Nightforce Beast

Post Reply
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

Naand almal.
Ek is opsoek na 'n teleskoop vir my 30-378. My oog het toevallig vandag geval op die Nightforce Beast. My vraag dus, is die Beast die geld werd want die Beast het ook 'n Beast van 'n prys!
Ek oorweeg die Beast glad nie oor dit vêr oor my "budget" is. Wat sal julle sê is dus goeie opsies vir 'n 30-378?

Groete!
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Diesel Dog »

Entry level 15K -20K Sightron 6-24x56 ffp mil mil (value for money)
Mid range 20k-35k nsx Nightforce moart (no nonsense performance and rugged)
Top range 35k+ (Nice to have,all of the below)
Beast
March
IOR
Swaro
S&B Pm11


DD
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Nightforce Beast

Post by JPS »

Mmmm, die pryse hier bo kan maar so bietjie noordwaards opgesit word, behalwe dalk vir die Sightrons? Gaan kyk bietjie wat kos die scopes wat hierbo genoem is nou.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Nightforce Beast

Post by Sangoma (IAN) »

En ongelukkig is die Sightrons se pryse ook op
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Nightforce Beast

Post by Smitstertjies »

Kyk maar gerus na die March FFP

http://marchscopes.com/tactical-3-24-x-52-ffp.html

Gesels met Geno hier op die forum. Hy bring hulle in. Elke scope word met die hand gebou.Kry nie sommer beter kwaliteit bouwerk as March nie.
Last edited by Smitstertjies on Wed Feb 17, 2016 6:09 pm, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nightforce Beast

Post by Pinkes »

hpbreiten wrote:Naand almal.
Ek is opsoek na 'n teleskoop vir my 30-378. My oog het toevallig vandag geval op die Nightforce Beast. My vraag dus, is die Beast die geld werd want die Beast het ook 'n Beast van 'n prys!
Ek oorweeg die Beast glad nie oor dit vêr oor my "budget" is. Wat sal julle sê is dus goeie opsies vir 'n 30-378?

Groete!
Groot vraag...Wat wil jy met die caliber doen? Langafstand skiet gaan jy interne verstelling nodig he en 20-25 vergroting.
Vir kort afstande die teenoorgestelde... papier skiet om gaatjies te kan sien..weer vergroting nodig...
So maak dit bq makliker vir die manne...

En om 'n budget te gee gan jou binne 3 replies op die forum in die regte rigting sit.!!

Net my 2c..
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Re: Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

Daai geweer is vir vêr skiet. 20 vergroting sal seker die minimum wees. Wil die geweer gebruik vir skietbaan en jag. Maar verseker nie kort afstand nie.
acssa
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm

Re: Nightforce Beast

Post by acssa »

Gister nog n IOR gekry teen laas jaar se prys. Die Lutaz 3-25 lyk klein teen die 6-24... kan nie wag om hom skiet nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nightforce Beast

Post by Pinkes »

hpbreiten wrote:Daai geweer is vir vêr skiet. 20 vergroting sal seker die minimum wees. Wil die geweer gebruik vir skietbaan en jag. Maar verseker nie kort afstand nie.

Ok. Ons vorder....Budget???
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Re: Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

Omgewing van R20k - R25k wil nie graag R30k toe gaan nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Capt. Yoda »

Pinkes wrote:
hpbreiten wrote:Daai geweer is vir vêr skiet. 20 vergroting sal seker die minimum wees. Wil die geweer gebruik vir skietbaan en jag. Maar verseker nie kort afstand nie.

Ok. Ons vorder....Budget???
Hoe ver kan mens met 20 of 22 skiet ou pinkman?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Re: Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

Maar ek wil 1 keer koop en klaar koop.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Capt. Yoda »

hpbreiten wrote:Maar ek wil 1 keer koop en klaar koop.

Soek n 5.5-22 NXS. Pinkes het laas week met hom tot op 2000y geskiet en ons skiet gereeld met hulle tot op n myl.Verder as dit moet jy maar na die x50 en x60 Marche kyk maar jou budget sal bq moet groei vir daai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Diesel Dog »

hpbreiten wrote:Maar ek wil 1 keer koop en klaar koop.
Soos "have your cake and eat it"
Om vergroting bietjie in perspektief te stel van my scopes can tot 28x verstel en as ek my kom kry dan is hulle tussen 12-15x gestel .
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nightforce Beast

Post by Pinkes »

Vergroting is nie so belangrik soos jy dink nie. Maar soos ek se 20-25x is
genoeg. Meer vergroting word erg gepla met mirage. Ek kon sien met my nxs op 22 impak skoot op 2000y. My vriend het my march ook afgedraai om te help kyK tot daar. presiese interne
Verstelling help baie. Tussen 20-25k sal jy n nxs kan optel. Eks ongelukkig
N groot NF man. So ek sal net dit aanbeveel. Met 100moa en 20moa op
reticle kan jy wyd skiet en as jy nog 20-40moa base op sit gaan nog verder. Ek
het 83moa nodig gehad om tot daar uit te kom. Dis maar my aanbeveling.

Maar daar is ook ander scopes wst dit seker gedoen kan kry....weet net nie wat in daai prysklas
is met so baie verstelling nie.

