Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Ek het hierdie bogenoemde scope op my Savage .260 Remington LRP gesit en vandag hierdie Springbok teiken in die vlakte tabel van SA JAGTERS geskiet by die Duiker tak naby Balfour. Dit was slegs my 2de keer wat ek hierdie tabel skiet en het nog baie om te leer van die mikstokke wat hul daar gebruik
Kondisies:
8 - 10 mph wind wat ge fishtail het tussen 10uur en 1 uur posisie met redelikke kwaai mirage by tye
3 skote le op 300m met 3 poot rus voor en hand agter onder kolf
3 skote le op 200m met rus voor en geen rus agter
3 skote sit met rus voor en hand stut agter oor 3 poot mikstok
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/IMG_5820_zpsmtxxgqlk.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/IMG_5824_zpsvgtfjxo0.jpg
Hieruit kan gesien word dat die scope regtig mooi werk en stel. Ek kon my mikpunte baie mooi sien te spyte van die nie gunstige kondisies.
Ek het 4 jaar gelede juis my .260 Rem gekoop om die SA Jagters tabelle te skiet, maar nog nie so ver gekom om dit te begin te doen. Ek het besluit dat ek hierdie jaar n poging gaan aanwend om dit te begin te doen. Wat dit lekker maak met die .260 Rem, is dat jy beide die vlakte tabel, asook die Bosveld tabel daarmee kan skiet, aangesien die min kaliber vir die Bosveld tabel n 6.5mm is. Dan is dit net nodig om met een geweer te reis vir die dag, en spaar ek my .22 250's vir Veldskiet en Jakkals jag.
Ek het op die Rudolph besluit aangesien my heel eerste model, die V1, reeds vir my goeie diens gelewer het, met my enigste klagte die turrets wat nie positief genoeg verstel het soos ek daarvan hou. Op die nuwe reeks, asook die Tactical model is die probleem aangespreuk, en verstel die turrets baie mooi positief en skuif hulle absoluut presies. Die kruishaar van die Rudolph wat deur mede Protea skut, Andre Volschenk ontwerp is (ook n forum lid), is waarskynlik een van die heel lekerste kruishare wat ek nog mee geskiet het. Die kolletjie in die kruishaar werk besonder lekker, en is net groot genoeg vir my. My oe is nie meer van die beste, en die kolletjie is nie te groot dat hy mikpunte heeltemal toemaak nie, en is net reg vir my. Die wind afmik merkies is ook in MOA soos ek daarvan hou.
Met die helderheid is daar ook geen klagtes, inteendeel, hy laat n paar groot naam scopes sleg lyk. Op die Bosveld tabel is die maksimum vergroting waarop jy mag skiet x10, en selfs op 10 vergroting kon ek my mikpunte baie maklik identifiseer op n Wildebees teiken, wat maar redelik moeilik is om te identifiseer.
Vir die prys van die Rudolph, sal jy baie moeilik n beter scope kan koop in daardie prysklas. Ek het my vorige model baie suksesvol aangewend op ghonge tot op 900m waar ek 108 clicks moes opstel om by te kom, en as ek die clicks weer terug gedraai het, het hy weer perfek ge zero op 100m en het ek die klein plakkertjie weer raakgeskiet met die eerste skoot. Dit getuig van sy goeie tracking vermoe.
Vir iemand wat op n beperkte budget ook die skiet toneel wil binnetree, kan hy nie n fout maak met die Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical nie. Selfs meer ervare skuts sal nie terleur gestel word nie. Ek hou baie van myne, en geniet dit elke keer om met hom te skiet.

Last edited by Piet Breedt on Sun Jan 17, 2016 10:05 am, edited 5 times in total.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Netjies! Oom mag maar skiet!
Ek is seker Oom se teiken sal amper so lyk met n Weaver K4 ook.
Ek is seker Oom se teiken sal amper so lyk met n Weaver K4 ook.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Zeelie
- Jr. Member

