KD vir Semi Auto?

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
User avatar
Hercules Breitenbach
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sat Apr 21, 2012 11:57 am

KD vir Semi Auto?

Post by Hercules Breitenbach »

Middag almal,

Ek wil graag 'n KD op my nuwe Smith & Wesson M&P Sport (.223) sit. Moet 'n semi-auto 'n ander tipe KD kry as 'n gewone slot aksie geweer? Kan julle my dalk advies gee watter KDs om na te kyk?

Dankie by voorbaat.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Silent Hunting »

Hercules,

Daar is heelwat manne wat die Silent Hunter gebruik op hulle semis. Werk goed en hou ook goed.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Geno »

Henk. Pas daardie manne hulle gasblocks aan of skiet hulle net so?
Goed, beter, 6millimeter!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Alwin »

Oor die algemeen gee 'n KD op 'n semi meer gas op die aksie. As jou geweer nie 'n verstelling op die gasblok het nie, gaan hy waarskynlik die doppe heelwat harder uitgooi. Dit kan natuurlik ook meer stremming op die werkende dele plaas wat leeftyd kan verkort.

Hou ook in gedagte dat die doppie uitgetrek gaan word, voordat al die druk uit die KD ontsnap het. Daar gaan dus heelwat van die ontbrandingsgasse deur die loop terugblaas in die aksie in. Hierdie gasse gaan ook die laaste bietjie residu in die loop en aksie inblaas. Jou geweer gaan dus vinniger vuil word en kan dalk selfs stoor as jy die vuilgoed nie beheer nie.

Aan die ander kant, is die tipiese semi gewere se lope gewoonlik korter as diè op jaggewere. Hulle raas dus meer en die geraas is nader aan die skut se ore. 'n KD is dus baie nuttig in die toepassing.

As jy die geweer se magasynkapasiteit benut en bv. 30 skote in 'n kort tydjie skiet, gaan die KD lekker warm word. 'n Warm KD veroorsaak 'n lieflikke hittegolf ("mirage") direk in jou siglyn. Jy sal 'n plan moet maak om steeds jou teiken te kan sien en tref.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Silent Hunting »

Geno,
Tot dusver was dit maar gemeng. Baie van die ouens het klaar gaschecks verander en ander het nie daarvan geweet as ek hulle ingelig het. Daar is ook vele gewees wat happy was om hulle gewere te skiet sonder om gaschecks te verander.

Groete
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Wouter Roets »

More Manne

Ek dink maar so bietjie hardop so verskoon maar. Met die probleem van hoofsaaklik carbon terugslag in die loop en kamer sal ek dink dat n mens n silencer wil gebruik wat so groot as moontlik interne volume het om dit op te vang. So n reflex tipe glo ek sal die beste werk vanwee die eienskap. Met die groter buite oppervlak sal dit seker ook help vir hitte dispersie indien daar n hele paar skote geskiet word kort op mekaar. Lengte sal ook nie te drasties verleng word nie en hantering sal ook nie te sleg wees met die gewigpunt wat na agter skuif teenoor n gewone silencer. Alluminuim glo ek is die materiaal van keuse vir gewigdoeleindes en n mens sal seker ook die silencer wil oop maak vir skoonmaak deleindes vanwee die hoe neerslag.

Henk ek weet jy het gepraat oor toetse wat jy doen met alluminuim, is daar enige vordering in die verband? Ek self sal belang stel in so n silencer vir my SR556.

Groetnis
Wouter
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Geno »

Wout.
As jy praat van ligte materiaal, reflex-tipe en oopmaak vir skoonmaak, kan ek net aan een demper dink, en dis A-Tec.

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Silent Hunting »

Wouter,

Nope, ek gaan nie aluminium roete gaan nie. Kry nie dat hulle hou nie. CNC masjien is maar die roete om te gaan as jy alu dempers wil doen. Lyk baie nice.

Nie seker van die A-Tec nie, maar weet van ander ingevoerde alu kds wat basies smelt in die binnekant op AR tiepe wapens. Of dit met alle alu fabricate sal gebeur, weet ek nie.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by James Wilson »

Ek kan maar net bevestig, dat hitte op kd's op semi's is n kopseer. Net so 5 skote en stoom staan op die kd's. Seker maar een van die vele redes waarom die 3 gun skuts met handskoene skiet. My kd is gemaak van n n kar se skokbreker se housing. Baie lig en lekker stil

Sal n foto plaas
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Wouter Roets »

Dankie Henk vir die terugvoer.

Geno weet jy van een wat op n AR diens doen? James is die knaldemper van jou beskikbaar aan die publiek of is dit n special order item?

Groetnis
Wout
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Stefan Fourie »

Ek het 'n Terminator vir 'n jaggeweer op my LM5. Het baie gas terug geblaas en die geweer was gou vuil. Toe boor ek van agter af die eerste kamer se gat groter na 12 mm, dit het 'n groot verskil gemaak. Ek oorweeg dit om die volgende kamer ook groter te boor, so groot as moontlik. Net die laaste kamer se gat buitentoe gaan ek los soos hy is. Ek boet dalk bietjie klank in, maar die minder gas is ver beter as die ekstra geraas.
Was 'n goeie besluit om 'n kd op te sit, daardie kort loop het onnodig geraas.
User avatar
Banzo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Jun 28, 2015 7:15 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Banzo »

Wouter Roets wrote:...So n reflex tipe glo ek sal die beste werk vanwee die eienskap. Met die groter buite oppervlak sal dit seker ook help vir hitte dispersie indien daar n hele paar skote geskiet word kort op mekaar...
Dink maar saam met Wouter hardop.
Sal 'n refleks tipe nie 'n hitte probleem op die loop skep nie? M.a.w. die hitte van die opeenvolgende skote op die bedekte gedeelte van die loop vasvang en 'n redelike hot spot tot gevolg hê nie?
30-06 Musgrave Mod 90
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by James Wilson »

Wouter Roets wrote:Dankie Henk vir die terugvoer.

