.308 Wat is die beste punte?

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by JACQUES BOTHA »

jagbehep
gs het unieke manier die prys wat  jy in bloem kimberley of kroonsta kry is selfde as by gs in pe self, Ek hoor net goeie dinge van hul punte...gesels gou gerad is online
jb
Shoot straight and tell the truth!
caracal

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by caracal »

Ek het nou die 90gr impala punte getoets met verskilende ladings. Dit die resultaat is regtig bo my verwagting. Ek het getwyfel of my geweer van die ligte punte gaan "hou". As ek net weet hoe om 'n foto op te sit sal ek die skyf waarop ek geskiet het hier plaas. Ek sal nog ander punte ook toets maar ek dink ek het my punte gekry. 90gr Impala's. Ek sal hulle deur die chrony jaag om te kyk hoe haastig hulle is, maar ek reken dit moet met 48gr S321 heelwat oor die 3000/fps wees.

Jaghelp
Waar kry mens van daai  GSHV punte? In watter gr kry mens dit?

Caracal
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by 222 »

CARACAL

hier is 'n link na die site, dit is al die koe?ls en gewigte, klik op die gewig dan kry jy die detail
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
caracal

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by caracal »

222 wrote: CARACAL

hier is 'n link na die site, dit is al die koe?ls en gewigte, klik op die gewig dan kry jy die detail
Waar is die link? Sie niks.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by 243Songdaug »

Dont tell me, show me......
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by erx »

Hi daar manne, ek lees al 'n geruime tyd wat almal te se het op die forum en het toe ook aangesluit.
Al te lekker om met mense te praat wat dieselfde belangstelling as jy het.
Om terug te kom op die onderwerp, ek eksperimenteer nou al vir so jaar met 308 en kry baie goeie resultate met 155 Hornady AMAX asook 165 Hornady interlock's.
Elke naweek op skietbaan en toets, toets en weereens toets, is al manier om die regte punt en lading vir jou spesifieke roer te kry!

Groete
erx
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Monrique (SJ) »

ERX

Baie welkom by ons. Gaan bietjie na die voorportaal na nuwe aansluiting en stel jouself bietjie voor en vertel ons van jouself.  Anders kan die groot manne jou dalk roskam, so met die eerste post!

Geniet dit hier by ons, jy se self jy het n tyd lank net gelees, so jy is nie meer vreemd nie.

Nogmaals welkom

Groetnis
SJ
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by fanie17 »

Caracal
Onthou net of jou geweer van n koel hou gaan nie oor sy gewig nie, maar oor die lengte,die 90gr Impala is nag steets lank genoeg want dit is solied sonder lood binne.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by PITSMIT »

hallo caracal. ek skiet self met n .308 en hornady se sst interbond 150gr werk goed vir my. ek skiet met n zastava en laai 42.5 gr s335 en kry so 2729 v/sek.

het geen probleme tot op 200m nie

sterkte met jou navorsing
groete
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Ponkie »

Pitsmit

Wat is Oom se trajek met daardie Hornadys? Hier in die karoo skiet ons maar almal so 2" hoog op 100m en dan min of meer zero op 200m. Op 300m val hy dan min of meer so 6-8''. Dis nou as ek die Nosler Bat Tips teen so 2900ft skiet. Die PMP is nou 'n ander storie, val baie meer, maar ek jag baie lekker met hulle! Het Gister 'n springbok op 150m lekker onder sy oor geskiet!  ;)

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Raven »

Ponkie wrote: Het Gister 'n springbok op 150m lekker onder sy oor geskiet!  ;)
Groetnis
Ponkie
Ponkie is daai Springbok nou DOOF of DOOD  ;D  ;D  ;)