- Posts: 67
- Joined: Sat Nov 23, 2013 8:14 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Daai was baie netjies oom Piet !!!
Remington 700 .308
RSA 300WSM - Die swart mamba
Savage 243
Howa 22-250
Sig M400
RSA 300WSM - Die swart mamba
Savage 243
Howa 22-250
Sig M400
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Mooi Piet. Ek het so teleskoop op 'n 270win en hy werk vir my baie lekker ook vir jag. Veral waar jy nie naby die bokke kan kom nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Wat is die totale interne verstelling van die scope?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13640
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Lekker Oom Piet, ja daai Rudolphs is baie lekker scopes.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Baie mooi geskiet oom Piet. Ek het so paar klagtes oor die eerste V1 reeks gehad soos bv. Side focus wat baie "backlash" het en die eye piece wat baie speling gehad het. Ek het in tussen die Varmint model 6-24x50 aangeskaf en al die vorige foute is aangespreek en is regtig baie goeie waarde vir geld. Ek kan maklik 6mm gate op 300m sien as die weer gunstig is en nie te veel mirage het nie.
Ek sien op hulle webwerf lyk dit of daar 'n FFP model so van April af beskikbaar gaan wees. Gaan definitief een aanskaf as hulle land.
Ek sien op hulle webwerf lyk dit of daar 'n FFP model so van April af beskikbaar gaan wees. Gaan definitief een aanskaf as hulle land.
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Ek het van die eerste C1 met verligte kruishaar gekoop en het goed geskiet. Ek het gevoel dit is goeie waarde vir geld. So n rukkie terug het hy opgepak, die paralaks verstelling draai net in die ronte. Ek het baie goeie diens gekry van Rudolph en hulle het hom dadelik vervang met een sonder verligting omdat hulle nie meer daai model maak nie. Twee dae later het ek die nuwe een gekry. Kan sien dat die nuwe een baie verbeter is. Tussen ek en my seun het ons drie van hulle.
Die enigste ding wat ek nie van hou nie is die eye relief. Dit is kort en jou kop posisie moet baie presies wees om nie skaduwees te he nie. Kan dit nou nie vergelyk met my NF nie. Ons skiet tot 1000m met hulle en die glas is goed genoeg daarvoor. Vir wat jy betaal is dit n goeie teleskoop.

_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1703
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Dit was seker n helse aanpassing vir oom Piet om op sulke kort afstande te skiet...
Ek het vandag gou my 25-06 gaan instel en die nightforce gezero. Hoop om die springbok ten minste te tref met on tak skiet volgende saterdag by rooikraal.
Wat prys die rudolph nou oom Piet? Ek weet van n paar pelle wat in die mark is vir brille vir die sport skiet tabelle van sajwv.

Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Sien elders hier op Jaracal die spesiale aanbiedinge van Safari Outdoor op alle glas. Goeie pryse op die Rudolph.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
More manne, hoe vergelyk die Tactical teenoor die Sightron SIII
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Piet, daai is darem mar uitstekend geskiet! Baie geluk.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
n Beter getuigskrif as daai teiken kan Rudolph nie kry!
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Ek kan ongelukkig nie kommentaar lewer tussen die 2 nie. Soos die manne hier bo noem, die ouer modelle was nie so great nie, mar die nuwe modelle is baie beter.Vantheman wrote:More manne, hoe vergelyk die Tactical teenoor die Sightron SIII
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Ek het self n C1 6-24x50 gehad en die kruishaar was vir my fantasties enigste kwaal wat ek gehad het was my Paralaks wat nie so konstand was nie,glas; verstelling ens was vir my baie nice ek sal nie twee keer dink om weer een aan te skaf nie veral as die verbeterings aangebring is soos julle noem. Ek het lanklaas met Dolf gepraat moet hom maar n lui gee.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Mens moet seker Appels met Appels vergelyk. Die Sightron is verseker n baie goeie teleskoop, maar daarom ook so stappie duurder.Vantheman wrote:More manne, hoe vergelyk die Tactical teenoor die Sightron SIII
Wat ek van die Rudolph wil se is dat jy regtig n baie goeie scope kry wat sy man kan staan teen van die bestes op sekere tereine, en nie die bank breek nie. Hy is beslis nie foutloos, maar vir iemand wat nou net begin skiet en op n beperkte budget ook graag saam die groot honde wil blaf, gaan hy beslis nie terleur stel nie. Onthou, nie almal kan van die word "Go" af n Nightforce of Swarovski of Zeiss bekostig nie. En in daardie mark sigment gaan jy ver gaan om die Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical te klop.
Smaak verskil en party persone gaan weer meer hou van iets anders met ander kruishare ens, maar wat ek hier wil beklemtoon is dat die Rudolph regtig uitstekende waarde vir geld is, en doen wat hy moet, ordentlik ook.
Stem saam dat sy eye relief baie sensitief is, maar dit leer jou weer om jou cheekweld konstant en reg toe te pas.
Ek kom nou al n lang pad met Rudolph scopes en dink hierdie een is sover die beste. Nog elke keer as daar n klagte was oor een of ander aspek van die scope het Dolph dit aangespreek met die volgende model. Dit opsigself spreek boekdele van sy commitment teenoor sy kliente.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Wat is die totale interne verstelling van die scope?
Weet julle wat kos die scopes?
Weet julle wat kos die scopes?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13640
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rudolph 6 - 24 x 50 Tactical scope toets
Arnold so 66 Moa as ek reg getel het, hulle is so tussen 9-12k hang af wa jy koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.