Leopold of Nightforce?

Leoplold of Nightforce

leopold
16
46%
nightforce
19
54%
 
Total votes: 35

Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Leopold of Nightforce?

Post by Christoff Bosch »

Wat dink julle manne ek moet kies tussen 'n Leopold 8.5-25 x 50 en 'n Nightforce 5.5-22 x 50 weet nie wat om te maak nie. Gaan gebruik word vir Springbokke skiet en Groeperings kompetisies.
Groete
CB
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Dawie »

Krrrk...Krrrk?

Wil iemand werklik 'n antwoord waag? :P
tokkels

Re: Leopold of Nightforce?

Post by tokkels »

Wat jou hart begeer... ;)
Danie Lombard .243

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Danie Lombard .243 »

Ou  CB 


Ek gaan 'n kans waag om iets te se.


Enige iets behalwe 'n Leopold. T.o.v. jou vraag sal ek se die Night Force is stukke beter.



Ek gaan seker ge kielhaal word omdat ek nie van 'n Leopold hou nie. Maar jinne, 'n Leopold is darem nie sy geld werd nie. My opinie.

Danie
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by fanie17 »

Wat is die koste is daar nie n Nicon in daai prys klas nie
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Francois Marais »

Danie

Ek ken jou nie as iemand wat twak praat nie, so jy sal darm seker nie omgee om die stelling bietjie breedvoerig te verduidelik nie.....
Maar jinne, 'n Leopold is darem nie sy geld werd nie.
Sal graag wil hoor waar jy jou gly in n Leopold gekry het.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by erx »

Hallo CBeeBee

Vat die leopold mater

Groete
erx
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Wouter Roets »

Hel, ou Daan wat gaan nou met jou aan! ???

Sal ook graag die verduideliking wil hoor!

Hoor nou al n rukkie dat jy nie meer tyd vir Leupold het nie maar verduidelik net darm so bietjie.

Wag in spanning!
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
bullseye

Re: Leopold of Nightforce?

Post by bullseye »

HALLO MANNE
EK WAS N LEOPOLD FAN HET NET LEOPOLDS GEHAD WIL NOOIT WEER N LEOPOLD SIEN NIE. HET VAN HULLE TERUG GESTUUR VIR HERSTEL WERK HET NET SO FLENTERS TERUG GEKOM.HET NOU SOMMER N LYNKS OPGESIT SKIELIK GROEPEER MY GEWEER EN IS MY SELFVERTROUE WEER TERUG.
TUSSEN DIE TWEE SCOPES WAT JY MOET OF WIL KIES
                                                                              KIES DIE NIGHTFORCE. JY SAL NIE SPYT WEES NIE.
GROETE BEN.
rednat

Re: Leopold of Nightforce?

Post by rednat »

Leupold of Nightforce?
As prys nie 'n faktor is nie -- dan is daar nie 'n keuse nie
Die een is darem in heel ander klas!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Stefan764 »

Daanman

Ek wag saam Wouter en FM vir jou antwoord  :angel:

Koop die Leopold. As dit die VX3 reeks is sal jy glad nie n fout maak nie.

Het geen kennis oor die NF, so kan geen kommentaar lewer. Nog net goeie dinge van Leopold te se uit ervaring.

Groete en sterkte met die keuse. En die afbetaal  :P

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Danie Lombard .243

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Danie Lombard .243 »

Liewe forum maters


Oor 'n Leopld scope ????



Ek hou net nie van die scope nie, doen dit nie vir my nie, reageer nie as ek die turrets stel nie, prys is meer as wat die scope doen,    so


Ek is nie 'n Leopld man nie. ;D

Moet my nie op die brand stappel gaar maak daaroor nie, net my opinie.


Bausch & Lomb  doen dit vir my, asook Swarovski, Leica en Burris.

Leopold is nie vir my nie.