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by PITSMIT »

dagse ponkie

ek skiet hom so 36mm hoog op 50m dan kry ek so 2" hoog op 100m en weer 0 op 200 maar ek moet se my spoed is maar 2729 v/sek met die 150gr sst. ek het bietjie spoed weggegee maar ek groepeer dodelik en ek ken die geweer goed so tot op 250m is ek redelik goed vertroud met my skootplasing. ek oorweeg n ho?r lading nader aan 53gr maar ek het nog nie daarmee ge?ksperimenteer nie ek gebruik die geweer maar hoofsaaklik vir bosskiet omdat hy so goeie boskaliber is daarom gee ek bietjie spoed weg. ek gaan binnekort met 110gr v-max punte begin laai vir my seun hy is nou 10 en n klein crackshot so ek wil die geweer nou vir hom regkry so as jy bietjie ladings dalk het vir n 110gr laat weet maar dit sal my darem naby bring so dan hoef ek nie so baie te toets nie punte en poeier is maar duur deesdae

groete en sterkte met jou .308 dit bly een van die top kalibers al erken min mense dit. spoed is nie alles nie en 98% van die wereld se polisiemagte en weermagte gebruik die .308 as skerpskutter gewere so dit moet vir iets tel

groete
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by PITSMIT »

dagse ludwig

ek is self in die polisie en het twee vriende wat een n huidige taakmag skerpskutter is en een was gewees tot hy ontslag gevat het. die enigste ouens wat nie met .308 sluipskiet nie is die amerikaanse president se secret service hulle skiet met 7mm rem mag en engelland se marine skerpskutters wat skiet met .338 magnums dan kry jy spesialis skerpskutters in die amerikaanse marines wat natuurlik met die geliefde ou .50 browning hulle ding doen en israel se geheime diens maak tot van .22 gebruik maar die groot oormag van skerpskutters gebruik .308(7.62) met n 168gr fmj juis vir sy akkuraatheid en slaankrag tot op 300m want jou meeste skote deur n skerpskutter is maar selde verder as 150 m in die dorpe of stede dalk nie eens verder as 100m nie.

doen maar bietjie navorsing oor die kalibers wat ek nou van gepraat het op die internet en deur wie hulle aangewend word dis nogal interessant.

lekker dag verder

pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Raven »

PITSMIT wrote: selde verder as 150 m in die dorpe of stede dalk nie eens verder as 100m nie
pitsmit
Presies die punt hoekom 'n 308 slegs 'n bos geweer is, in die jagveld onder normale omstandighede is die 308 nie baie vergewend as jy nie sy trajek goed ken nie.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by PITSMIT »

ludwig ek dink jy het klaar die rede genoem en dit is logistieke redes want jy kan per man meer ammunisie dra in 7.62 as 30-06 en jy gee nie baie weg as jy verander van die een na die ander nie
selfs kalishnikoff het die 7.62 kal gebruik vir die welbekende ak-47 want die balistieke vermo?e van die 7.62 is fantasties en met n 168gr fmj kry ek enige ou aan die ontvang kant jammer. ons eie " ou weermag" het in die bosoorlog uitstekende resultate in die bos behaal omdat dit n redelike takkie vat om sy trajek te verander.

balistiek bly interressant en as dis erg lekker om op hierdie forum te kyk hoe ouens mekaar probeer oortuig. my oorlede pa het altyd ges? as jy nie met een skoot van jou geweer kan doen wat jy wil doen daar waar jy is nie los dit en gaan huistoe want dan gaan jy droogmaak as jy daar bly.

so leer maar jou geweer en as julle twee mekaar ken kan dit net werk maak nie saak die kaliber nie en hou by jou geweer se vermo?e

groete
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Blackie Swart »

Yes CARACAL.
Ek het self n sako 308 en laai die hornady 165 gr interlock punte. Werk soos n droom met n goeie groepering.Ek skiet al baie jare met my 308 wild en jakkies maar moet uit ondervinding bieg dat n 308 nie gemaak is vir ongediertes se jag nie. EK gebruik deesdae net my 243 om die jakkies te klits. Dit is ma net my persoonlike gevoel.Sterkte met die toetse.
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by erx »

Hi Blackie

Watse kruit en lading gebruik jy op daai 165 Interlocks? Ek skiet self 308 en loop se twist is maar 1 in 14", toe se die manne ek moet ligter punte gebruik, maar my beste resultate is met 165 Interlocks met 40gr S335 en 1mm weg van lands in PMP doppe.
Hoor graag wat jou specs is.

