Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post Reply
User avatar
Tikka_25-06
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm

Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post by Tikka_25-06 »

Hi Manne

Ek het n opsie om bogenoemde teleskoop te koop vir R2500.

Hy sal op my 375 h&h gaan vir jag.

Nou die vraag is of hy die recoil sal hanteer?

Is die prys reg?

Enige probleme op die teleskope wat iemand van weet.

Hoor graag van julle.......
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post by Sako75 »

Die scope behoort waarskynlik die recoil te kan hanteer.

Die prys is nie buitensporing nie.

Maar 'n 8x56 sal nie deug vir 'n 375 nie, na my mening. Die vegroting is te groot en gaan dit baie moeilik maak om iets in die beeld op te tel op korter afstande waar mens 'n 375 gebruik en/of die dier gaan die hele beeld vol staan en mens sal moeilik die kop van die stert kan uitken op korter afstand.

As 'n vaste vergroting jou voorkeur is sal 'n 4x of hoogstens 6x meer paslik wees vir 'n 375. Veranderlike vergrotings gee meer opsies, iets in die koers van 1,5-6x42 of 2-8x32 kan goed werk. Spaar dalk bietjie meer om 'n gepaste teleskoop te kry as dit moet.

Hierdie is egter net een mening en ek is seker ander manne kan gewigtiger klippe in die bos gooi.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post by Thunderhead »

Hi ek sal glad nie n vaste vergrooting op n 375 opsit nie . Lynx maak n 2 tot 7 x28 wat baie lekker werk of n leupold 2 tot 7 x32 varix3.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post by cassie_calvinia »

ek dink weer meer na R1500 is regte prys.
stem saam, sal net nie goed lyk op 375 nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Tikka_25-06
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm

Re: Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post by Tikka_25-06 »

Dankie vir die raad manne daars wel ander opsies soos om my 25-06 se 3.5-10x50 vortex op die 375 te sit. En dan die lynx op hom.

So 2de vraag is die teleskoop waarde van R1500? Hkm so min is dit maar net nie n goeie teleskoop of glas kwaliteit swak???

Laat weet maar ek is oop vir enige terugvoer.

Dankie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Lynx 8x56 proffesional Koop of Nie koop raad???

Post by cassie_calvinia »

dink nie hy is sleg nie. ek het hele paar jakkalse met hom geskiet.
maar het nie baie van hom gehou nie.
hang seker ook af hoe oud hy is. seker maar tussen R2500, en 1500.
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply