My vrou het die teleskoop vir haar creedmoor gekies, maar ek vermoed die teleskoop het n probleem.
Hoop jul sal my kan help/raad gee met dit.
Op enige afstand, van 100m - 300m, kry n mens nie die teleskoop gefokus nie. Die kruishaar en die teiken prentjie wil nie gelyk duidelik bly nie. Fokus n mens op die kruishaar, is die teiken dof/blurr en ook anders om.
n Mens verstel die fokus ring van minimum tot maksimum en terug maar die prentjie (blurr van kruishaar/teiken) bly dieselfde, het ook die parralaks verstelling aan die kant probeer, maar niks help nie.
Het ook gekyk of daar nie n plastiek film oor die lense is nie, dit is ook nie die probleem nie.
Is dit dalk moontlik die die teleskoop n parralaks fout op het en maar moet terug gestuur word Vortex toe??
Groete en dankie
Jackie
