Nuwe Lid ---> Dewan
-
Dewan
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Oct 26, 2013 3:29 pm
Nuwe Lid ---> Dewan
Goeie naand almal,
Ek's Dewan, woon in Brackenfell, en is nuut tot die sport. Die gogga het gebyt na my eerste jag laas jaar, en die feit dat alby my swaers jaggewere het, en ons gereeld op die skietbaan is, het nie my saak gehelp nie.
Na baie huiswerk het ek toe my naam opgesit vir 'n Savage Model 12 VLP 308 WIN, die het ek toe laas week geland by Safari & Outdoor in Stellenbosch (Dankie aan Willem & Elzete vir al jul moeite & geduld met my)
Nou net my papierwerk regkry, ingee en wag...en wag...en wag. (Ek bewe van opgewondenheid!!!)
Groete,

- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Welkom Dewan.
Geniet die forum, die sport en jou nuwe geweer.
Groete
Jacques
Geniet die forum, die sport en jou nuwe geweer.
Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Welkom Dewan
-
Dewan
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Oct 26, 2013 3:29 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Dankie julle.
Lekker om uiteindelik deel te wees hier.
Groete,
Dewan
Lekker om uiteindelik deel te wees hier.
Groete,
Dewan
- JohannC
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Wed May 29, 2013 9:54 am
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Baie welkom Dewan
Lekker kuier
Lekker kuier
- willemakou
- Sr. Member

- Posts: 252
- Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Baie welkom! Bly jy is verslaaf aan die sport!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Welkom, as jy nou dink jys verslaaf, dan gaan jy nou sien Dewan, hierdie forum is gevaarlik, n man kan nie wegkom nie!!
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
welkom hier. Jag en Jaracal is 'n siekte maar mort nir vrees nie, daar is geen pille wat werk nie.
- willemakou
- Sr. Member

- Posts: 252
- Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Jy sal sekr naby aan 'n egskeiding draai van al die ge-jaracal. Moenie bekommer nie, dit waai oor en mammie sal later aanvaar! Het al met die meeste hier gebeur!
-
Dewan
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Oct 26, 2013 3:29 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Goeie middag mede Jaracal lede,
Soos dit nou lyk wil dit voorkom of ek aangesluit het en weggehardloop het!!
Hoewel ek nie aktief op die forum was nie, het ek darem elke dan en wan kom inloer en oplees.
Taamlik baie dinge het gebeur vanaf ek myself laas hier kom voorstel het, so voel ek kan nou amper myself weer voorstel...
So hier is my 'update':
My lisensie is goedgekeur (07/14), ek het van werk verander (12/2014), het getrek na Goodwood toe (02/2015) en ek het pa geword (05/2015). Maar ek is nie hier om oor werk, huise of kinders te gesels nie!
Danksy Jaracal het ek kontak gemaak met mense soos Willem & Elzete van Safari & Outdoor, Rudolph Optics, Monrique van Sandveld Varminting en Hein Kok - via hierdie kontakte het ek amper alles gekry wat benodig was om myself op die skietbaan te kry.
As daar 'n oop Saterdag is probeer ek maar die gongs en teiken rame inpak om so bietjie te gaan oefen daar by Atlantis skietbaan. Maar na die kleinding se aankoms is die 'oop Saterdae' maar min - dit kos nou mooi beplan! Ek bevoorreg om vriende en familie te he wat die liefde vir sportskiet deel- so dis normaalweg 'n groot uitstappie as on skietbaan toe gaan.
Ek het kort na die geweer se aankoop ook 'n winskopie raak geloop op 'n netjiese gebruikte herlaai stel (RCBS) so danksy die herlaaide patrone, kan ek meer skiet - het myself probeer bluf om te se ek gaan so geld spaar!!! Ek was bevoorreg om al op 2 jagtogte te kon gaan (alby deur my vorigge werk), en is dus geen kenner op die gebied nie - maar eks uiters passie vol oor die leefstyl! Ons is so 4 jagters in die familie (weet 2 van hulle is lede hier op Jaracal), en na baie probeer gaan ons uit eindelik hierdie jaar 'n jagtrippie saam doen (ek proe al die biltong!).
So dis so bietjie meer van my - hopelik sien julle my naam aansienlik meer op die forum van nou af.

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Nou moet jy inhaal, my vriend!
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Welkom Dewald, praat maar, ons praat saam.
Groete
Henning
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Welkom weereens Dewan. Ons is darem 'n groot Jaracal support groep hier in die Kaap. Wys bietjie fotos van daai roer.
Jannie Welman
-
Dewan
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Oct 26, 2013 3:29 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Lyk my ons nommers is baie sterk hier in die Kaap. Hoe gemaak om mede forum lede te herken op die skietbaan? Met ons beperkte opsies as dit kom by skietbane het ek dalk al lang stories gesels met van julle op die baan sonder dat ek weet dis Jaracal lede.
So hier 'n klein prentjie van my geweer. (Verskoon tog asb die toe slot...)
Besonderhede is soos volg:
-Savage VLP .308win
-EGR 20moa rail
-Burris XTR ringe
-Rudolph 6-24x50mm V1 scope
-6-9 Swivel bipod
-Wheeler scope level
-Voodoo cheeck rest

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Hoop ek sien jou more by die 100 m baan. Sit gewoonlik by nr. 3 of nr. 4.Dewan wrote:Lyk my ons nommers is baie sterk hier in die Kaap. Hoe gemaak om mede forum lede te herken op die skietbaan? Met ons beperkte opsies as dit kom by skietbane het ek dalk al lang stories gesels met van julle op die baan sonder dat ek weet dis Jaracal lede.
So hier 'n klein prentjie van my geweer. (Verskoon tog asb die toe slot...)
Besonderhede is soos volg:
-Savage VLP .308win
-EGR 20moa rail
-Burris XTR ringe
-Rudolph 6-24x50mm V1 scope
-6-9 Swivel bipod
-Wheeler scope level
-Voodoo cheeck rest
Groetnis
-
Dewan
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Oct 26, 2013 3:29 pm
Re: Nuwe Lid ---> Dewan
Ai, sou graag wou. More is ongelikkig reeds vol. Maar ek sal op die uitkyk wees (en ook sommer hier noem as ek by n skietbaan uitkom)