gemoedsrus het ek weer gaan seker maak vanoggend en was presies. Dankie vir julle insette op my vraag
Post Reply