Bosveld Pos Jag Safaris

Espial

Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Espial »

More almal

Die van julle wat belangstel.
Plaas is tussen Roetan op die pad na Marble-Hall.
My kalender is nog oop vanaf eerste naweek in Junie tot einde jag seisoen.
Biltong jagters is altyd welkom, en dan vir die wat daai ultimate trofee soek, jy gaan hom kry!

Die jagkamp gaan vrou en kind welkom laat voel.
Alle geriewe op plaas, bring net kos en drank, YS!!! nie nodig, dit maak ons daar!!

PM my gerus vir voledige pryslys!

P
Fernando

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Fernando »

stuur asb. vir my a pryslys ...

Dankie
driesdup
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun May 15, 2011 3:08 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by driesdup »

stuur pryslys asb en tye wat nog oop is vir jag
.22 krico .223 bruno .308 sako
coco
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 23, 2011 1:28 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by coco »

Hallo Espial

Stuur asseblief die volgende inligting
1. Naweke beskikbaar in Julie en Augustus
2. Wild tipes beskikbaar
3. Pryslyste van wild en ander fooie
4. Omskrywing van geriewe en hoeveel mense geakkomodeer kan word.

Groete
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by henslin »

Hallo Espial

Stuur asseblief die volgende inligting
1. Naweke beskikbaar in Julie en Augustus
2. Wild tipes beskikbaar
3. Pryslyste van wild en ander fooie
4. Omskrywing van geriewe en hoeveel mense geakkomodeer kan word.

Dieselfde na my toe ook asb Espial.

Boogjag moontlik ?

Groete
Hannes
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Hendrik 1

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Hendrik 1 »

Hi
Stuur asb vir my jou pryse,en wil net graag weet het jul oop plek vir om en by die 9julie.

Groete Hendrik  (hendrik@soteriafs.co.za)
User avatar
ghoon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri May 20, 2011 10:09 am

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by ghoon »

Hi
Stuur asb pryse en wild beskikbaar.
Boogjag,muzzleloader toelaatbaar.
Naweke beskikbaar vanaf 22 julie tot einde van seisoen.

Dankie
Ghoon
passion for   muzzleloaders:electra,accura,pedersoli single and double
bowhunting:hoyt turbohawk

GERRIT LESSING
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by BLOK »

Lyk vir my hier is weer n kalant wat net kom adverteer en dan weer verdwaal op pad huistoe.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JJVR
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Jan 05, 2012 4:48 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by JJVR »

BLOK wrote: Lyk vir my hier is weer n kalant wat net kom adverteer en dan weer verdwaal op pad huistoe.

Blok
Ja nee, dit maak dit moeilik vir 'n mens as jy jagplek soek vir die jaar.....ek sal maar plek soek nader aan die huis.
Die man soek besigheid maar adverteer nie baie goed nie.
.303 No5MK1 aka Jungle Carbine
.22 Remington Sportmaster.....die stil een ;-)
.177 Gamo CFX 1000 fps
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by GERT vd M »

Het vir die man n pm gestuur en gevra of daar jag beskikbaar is vir 2012
            GROETNIS
                GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Geno »

Wat ek wil weet:
Manne adverteer jagplek, maar hulle wil nie hulle pryse opsit nie. Jy moet hulle 'n PM of e-mail stuur vir pryse. ????????
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Pvdw »

Geno daai man is 'n gonner. Maart laas op die forum.

Ek sien die kwaai man wat met Dok vasgehaak het so maand of wat terug is ook nou dormant ;D

Baie manne kom en gaan,forum lede staan al by 1500. Net so klompie van manne wat regtig bly en die kern laat groei. Moet darm s? dis

goeie manne.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Geno »

Ek sien daai ding Peet, maar ek bedoel dat daar 'n paar advertensies is op die forum waar manne nie pryse wil noem nie.
Hulle wil my en jou besigheid he, maar ons moet PM's rondstuur om pryse te kry.
Sit die prys op, ek besluit of ek daar wil jag of nie, en ek kontak jou om te hoor vir datums as ek belangstel. Maklik soos dit.


Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Beer (Christo) »

Hoor, hoor Geno  ;)

Stem saam
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Pvdw »

Stem 100% saam. Die tipe hit and run ads bly maar 'n probleem. Pryse of nie.
Work to live, don"t live to work
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by molopohunter »

Ai, nou laat jy my sleg voel.
Ek sit nie pryse op nie, want die manne wat regtig belang stel, kan jy in kontak mee kom.
Meeste jag maatskapye werk so.

Maar ek stem met die hit and run ding. Manne lees nie altyd die reels raak nie...dalk aspris.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Beer (Christo) »

Sorry Peet,

maar ek darem eers gekyk of jy 'n gereelde member op die forum is voor ek jou pryse gevra het. Ek sien uit na die jag daar.

Van Newbie  :angel:
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by GERT vd M »

Tone trap tyd. Die wat pryse opsit se bv. koedoes R2200- rooibokke R550 en as hulle eers jou aandag het dan is die koedoe bulle R10000 en die rooibok ramme R1500. Teen die tyd dat jy daar uitkom is daar nie meer n enkele ooi of koei oor nie
Die dagfooi is dan sommer R500 vir selfsorg. Dwaal so bietjie af maar die hele ding ruk nou hand uit!!!  STENIG my maar
                                GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Geno »

Gert,
Ek stem saam jou. Dan oor trofees: S? nou maar trofee-rooibok ramme is R1500.00, en die maatstaf is RW minimum.
Nie almal kan horinglengtes skat nie, so wie besluit voor die skoot loop of dit 'n trofee is of nie?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by BLOK »

+1 Op wat Geno se van pryse sit saam met advertensie.

Wat trefee en horing lengte betref sal ek se as dit minimum RW is is dit die jagter se keuse of hy die skoot wil trek of nie. Hy is die man wat deur die scope kyk en moet besluit is hy reg of nie. Wat wel voor die tyd seker gemaak moet word is wat as trofee gesien word op die plaas, een plaas werk op RW ander plaas net op hoe groot die horings vertoon.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by henslin »

Wat my pla is dat baie van die mense vra om inligtig - van daai inligting kom nooit uit nie. >:(

OK. Kom ons maak so:

Ek soek bekostigbare jagplek  in die Tzaneen,Gravelotte en Alldays omgewing.
Geweer sowel as boogjag.
Kamptariewe sowel as tipes wild en watter beperkings geld. ( tipe geriewe ens.)
Het 15 om te spandeer.

As jy iets het om te bied ? ( my 15 te probeer vat )  PM my asb. Belowe om jou tarief en inligting net tussen ons te hou. :angel:
Last edited by henslin on Fri Jan 06, 2012 2:02 pm, edited 1 time in total.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
JJVR
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Jan 05, 2012 4:48 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by JJVR »

Dit is presies een van die redes waarom ek by die forum aangesluit het...om pryse te kry !!!

Om heeltyd te Google is baie tydrowend en meeste jag/safari advertensies is gemik op buitelandse kliente en ek word nie in dollers betaal nie-glimlag ek nou breed !!!

Glo my ek geniet dit hier en gaan nog baaaaie tyd hier spandeer op die forum.

Ek het onder jag Mpumalnga gaan loer en die een post gekry-daarom my post om te vra vir nog kontak nommers vir jag in Mpumalanga waar dit ons gewone landsburgers se sak kan pas.
.303 No5MK1 aka Jungle Carbine
.22 Remington Sportmaster.....die stil een ;-)
.177 Gamo CFX 1000 fps
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by molopohunter »

GERT vd M wrote: Tone trap tyd. Die wat pryse opsit se bv. koedoes R2200- rooibokke R550 en as hulle eers jou aandag het dan is die koedoe bulle R10000 en die rooibok ramme R1500. Teen die tyd dat jy daar uitkom is daar nie meer n enkele ooi of koei oor nie
Die dagfooi is dan sommer R500 vir selfsorg. Dwaal so bietjie af maar die hele ding ruk nou hand uit!!!  STENIG my maar
                                GERT
;D ;D ;D ;D Jy kan nie gestenig word as jy reg is nie...
Ek gaan stem op daai. Baie plekke doen dit. Ek hou juis my dag fooie laag en die pryse wat ek het bly so.
My hoof inkomste is buitelanders...die jag wat ek adverteer is juis vir die suid afrikaner wat uitgebyt word, en iets moet met die vroulikke diere gedoen word.
Baie mense het al gese ons pryse is baie redelik.

Groete,
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Coenraad
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue Jan 15, 2013 4:44 pm

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by Coenraad »

Goeie dag.Kan ek asb n kontak nr en n pryslys per e-pos kry.Sal baie waardeer.Dankie Coenraad
Daar is skape en wolwe-dan is daar ook die skaap honde.Die wolwe sien die skape as maklikke prooi.Die skape is bang vir die wolwe,maar is ook bang vir die skaap honde want hulle laat die skape baie dink aan die wolwe.Die wolwe is ook bank vir die skaap honde,want hulle kan terug byt-watter een is jy
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Bosveld Pos Jag Safaris

Post by matewis »

Coenraad, welkom hier!

Vir wie vra jy, Molopo of Espial? Espial was 'n flyer wat nie sal/kan reageer. Molopohunter kan jou dalk help - stuur vir hom 'n pm dan kom dit direk by hom uit.

Groetnis
Post Reply