Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Manne kyk bietjie die skoot, sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Dis n baie goeie skoot skuins van voor deur die knoppe - ek sou dalk n rapsie laer gegaan het.
Met die skoot gebruik mens ook net premium punte - hy moet darem deur been gaan na die pompstasie toe.
N kopskoot was ook nie buite die kwessie hier nie - maar ons weet nie wat die afstand was nie.
Wat se julle?
https://www.youtube.com/watch?v=JQD3qdmgY9U

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1894
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Goeie skoot en ek stem saam met die bietjie laer dalk. Die afstand is bedrieglik maar lyk nie verder as 80 m nie. Van skiet stokke af sou ek vir die kop gegaan het.
Maak 'n verskil
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Ek stem saam Ratel.
Ek sou egter nie daai skoot uit die vuis uit gewaag het nie. Ek sou die naaste boom gegryp het. Maar dis ek.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Daai is mos 'n oorsese jagter? Word kopskoot dan toegelaat?
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Stem. Met my bewerasies sou ek hom uit die vuis mis gebewe hetmusgrave270 wrote:Ek stem saam Ratel.
Ek sou egter nie daai skoot uit die vuis uit gewaag het nie. Ek sou die naaste boom gegryp het. Maar dis ek.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Die perfekte skoot sou seker 3 duim laer kon wees.
Maar daai was gaaf volgens my
Maar daai was gaaf volgens my
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1894
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
ruaanb wrote:Daai is mos 'n oorsese jagter? Word kopskoot dan toegelaat?
Maak 'n verskil
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Manne, hoekom sê julle 3 duim laer?
Dit is net my beskeie mening, maar daai skoot het die plumbing aan die bokant van die hart aan flarde geskiet. In my boeke is dit 'n beter skoot as drie duim te laag.
Ek sou darem self graag 'n jong boompie wou nader sleep vir daai skoot.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Daardie man skiet heelwaarskynlik trofee. Geen skote naby die kop is dan die norm. Lyk my het gekniel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Kom ons se jy was agter die roer Gawie - sou jy nie n rapsie laer gemik het nie?Gawie(13mm) wrote:Manne, hoekom sê julle 3 duim laer?
Dit is net my beskeie mening, maar daai skoot het die plumbing aan die bokant van die hart aan flarde geskiet. In my boeke is dit 'n beter skoot as drie duim te laag.
Ek sou darem self graag 'n jong boompie wou nader sleep vir daai skoot.
Of nee, Gawie sou eerder die posisie http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 3&start=25 gevat het en hom tussen die oe gerol het ne...
Daar moet baie Ghries naby wees as ek daai posissie traai - anders gaan ek nie loskom uit myself uit nie
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Kyk mooi na my Avatar. Daai is nou amper twee duim te laag.
Persoonlik verkies ek 'n Cruiser se kant spieël. Lekker gemaklik.
Persoonlik verkies ek 'n Cruiser se kant spieël. Lekker gemaklik.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Ek sou 2 duim links tussen die bene deur. Ek glo met daai skoot is net die linkerkantste long raak geskiet. Die bok staan baie min quartering away.
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
My gevoel ook. Sou ook 2 duim links gaan.VdWalt wrote:Ek sou 2 duim links tussen die bene deur. Ek glo met daai skoot is net die linkerkantste long raak geskiet. Die bok staan baie min quartering away.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
In watse opsig was dit n minder goeie skoot? Die bok le dan?
Ons is vinnig om agter die rekenaar n opinie te lig oor skoot plasing, daai man het 3 sekondes dan is daai kudu diep tussen die mopanies in!
Was dit n swak skoot? Nee. Le die bok? Ja. Het die koeel die hartslag getref? Duidelik want hy le.
Kyk op die slow mo hoe sak die voor lyf na die skoot. Indikasie van n RAAK hou...
My opinie.
Ons is vinnig om agter die rekenaar n opinie te lig oor skoot plasing, daai man het 3 sekondes dan is daai kudu diep tussen die mopanies in!
Was dit n swak skoot? Nee. Le die bok? Ja. Het die koeel die hartslag getref? Duidelik want hy le.
