Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post Reply
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Nico Harris »

Het die naweek by n vriend van my in die nottinghamroad omgewing gaan jag. Ons het 3uur vrydag oggend in die pad geval. Ons het gewere ingestel en op die plaas begin rond ry en met die verkykers begin kyk vir elande. My pa wou n bul skiet en dit sou vir hom n eerste wees(n bul). Ons die hele oggend rond gery en niks elande gesien nie. Die bokke kom natuurlik hier voor. Hulle trek maar redelik rond. Partykeer is hulle daar en partykeer nie. Die plaas is ook 2250ha so hulle kan maklik verdwyn.

Net voor 12uur het bees wagters gebel en laat weet dat daar elande bo op die berg is. Dit vat omtrent so uur en n half om bo te kom met die bakkie. Ons die pad so vinnig as moontlik probeer ry om ons kans te gebruik. Bo gekom het ons begin rondkyk en binne 25min die elande opgespoor. Dit was so 10koeie met n jong bul en ook n mooi groot bul in die "prime" van sy lewe. Sy horings was nie groot nie , maar sy lyf masief- net wat vir ons n eland n "trofee" maak!!

Die eerste posisie wat ons van bekruip het was nie gunstig nie en die wind het gepla. Die bokke het weg beweeg. Daarna het my pa hulle gevolg op sy eie terwyl ek die bakkie gaan haal het. By die bakkie gekom sien ek skielik weer die elande. En deur die verkyker sien ek my pa in posisie skuif skaars 120m van hulle af. Hy het dooie rus gevat en die bul netjies agter die oor geskiet met sy "trusty" 7x57 musgrave gelaai met 150gr claw koeëls teen 2700ft/s. Die bul het in sy spore geval.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1_5.jpg

Ons het nader gekom met die bakkie en na bietjie gesweet was die bul darem op.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg2_2.jpg

Ons het die pad teen die berg af gly gly begin ry aangesien dit begin reen het. Onder gekom het ons die bul geslag en in die koeel kamer gekry. So eland van by n ton vol gewig is darem masief!!

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg3_2.jpg

Ons het daarna lekker gebraai en vroeg in die bed geval. Die plan was om die volgende oggend vroeg te kyk vir elande en dan dalk n blesbok of twee te gaan probeer kry op langafstand by die buurman.
Ons is die volgende oggend vroeg uit maar ongelukkig was die elande nerens te vinde en na n vinnige brunch was ons oppad na die blesbokke.

By die blesse gekom was dit my beurt om eerste te skiet. Dit is 3 blesbokke in n 500ha kamp. As ons kon sou ons almal skiet. Die eerste skoot wat die bokke gebied het was 625yds. Ek het die skoot geneem en alles het baie goed gelyk. Die bokke het rustig so 100yds verder beweeg en gaan staan. Na so 5 minute se wag het die bok nog gestaan. Ek het begin stress en die bok nog twee keur geskiet op 725yds. By die bok gekom was al die skote deur die longe en reg- ek was baie verlig!!! Ek dit die feit dat die bok so rustig was dink ek het aangedra dat die bok so lank gevat het om om te kom. Daar was twee skote op die linker blad en een op die regter blad. Almal saam was so tennis bal grote net agter die blad.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg4_1.jpg

Die bokke het ons nie weer n kaans gegee nie. Hulle is meeste van die tyd binne skiet afstand maar die terrein is van so aard dat mens jou skote mooi moet kies anders sal mens joh bene stompies loop teen daai berge.

Ons het sondag oggend vir die laaste keer probeer vir die blesbokke en my jongste broer (Johan) kon nog n blesbok kry op 350yds . N perfekte skoot agter die blad- wat ook vir hom n nuwe persoonlikke beste is. Ons het altwee die blesbokke geskiet met my 243ackley in savage lrp. Ek skiet 105gr hornady hpbt teen net onder 3000ft/s.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg5.jpg

Ons het die naweek baie geniet en ek wil net vir Bryce en Erhard(Beesbreedt) baie dankie se vir hulle moeite en gasvryheid!

Groete

Nico
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by ruaanb »

netjies geskiet sjoe daai eland bul is mooi!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Chevvy SS »

Daai elandbul is massief! Wat het hy uitgeslag?
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Mellies »

Mooi man!

Met n vleisie...
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Apie »

Ek is GROEN
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Eduard Venter »

Geluk dis n besonderse eland daai. Niks wen daai 2 fillets van 4kg elk nie!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Nico Harris »

Dankie manne. Ja Eduard- daai eland vleis is lekker!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Pvdw »

Geluk Nico. Ek is bly jou pa het sy 1ste bul gekry.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Barry Loock »

Baie mooi en geluk aan alnal
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Nico Harris »

Dankie oom Barry en Peet!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Stephan86 »

Daai is beslis 'n pragtige eland, baie geluk aan jou pa.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Wouter Roets »

Geluk Nico

Te lekker as die jagseisoen so vroeg begin. Bly om te sien die nuwe "hoof" van die huis laat jou darem nog toe om so trippie te kan meemaak. Seker die rede hoekom Pa saam was om te verseker jy ruk nie hand uit nie. Dit is werklik interessant wat jy vertel van jou blesbok wat na 5 min nog nie gaan le het na die skoot nie. Was daar exit gate?

Groetnis
Wout
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Hilux01 »

Lekker Nico

Daai is sommer n prag Eland geluk aan jou pa
Daai +700yds op n Blessie is ook mooi
Goeie werk jy en Johan
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by Nico Harris »

Dankie Henk!

Wout die een koeel is deur en die ander twee het teen die ribbes gestop.
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Eland en blesbokke by Nottinghamroad.

Post by toelie »

Pragtige en besonderse bul daai, geluk
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
Post Reply