Manne,
Ek wil baie graag n AR-15 aanskaf. Ek is tans n Toegewyde Jagter en gaan binnekort my Toegewyde Sportskut staus doen. Ek het ook n tyd gelede die karbyn kategorie vir besigheidsdoeleindes voltooi en my sertifikaat ontvang.
Die vrae nou:
1. Hoe motiveer mens so n wapen?
Ek wil dit baie graag gereeld gebruik vir sportskiet. Sover ek van Kaapjag verstaan, maak Chasa se baanskiete nou voorsiening vir n semi-outo klas en kan dit gebruik word vir sportskiet ook.
2. Motiverings?
Wie (of watter maatskappye) in die bedryf is geseend met skryfkuns wat behoorlike motiverings kan doen? Ek wil dit die eerste keer reg doen en behoorlik motiveer.
3. Watter tipe AR-15?
Daar is baie fabrikate wat beskikbaar is, maar die vraag is om n goeie kwaliteit AR te koop. Goed wat ek nou al na gekyk het is:
* Colt M4 .223 (LE6290) - Lyk na n baie goeie produk en betroubaar.
* DDM4v5 - Hierdie lyk na die "Rolls Royce" van AR15's?
* Ruger AR-556 - Van die reviews op Youtube is gemeng. Party meen dis n goeie koop en party nie...
* Norico QA-C - Budget geweer, maar orals sien mens net goeie reviews en almal is tevrede wat Norinco's het...
Geld is nie n groot issue nie, maar obviously wil ek nou nie simpel raak met pryse en die duurste gaan loop koop nie. Ek wil net graag kyk na kwaliteit vs "practicality" en daarvolgens n ingeligte besluit maak.
Wat sal jul manne aanbeveel?
Baie dankie vir die hulp..
Jacques
AR-15 motiverings asook model seleksie
-
Induna
- Jr. Member

- Posts: 91
- Joined: Fri May 29, 2015 4:56 am
AR-15 motiverings asook model seleksie
Musgrave 30-06 Mod 83
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
-
NicovanderMerwe
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Re: AR-15 motiverings asook model seleksie
Hi Jaques
Ek het so tydjie gelede 'n post geplaas oor watter semi-auto die manne aanbeveel. Die kommentaar sal vir jou help met daardie besluit. Prys beinvloed maar jou besluit.
Wat die lisensie aanbetref stel ek voor dat indien nie reeds nie, jy aansluit by die SAJWV en die sportskiet status ontvang en dan jou AR daarop motiveer, vir sportskiet. Ek ken so een man wat paar jaar terug Ruger Mini 14's, 3 van hulle, motiveer het onder Toegewyde Jagter status gebasseer op die verskillende aanwendings en verskillende teleskope op elkeen.
Maar vir die doel om een semi -auto op jou naam te kry is die Toegwyde Sportskiet Status by SAJWV defentief 'n goeie opsie. Daar is ander ook, maar meer gekompliseerd tensy jy wil deelneem aan 3 gun kompetisies. Soos jy noem behoort jy by Kaapjag reg te kom, gesien in die lig dat altwee die organisasies waarvan ons praat skiettabelle het wat jou sal kan help.
Indien jy nie regkom nie, ek sal jou help met die motivering. Belangrik dat jy die lidmaatskap brief het, endorsement van jou vereniging, en dan die briewe as getuigskrifte asook die SAP 350 wat jy kry vanaf die gunshop waar jy dit gaan koop.
Praat met my, ek help graag.
Nico

- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: AR-15 motiverings asook model seleksie
Ons is maar stil, hier is so paar manne wat al 'n jaar lank wag vir lisensies....ons lus is geblus die koeels is nie deur die kerk nie en ons wonder of ons nie eerder met die sente eerder twee Howa's by Safari moes koop teen laas jaar se specials nie. Nou sit ons met fancy GI Joe gunne in wapen handelaar kluise regoor Suid-Afrika. As ek die dag my Stag vashou sal ek meer wysheid kan deel.
RIP die AR droom.
RIP die AR droom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: AR-15 motiverings asook model seleksie
Die lang wag .... en dan kry ander manne hulle lisensies sommer gou