Kyk op die slow mo hoe sak die voor lyf na die skoot. Indikasie van n RAAK hou...
My opinie.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Hugo, ek dink nie dat een van ons die skut kritiseer nie.
Ons is net almal lus vir jag. Met hierdie oefening skerp ons maar net onsself op vir die jag seisoen wat nog so ver is.
Ons is net almal lus vir jag. Met hierdie oefening skerp ons maar net onsself op vir die jag seisoen wat nog so ver is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Die seisoen blyk ver in kaapland, hier in die noorde jag ons die naweek al...
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Die opskrif is waar ek sou geskiet het nou antwoord ek en skielik kritiseer ek die ou....... As jy 'n bok deur die lewer skiet gaan hy ook vrek. Dit beteken nie ek gaan dink dis 'n groot skoot oor die bok dood is nie.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
ek persoonlik sou duim of 2 duim links gemik het. Uit die vuis uit of ek hom daar sou getref het is nou perd van ander kleur, moontlik sou ek hom dalk nog duim verder regs geskiet het...
Dink nie iemand betwis die feit dat dit doodskoot was nie, uit die vuis uit was dit nogmaals goeie skoot. Stem die skoot blyk so 80-100m te wees, nie maklik vir meeste ouens uit die vuis uit om pin point te mik en te skiet op 100m nie. Dalk maar omrede ek baie meer akuraat met rus soos, skietstok, boom ens. skiet, ander ouens skiet dalk great op 100m uit die vuis.
Dink nie iemand betwis die feit dat dit doodskoot was nie, uit die vuis uit was dit nogmaals goeie skoot. Stem die skoot blyk so 80-100m te wees, nie maklik vir meeste ouens uit die vuis uit om pin point te mik en te skiet op 100m nie. Dalk maar omrede ek baie meer akuraat met rus soos, skietstok, boom ens. skiet, ander ouens skiet dalk great op 100m uit die vuis.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Toe ek begin jag het was skematiese prente van die organe in 'n bok dun gesaai. Ek het vir die middel van die bok voor gemik en het baie bokke huis toe gebring. My eerste kwesskote was toe ek probeer om hartskote te skiet - slegs 'n streep op die bors en weg is hy.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Werner Prinsloo
- Full Member

- Posts: 228
- Joined: Mon Nov 17, 2014 10:03 am
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Ek sou ook meer links skiet. Indien moontlik 'n hele paar meter want die tweede bul wat hy nie geskiet het nie lyk vir my groter.
Jammer hy het nie 'n skoot op hom gehad nie.
Jammer hy het nie 'n skoot op hom gehad nie.
Groete
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Dis moeilik om die presiese impak te sien maar dit lyk tog of dit voor op die skouer is. Te veel links kan ook n probleem wees.
Bosveld jag!
Bosveld jag!
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Ek wonder hoeveel manne die bok raak sou geskiet het, uit die vuis uit op 80 0f 100meter...hmmm...let wel raak...ek praat nie eers van die dood skoot nie..
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
...ek is nie skaam nie...ek sou nie!JohanvB wrote:Ek wonder hoeveel manne die bok raak sou geskiet het, uit die vuis uit op 80 0f 100meter...hmmm...let wel raak...ek praat nie eers van die dood skoot nie..
Weier om verder as 50 meter uit die vuis uit te skiet.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
As n Karoo/Kalahari jagter sou ek my dood bekommer het oor al die takke in die pad. Of dink julle die skoot bok toe was "oop"?
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Dankie Hugo. Stem. Suksesvolle jag gewees. Net 1 skoot nodig.Hugo wrote:In watse opsig was dit n minder goeie skoot? Die bok le dan?
Ons is vinnig om agter die rekenaar n opinie te lig oor skoot plasing, daai man het 3 sekondes dan is daai kudu diep tussen die mopanies in!
Was dit n swak skoot? Nee. Le die bok? Ja. Het die koeel die hartslag getref? Duidelik want hy le.
Kyk op die slow mo hoe sak die voor lyf na die skoot. Indikasie van n RAAK hou...
My opinie.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)