My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Ben Remington »

Goeie naand...

Vandag was weer een van die lekkerder Maandae...na gisteraand se 50mm reën kon ek nie anders vanoggend as om iets vir die pot te gaan skiet nie...ek en die Jack Russell was met dagbreek reeds in die veld met die stoom van gisteraand se reën wat nog vars oor die veld hang.

Die wild was lekker rustig en omtrent na so twee ure se stap het ek die ram se wit sien beweeg agter 'n Wag-'n -Bietjie...hy was saam met 'n paar rooibokke rustig aan die wei op so 110m.

Ek het die twee been skietstokke rustig oopgeslaan en lekker diep in die nat sand ingewikkel...ek wou hom lekker agter die blad skiet maar hy het sy kop opgetel en reguit na my gestaar en so bly staan vir seker vyf minute effens skuins na my toe gedraai...met die gevolg dat ek hom voor in die middel van die nek ingeskiet het met 165gr Game King...redelike skade waar hy uit is op die blad...maar die bok hang in die koelkamer...

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_093918_zps1izcgle5.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_093705_zpsb4bzufj1.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_094557_zpsvyvtfvqz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_094628_zpsgeyb88yk.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_134154_zpsd9rhhtcm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_182552_zpsxaocgotv.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_134107_zpsfdgbxcq2.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_131938_zpsyevxgpk9.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_100258_zpsjd0pvhds.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_125046_zpsokehgco8.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160229_130641_zpsxchnvl54.jpg
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by JPS »

Baie geluk Ben,

Ek dink ek praat vir baie hier as ek sê ons beny jou bevooregte posiesie. Maar ons is dankbaar hier in die beton oerwoud vir jou verhale, gee vir ons so bietjie iets om na uit te sien vir die jag seisoen.

groete
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Baasvark »

Geluk Ben!

Veral bly oor die reen!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Ben Remington »

JPS ek is baie bevoorreg....ek is dankbaar vir alle geleenthede...net jammer my spoorsnyer is die jaar skool toe man... ;D
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by JPS »

Ja hy gaan verseker Vier jou elke nou en dan laat skuldig voel nou dat jy sonder hom uitstappies maak. ;)

Groete
Jan
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Vlakvark Soldaat »

Ben, ek is bereid om in te staan as spoorsnyer...ek is maklik!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by theedge »

Ai hoe gelukig en lekker
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Boesman10 »

Geluk Ben. Wat se wapen skiet jy mee? Ek gaan nou binnekort vir die eerste keer jag met die 165 grein Gameking uit my .308 en het juis gewonder oor die skade. Nog nie seker of ek die regte besluit gemaak het om van die 130 grein Impala's oor te gaan na die Gameking toe nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Suikermuis »

Goeiedag Ben

Soos altyd is dit lekker om van jou jagtog te lees. Dankie vir die deel. Dit is jammer om nie jou spoorsnyer in die fotos te sien nie, maar ek glo die man sal sorg dat hy weer saamgaan.

Wie is die Jack Russell in die fotos?

Waar in die Kalahari gaan jag jy Ben? Lekker om te hoor van die 50mm. Hier by ons (tussen Olifantshoek en Upt) het ons net druppeltjies gehad.

Groete
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Ben Remington »

Boesman10...

Ek skiet met 'n 308....38.5gr lading met S335 op 165gr Game King teen 2450ftps....

Die vleis skade hang maar af van wat jy raakskiet in die lyf glo ek...ek jag maar meestal net te voet so ek verloor eerder 'n kg of twee in plaas van die hele bok ;D ;D ....en dis 'n maklike bloedspoor vir my patrollie honde om te volg ;D .

Groetnis
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Ben Remington »

Suikermuis...

Morning...dis my Jack Russell en haar naam is Roxy en dan gebruik ek ook daai wolbek van my...hy is 'n Wired Hair Foxterriër.

Die jack Russell werk lekker in die lae bosse wat dig is...hy kan lekker kort draai ook in klein spasies...

Ek jag redelik noord van Kuruman....Severn se kant toe.

Groetnis
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Dolf014 »

Ben. Waar werk jy? Watse werk doen jy?
Is daar n job vir my ook? ;D
Min manne wat op n Maandag in die jagveld kan wees. :)
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Pieterburger
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Sep 14, 2014 3:58 pm

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by Pieterburger »

Geluk Ben,

Bly om te sien daar is darm nog gedeeltes van die Kalahari wat goed reen kry. My neef het 32 mm reen gehad sondag aand net buite Olifantshoek.

Groete
Remington SPS Varmint .22 250
Remington SPS Varmint .243
Winchester 30-30
7.62 Musgrave
Tikka Varmint .260 Rem
Truvelo 6.5x284 Win
Remington 700 LR 300 RUM
Musgrave model 90 280 Ackley Imp
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: My Maandag lekkerder as 'n Saterdag....

Post by JuanVE »

Die noorde van Namibie(Omaruru) het Sondag ook baie lekker reen gehad-40mm.
Post Reply