Night Force is ook kwaai. 8)


Danie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Wouter Roets »

Daan

Ek verstaan jou standpunt en respekteer jou opinie.

Ons moet ook darem in ag neem dat hierdie probleme van jou seker gesien kan word as die uitsondering op die reel. Ek dink Leupold het darem seker een van die beste name in die mark met die produk self en naverkope diens en ek persoonlik en n klomp ander mense kan daarvan getuig. Dit sal seker onregverdig van my wees indien ek n probleem met n spesifieke Toyota produk gehad het om die hele groep nou te ag as n swak produk en dit dan nou so te vekondig?

Net so by the way as ons die Leupold VX7 met die Nightforce of enige van die ander genoemde scopes vergelyk is julle dan nog steeds seker oor julle stellings? Die VX7 word amper nooit genoem op die forum of in ons gesprekke nie alhoewel hy op prys kompeteer veral teenoor make soos Swarovski en dies meer! Appels met Appels maters! Ek dink dalk n paar mense se oogklappe sal dalk so boetjie af kom as daar deur die meneertjie geloer word en die ander eienskappe vergelyk word!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Wouter Roets »

Ludwig

Ek het die VX3 in gedagte inisieel gehad en gevoel hy is nie vergeleikbaar met die Nightforce nie. Soos jy gese het is die MK 4 die beter een om te vergelyk en die keuse daar gaan maar persoonlik wees. My ander stellings het meer in die geheel gehandel as oor hierdie spesifieke skrywe.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Christoff Bosch »

Middag manne
Dit is die vx 3  8.5 - 25 x 50 wat ek vergelyk met die nightforce? Dink ek gaan die nightforce vat nou is dit net die keuse van 'n reticle wat pla?
Groete
Christoff
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by JOHANNIC »

Daar is n R5000 prysverskil die nxs is meer parralax sensitief en die verskil(as jy jou verbeel) tussen die twee gaan jou verseker nie beter laat skiet nie,by ons is n paar manne met die leupolds(x25) en n paar nxs(x22) ek kan nie die R 5000 verskil sien nie,gaan kyk deur n March of n Swarovski dan sien jy n werklike verskil.
Net my 2c
Biebers
Need for speed >:D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Dawie »

CB

Ek het een bestel (wag al van November af >:()  met NP-2DD reticle (keuse van vriend wat bitter v?r en baie skiet) en as jy paar Rand meer wil spandeer kry een met die Zerostop.  8)

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Francois Marais »

Danie

Wou nou met jou aant redeneer gaan, maar sal eerder stilbly, kan maar net se dat ek n klomp Leopold scopes het, en al n probleem gehad het met een wat ek tweedehands gekoop het, hy is weggestuur en het HEEL teruggekom, dit het my net die transport gekos, hoor bietjie wat Dr Jaracal oor n Nightforce scope te se het, en jy sal nie glo wat jy hoor nie..........

So terloops, ek het Nightforce op die poll gestem, omdat ek dink dit is n beter scope as n Leopold, maar reken dat Leopold steeds n goeie waarde vir geld scope is.............

My 2c....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Danie Lombard .243 »

Sal graag Jaracal se ervaring wil lees oor die Night Force scopes.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Francois Marais »

Danie

Praat onder korreksie, maar dink hy het hulle geruil vir LYNX scopes op die einder v/d dag, konnie die zero's hou nie, so hoor ek.............. :o :o :o

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Wouter Roets »

Francois

Dit is ook nie die eerste keer dat ek dit hoor nie!

Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Ponkie »

Manne

Ek sien diesele tendens nou by ons Jagtersvereniging. Ons A span bly min of meer konstant reg deur die jaar. Dis nou op die laaste kompetisie Jaco Brink, Valie Enslin, Jimmy Farhnam en Danie Barnard gewees. Al 4 hierdie skuts was groot, maar groot leupold manne. Weet nou nie die presiese vergrotings van hulle scopes nie, maar intussen het al 4 die leupolds laat gaan en skiet hulle met Nightforce.  Ek praat net onder korreksie van Oom Jimmy, maar die res is ek seker van.

