Nag van die Groennes

Closed Group for jackal hunters only. Geslote groep vir jakkals jagters alleenlik
Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Nag van die Groennes

Post by NicoSmit »

Gisteraand het ek uitgegaan daar naby Maropeng op 'n plaas om die 2016 seisoen te open . Ons het skaars gesit toe klap ek een ,na so uur of wat wat die jakkalse orals om ons roep en te kere gaan besluit on toe om te skuif gaan tel die jakkals op en siedaar 'n gekollerde en getag te jak Dis toe ek daai feeling in my gat kry die aand gaan nog interesant word . Skuif toe so ent aan en met die geskuiwery kry ek toe mos die bakkie aan die anderkant van die heining wat vir my wag . toe weet ek vanaand gaan baie interesanter word as net jakkals jag . In die middle van nerens klim hier 'n jonge dame stoksiel allen uit die bakkie en na die gewone groetery begin sy my sommer ondervra, my moer meter begin toe sommer dadelik klim . Want wat het dit met haar te doen in die eerste plek ek is nie op hulle grond nie en het toestemming met papiere en al .Dan is daar nog so irreterende ou op die radio wat heeltyd wil weet wie ek is .Na sy uit eindelik by haar kant kom vertel sy dat sy en haar baas Rob Harrison White doen navorsing op jakkalse en dat ons hulle nie moet skiet nie want hoe meer ons skiet hoe meer vang hulle en so gaan sy aan met statistieke en persentasies dat ek haar naderhand moet stop en vra wat stel sy voor hoe ons roofdier beheer moet toepas en toe kom die storie van klokkies ligte honde en oppassers nou ja toe lag ek lekker vir haar idees . Sy vra toe dat ek asb nie gekollerde jakkalse moet skiet nie . ....en raai wat hang toe aan die hak . Onmiddelik is sy weer op die radio en toe spat die bollie Ek word beskuldig dat ek die jak op hulle grond geskiet het ,dat ek moes sien dat hy gekoller is ,dat ek in hulle rigting skiet en hulle soek daai jak onmiddelik of hulle bel die polisie . Toe skiet my moer meter in die rooi Ek sê vir haar sy kan haar baas sê hy moet eers die boer bel voor ek die jak vir hom gee want dis die boer se jak hy is op sy grond geskiet . Dit was net om hardegat te wees seker so 5 min later toe bel hy terug en sê ek kan die jak vir hulle gee. Maar so tussen ons baklei en gesels kom dit uit dat hulle ook navorsing gedoen het in die karoo en vir Taffie en Heinrich ken .So ek dink ek is nie so in die goeie boekies van die groenes vanoggend nie maar "check die worry in my eye". Die boer is baie happy oor die jakkalse wat geskiet is ek sal maar nie sy bewoording hier sit oor die hele afere nie ek mag dalk net 'n geel kaart kry agv taalgebruik
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Nag van die Groennes

Post by Freddie101 »

Interressant Nico.

En wat behels hulle navorsing nou. Jy het mos nou sommer bewys dat hulle jakke rondloop. Is jammer jy het nie pens oopgesny en iets inkrimenerend gevind nie. Sou nogal lekker gewees het om skaaplam se wol in daai jakkie te kry en te vra vir vergoeding. Die beste is maar om hulle te vra om skadevergoeding te betaal as jakke skade maak. Ek wil wed dan raak hulle stil.

Groete Freddie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nag van die Groennes

Post by Capt. Yoda »

Wat soek hulle op die boer se grond wa jy skiet?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Nag van die Groennes

Post by NicoSmit »

Die ou is al 4 jaar of langer besig met sy navorsing weet nie wat gaan die ou bevind wat ons reeds nie weet nie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Post Reply