Groete erx

Hier is 'n foto van 'n groepering laas naweek geskiet op 100m, 5 skote

[img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_1739.jpg[/img]
Last edited by erx on Sun Apr 03, 2011 9:34 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Blackie Swart »

Dagse ERX
Op die oomblik skiet ek S335 kruit met n lading van 39,5 gr met min of meer dieselfde groepering as joune.Ek stel voor dat jy hou by die lading wat werk. N ligter punt gaan wel n platter profiel skiet maar jy sal dan na n ander kruit ook moet kyk.Mens kan ook net iets doodskiet en nie meer doder nie.Oefen baie op voorwerpe wat op onopgemeette afstande le om sodoende jou afstand skatting te bevorder en in die proses jou v/wapen se vermoe te leer ken.
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by erx »

Hi Blackie, dankie vir die reply.

So daai 39.5 van jou is op die 165 interlocks? Wat is jou totale patroon lengte dan? Gebruik jy PMP doppe?

Groete
erx
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Blackie Swart »

Yes ERX
Ek skiet net met PMP doppe en totale lengte is 69,3mm.Al my punte wat ek skiet is die hornady 165gr punte.
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by erx »

Hi Blackie

Nog 'n vraag oor daai lading van jou. Mens kry flat base en boat tail 165 Interlocks, watter een gebruik jy?
Laastens, daai 69.3mm totale lengte van jou, hoe ver is dit van jou geweer se lands af?, is dit jou lengte vanaf gat van dop tot punt se punt?

Groete
erx
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Blackie Swart »

Yes daar.
My geweer wil net  met n boat tail groepeer wat aanvaarbaar is vir my.Ek probeer op die oomblik ook oom Petrus se rebated boad tail punte.Moes 1,5gr sak met huidige lading om goie groepering te kry.Hy maak n corbonded 165gr punt vir onder R250 per 100 punte en sluit posgeld ook in.Kyk by sy web;www.questbullets.com,sy cell;0836306338.Hy maak ongelikkig net 308 rondtes ma die gehalte is baie hoog met min verskille in rondtes.
Groete
Blackie  :police:
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Problem Animal Control »

Goeie naand manne

Ek het als nou hier rond gesit en lees en wil my bevindinge graag met julle deel. Ek het n .308 BRNO en het so drie jaar gelede begin herlaai,wat ek nou gaan oordra gaan in sommige gewere werk en in ander nie. Ek gebruik 167gr Lapua match punte met 44gr S335 en CCI 200 benchrest primers,kry so rapsie oor 3000fps om presies te wees 3023fps uit my geweer. My geweer is op 100 gezero en skiet 4duim laag op 200 en amper 10duim laag op 300m,ek ken hom so goed dat ek presies weet waar om te vat op watter afstand ookal.Ek skiet alles met daardie punte,van jakkies tot koedoes,onthou asb net om jou skootplasing reg toe te pas as jy gaan jag anders is jy jou bok kwyt omdat die punte baie sag is. Ek het groot sukses met hulle,probeer maar gerus!
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Armand Steenkamp »

PAC.
Hoe lank is jou loop?Daai klink noggals na n baie warm lading.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: .308 Wat is die beste punte?

Post by Problem Animal Control »

Armand

Dis n 24 duim loop met 1:12 twist. Die lading is "warm" maar daar is geen teken van druk nie,o ja ek gebruik Remmington doppe. Die punt is +- 4mm uit die tande en gee my konstante goeperings van kleiner as 1 duim op 100m.

Groette PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
Post Reply