Wat die rede hiervoor is, weet ek regtig nie, weet net dat die leupolds nie die turrets gehad het waar jy dial voor elke skoot nie en die Nightforce het wel.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Piet Breedt »

Ponkie wrote: Manne

Ek sien diesele tendens nou by ons Jagtersvereniging. Ons A span bly min of meer konstant reg deur die jaar. Dis nou op die laaste kompetisie Jaco Brink, Valie Enslin, Jimmy Farhnam en Danie Barnard gewees. Al 4 hierdie skuts was groot, maar groot leupold manne. Weet nou nie die presiese vergrotings van hulle scopes nie, maar intussen het al 4 die leupolds laat gaan en skiet hulle met Nightforce.  Ek praat net onder korreksie van Oom Jimmy, maar die res is ek seker van.

Wat die rede hiervoor is, weet ek regtig nie, weet net dat die leupolds nie die turrets gehad het waar jy dial voor elke skoot nie en die Nightforce het wel.

Groetnis
Ponkie
En daar gaan die lig aan.  Teleskope is baie "horses for courses". Ek het niks teen Leupolds nie. Het immers self al n klomp in my lewe gehad.  

Soos ek dit sien in die meer as 30 jaar wat ek skiet, het dit so gewerk.

Daar was 3 klasse van scopes vir ons beskikbaar in ons land.

Klas 1: Daar was die goedkoop klas wat ons almal mee begin het nl: die Tasco's, Bushnell's, Weaver's, Redfields en later die Lynx'e en Nikko Sterling wat seker die swakste was.

Klas 2: Dan was daar die Leupolds wat beslis n stappie hoer was

Klas 3: En dan op hulle onbetwiste eie vlak was die Zeiss'e, Swarovski, en Smidt und Bender's met Kales en later Leica daarby. Hulle was nie vir ons gewone sterflinge beskoor nie, en ek het altyd met n nat gekwylde mond na hulle gestaar. Hulle is nogsteeds in daardie vlak op hul eie. March lyk my is ook daar naby van wat ek nou al gesien het.

Volgens my opinie het die 2de vlak egter n hele klompie ander name nl:( Night Force, Burrus, Nikon, Vortex en nog so paar ander soos Meopta en IOR van Rusland) bygekry, en Leupold het so bietjie verswak. Ek staaf my bewering aan eie ondervinding, en ook aan statistieke van n groot geweer handelaar wat aan my vertel het dat hy by verre weg die meeste Leupolds terugstuur vir herstel as al die ander saam. Hy verkoop ook egter verre weg die meeste Leupolds, aangesien elke ou wat daar instap met niks minder tevrede is, as die goue ringetjie voor aan die objektiewe lens nie.

Ek self glo dat n Leupold nogsteeds n goeie scope is, maar dat jy jou geld baie beter kan benut vir n net so goeie scope, indien nie beter, en nog heelwat kleingeld kan oorhe met vandag se keuses.
Last edited by Piet Breedt on Wed Apr 06, 2011 3:21 pm, edited 1 time in total.
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by MJK »

Ek self glo dat n Leupold nogsteeds n goeie scope is, maar dat jy jou geld baie beter kan benut vir n net so goeie scope, indien nie beter, en nog heelwat kleingeld kan oorhe met vandag se keuses.
[/quote]

Middag Piet

As jy no so R6000 tot R7000 in die hand gestop word en se koop teleskoop vir jaggeweer skiet kompetisies - wat sal jou keuse wees?

Groetnis uit die Kaap
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Chris101 »

Bosch

Baaaaie dankie vir die vlinke diens
Jy het my night force gesien redelik nerfaf op plekke
1 ding van hom hy weet nie wat uitstel beteken.

Chris101
Knou die gediertes AF.
Post Reply