Ek is opsoek na n betroubare goeie kondisie Toyota hilux 4x4 bakkie om te koop. Kan n clubcab of dubbel kajuit wees. Wil dit omskep in n jagbakkie. As iemand weet waar of wie so iets het laat weet maar. Ek is in die Noord Kaap en is bereid om tot R150 000 te betaal.Kon baie by handelaars kry maar hulle is vreeslik skelm en belieg n mens. Sal eerder op die forum koop waar ons nog een taal praat.
Groete
Blackie
Opsoek na 2de handse bakkie
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
Hello Blackie ek kan jou nie help nie maar wil net vir jou se dat jy op die regte pad is want ek is nou op soek vir n Jeep Cherokee vir n vriend en die stront, lieg stories vanaf verkoops manne wat jy hoor is afgryslik.
Voorspoed
Henning
Voorspoed
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
Hi Blackie, ken jy nie miskien vir Hans Lochner van Kleinzee nie. Ek het gesien hy adverteer so hilux.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
N goeie vriend van my is in die bedryf. sal hoor of hy iets het wat aanloklik sal wees.
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
ou blakkie jou stelling dat handelaars skelm is staan my nie aan nie en is daar baie eerbare handelaars moet ook nie dink alle forum lede is engeltjies nie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13659
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
Sterkte Blackie.
Met so 'n stelling glo ek nie jy sal vêr kom nie. My vrou werk toevallig in die motorbedryf.
Op die forum weet ek ook van minstens 5 lede wat ook in die bedryf is.
Met so 'n stelling glo ek nie jy sal vêr kom nie. My vrou werk toevallig in die motorbedryf.
Op die forum weet ek ook van minstens 5 lede wat ook in die bedryf is.
Goed, beter, 6millimeter!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
Manne ek dink Blackie het net veralgemeen jy kry skelms in elke bedryf, maar jy kry ook eerlike goeie mense. Blackie gaan google Auto Nantes hulle verkoop puik 2de handse motors ek koop al vir 15 jaar by hulle voertuie, hulle lewer af ook. Het Desember twee motors by hulle gekoop.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
Blackie my vriend het aangedui dat hulle nie tans iets het nie en dat wat jy soek in daai prysklas maar skaars is. Hy sal sy oor op die grond hou en laat weet as daar iets is.
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Opsoek na 2de handse bakkie
Naand mense. As ek iemand benadeel of in die gesig gevat het met my stelling, vra ek omverskoning. Ek het net nog net nie n eerlike verkoopsman teegekom nie. Word gewoonlik maar ingeloop. So tot ek op n dag so iemand kry glo ek aan my stelling.
Groete
Blackie
Groete
Blackie