Ok. Nou kan die ander manne maar groot gaan!!
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Re: Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

Ek gooi 'n klip in die bos... Pinkes, wat van 'n SVH 5-20x56? Hoe verskil die SVH en die NSX van mekaar?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Capt. Yoda »

Interne verstelling gaan minder wees op die shv maar n leker rail help ook, glas op die nxs is ok beter
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Nightforce Beast

Post by Riebeeker »

Kaptein ek hoor wat jy sê, maar vind dat ek bars om die verskil tussen die SHV en NSX se glas te sien. OK, my oë is nie fantasties nie, maar ek kan darem die verskil sien tussen 'n VX 2 Leupold en 'n Meopta maar tussen die NSX en SHV kon ek nie die verskil opspoor nie.

Waar die verskil wel inkom tussen die SHV en NSX is die gevoel van kwaliteit wanneer jy dail. Die SHV hoover partykeer so tussen die clicks. Die SHV het 80 MOA teenoor die NSX se 100MOA se interne elevasie verstelling. Aan die ander kant het die SHV 'n effens groter Field of View.

Alhoewel ek hou van my SHV stem ek saam met Pinkes en hpbreiten se wens om eenkeer te koop - kry 'n NSX.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13640
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Capt. Yoda »

Pinkes is nie lekker nie moenie alles glo wat hy se nie behalwe as jy oor NF of Remingtons wil praat….. ek speel somer net hy het al die SHV's wat in SA te koop is gehad en ek het taamlik met hulle geksiet en dit is regtig bitter lekker scopes.Die dag toe hy my se hy verkoop hulle want hy wil NXS'e op al sy gewere sit (sodat hy die selfde gewere met dieselfde scopes kan he) het ok hom gese hy gaan nou geld mors want die SHV's is bitter lekker scopes. Daai tyd was hulle bq goedkoper en verseker van die beste waarde vir geld scopes wat jy kon koop, die turret is seker nou nie so groot en verstel nie “heeltemal” so lekker soos die NXS sin nie maar dit is regtig n klein verskil. Die glas is ook nie regtig n issue nie want hoe goed wil jy nou regtog n stuk staal sien, as jy hom uit sy boks haal voel jy dit is n NF hy is dalk nie regtig soos n NXS tank gebou nie maar ek gooi nie gereeld my scopes uit n chopper uit nie. Sou ek n 5-20 SHV op my gewere gesit het? Verseker sou een op elke roer gesit het, met n 20MOA rail sit jy met 100MOA interne verstelling wta jou baie ver gaan vat. Daar kom nou en dan n lekker deal op n 2nd hand NXS so kyk bq jy kan dalk n lekker 5.5-22 op tel vir R22 000, die ret sal jy maar oor moet besluit as jy n 2nd hand een koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Re: Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

Tnx Capt!
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Nightforce Beast

Post by Riebeeker »

Kaptein jy het seker opgelet dat ek en Pienkes aan dieselfde siekte ly wat NF en Remington's betref ;D . Die een teleskoop wat ek op aanbeveling van Geno gekoop het vir die .223 wat ek vir niks op daai geweertjie sal verruil nie is die Meopta 3 - 12 x 56 R1 met die 4C kruishaar. Hier is dit 'n geval van horses vir courses.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
hpbreiten
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri May 15, 2015 1:52 pm

Re: Nightforce Beast

Post by hpbreiten »

ZeroStop feature op die NXS is damn nice! Sien die SHV het 'n ZeroSet.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nightforce Beast

Post by Arnold »

Pinkes wrote:Vergroting is nie so belangrik soos jy dink nie. Maar soos ek se 20-25x is
genoeg. Meer vergroting word erg gepla met mirage. Ek kon sien met my nxs op 22 impak skoot op 2000y. My vriend het my march ook afgedraai om te help kyK tot daar. presiese interne
Verstelling help baie. Tussen 20-25k sal jy n nxs kan optel. Eks ongelukkig
N groot NF man. So ek sal net dit aanbeveel. Met 100moa en 20moa op
reticle kan jy wyd skiet en as jy nog 20-40moa base op sit gaan nog verder. Ek
het 83moa nodig gehad om tot daar uit te kom. Dis maar my aanbeveling.

Maar daar is ook ander scopes wst dit seker gedoen kan kry....weet net nie wat in daai prysklas
is met so baie verstelling nie.

Ok. Nou kan die ander manne maar groot gaan!!
Ek beveel altyd die Sightron SIII 6-24x50 aan as 'n entry level scope omdat ek self een skiet en baie tevrede is. Ek het in die verlede 'n NXS 8-32x56 gehad en verkoop omrede sy reticle vir my toepassing gepas het nie. Ek het nou onlangs weer 'n NXS 5.5-22x50 gekoop met MOART reticle wat vir my 'n stappie op is vanaf die SIII.

As jy bereid is om te hoes sou ek nie na iets minder as die NXS kyk nie maar wees duidelik bewus van die tekortkominge van sommige duur scopes, naamlik interne verstelling. Kry iets met minstens 100 MOA elevasie. NF, March en dalk 'n paar ander kan dit bied.
acssa
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm

Re: Nightforce Beast

Post by acssa »

1. 30-378 skop laat hy hop. Ek het self n Sightron S3 FFP en wonder of hy daai skop sal kan vat.
2. Scope met baie Eye relief!.... ek self het n 300WBY besit en hy kon n oog bank lekker bykom,darem niks wat die dokter nie kon toe werk nie.
3. Mens koop seker nie n 30-378 om net naby te skiet nie....en as jy holdover wil skiet en range finding met reticle wil doen, sal jy dalk moet kyk na n FFP scope om die lewe makliker te maak.
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Nightforce Beast

Post by CarelG »

More Herklaas....

Spaar so bietjie langer en koop n March FFP vir daai 30-378, dis net die regte medisyne.
Awsome scope my tjom....praat met Geno ;)
Post Reply