Geno weet jy van een wat op n AR diens doen? James is die knaldemper van jou beskikbaar aan die publiek of is dit n special order item?

Groetnis
Wout
Ek sal bevestig
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Geno »

Wout, nee.
Maar ek het een gebruik vir 'n ruk en was baie beindruk.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Geno »

Wout,
Kyk hierna. Dit lyk na die ultimate AR demper!
https://www.facebook.com/RayMancini.com ... 555409031/

Ek loer rond wat hulle prys.

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Wouter Roets »

Geno

Daai lyk werklik iets besonders en revolusioner. Ek sien net daar onder die komentare toe n knaap vra oor die prys toe praat hulle van $1495. So ek dink jy hoef nie te hard navraag oor die produk te doen nie. ;)

Groetnis
Wout
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Geno »

Goed, hoeveel order ek vir jou? ;D
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Wouter Roets »

Snaaksie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by James Wilson »

Ek sien hierdie is al n ouer post. Wat reken julle manne wat is die nuutste op die mark? Menende wat beveel julle deesdae aan as n silencer op n AR-15?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Ratel »

James Wilson wrote: Sun Mar 02, 2025 1:14 pm Ek sien hierdie is al n ouer post. Wat reken julle manne wat is die nuutste op die mark? Menende wat beveel julle deesdae aan as n silencer op n AR-15?
A TEC AR werk mooi op my AR
https://www.a-tec.no/silencers/a-tec-pr ... ec-ar-40-3
Last edited by Ratel on Mon Mar 03, 2025 7:33 am, edited 1 time in total.
Maak 'n verskil
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Hercules Louw »

Ek het n BBG Engineering knaldemper op my AR in 224 Valkyrie kaliber. Die knaldemper kom met kort effektiewe tromp-rem wat soos n kroon lyk. Verder het dit n stainless brake waarin die loop inskroef en die eerste baffel is ook stainless steel. Ek het spesifiek vir die kort en 50mm deursnee weergawe gegaan want op n AR sit die teleskoop hoog, so die dik knaldemper het genoeg volume en pla nie die teleskoop se beeld nie. Verder het ek n 308 weergawe gekies om met die deurvloei van gasse te help. Vir toepassing op semi outo gewere gebruik hulle baffels met ekstra gate in om die druk laag te hou, wat ook help dat die knaldemper lank vat om warm te word. Met die prys onder R4000 is hierdie knaldemper meer bekostigbaar as die ingevoerde modelle. Ek gebruik myne nou al 3 jaar en dit werk baie goed. Hou net in gedagte dat die lae druk en vryvloei ontwerp nie die stilste tipe knaldemper is nie, maar dit is stil genoeg om sonder gehoorbeskerming te kan skiet.
https://www.bbg.engineering/product-page/bbg-nf-2-o2
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Askari »

Ek het 'n Silent Steel Compact Streamer op my AR. Hy was nie goedkoop nie, maar ek is baie tevrede.

https://www.silentsteel.fi/products/compact-streamer/
Gooi lood!!!!
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by toxicsox »

Ek het 'n A-TEC OPTIMA 40 op my AR. Probleem soos reeds genoem is, is hitte. Na die eerste 3 - 4 skote is die A-Tec los en moet jy hom met die hand vasdraai. Kry vir jou bitter goeie handskoene soos Mechanix omrede 'n vorige paar ander tipe handskoene in my hand ingesmelt het....

Na jy 4 skote geskiet het en die A-Tec styf vasgedraai het sit hy mooi vir die res van jou sessie. Dit is net die begin skote wat 'n probleem is. En ek is nie die enigste een met die A_Tec probleem op die AR nie. As ek terugkyk kon ek daai R6K beter spandeer het op 'n beter scope as 'n knaldemper wat nie 'n bitter groot verskil maak op 'n AR nie.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: KD vir Semi Auto?

Post by Ratel »

toxicsox wrote: Mon Mar 03, 2025 9:22 am Ek het 'n A-TEC OPTIMA 40 op my AR. Probleem soos reeds genoem is, is hitte. Na die eerste 3 - 4 skote is die A-Tec los en moet jy hom met die hand vasdraai. Kry vir jou bitter goeie handskoene soos Mechanix omrede 'n vorige paar ander tipe handskoene in my hand ingesmelt het....

Na jy 4 skote geskiet het en die A-Tec styf vasgedraai het sit hy mooi vir die res van jou sessie. Dit is net die begin skote wat 'n probleem is. En ek is nie die enigste een met die A_Tec probleem op die AR nie. As ek terugkyk kon ek daai R6K beter spandeer het op 'n beter scope as 'n knaldemper wat nie 'n bitter groot verskil maak op 'n AR nie.
Snaaks ek het glad nie daai probleem met die A Tec AR nie. Ek wil nou 'n Optima koop vir my nuwe 223 slotaksie.
Maak 'n verskil
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: KD vir Semi Auto?

Post by toxicsox »

Jy kan myne kry vir R4K ;D ;D ;D Hy het so 200 rondtes deur hom.
Post Reply