Die 284 en 285 ding is 'n kannetjie wurms.
Eerstens Musgrave: Toe Bennie en Trevor nog die fabriek bedryf het, was Europese 7mm gewere .285" (7.24mm) en met die regte spiraal van 1:8.6 gebou. Toe die regering die fabriek begin bedryf het, was dit aanvanklik ook so, maar die gehaltebeheer het versleg tot op die punt waar mens nie kon se wat 'n 7mm sou wees nie. Ek het nognie 'n Musgrave VSA 7mm gekry met 'n Euro loop spesifikasie nie, maar ek het al heelwat oorspronklike 7x57 en 7x64 Musgrave gewere gesien wat VSA spec lope op het. Ek het twee weke gelede weer een gemeet met 'n 284 loop en 1:9.5 spiraal. Dit is eintlik 'n 7mm RM loop. So, die enigste manier met 'n Musgrave geweer is om die loop te meet. Dit is 'n bietjie moeite maar mens doen dit net een keer, dan weet jy.
Die VSA vervaardigde gewere is deesdae almal .284". Die uitsondering is Ruger, wat vir 'n kort tydjie 7x57 gewere gebou het. Ek het 'n raar een gesien so 'n paar jaar terug. Dit is 'n Remington Mountain rifle in 7x64. Dit het 'n .284" loop op met 'n 9 spiraal so dit is dieselfde loop wat hulle op hulle 7-08 gebruik.
Die Europees vervaardigde gewere hou hulle by die onderskeie spesifikasies van SAAMI (VSA) en CIP (Europa). So, 'n Sako of Steyr 7x64 sal .285" wees en hulle 7mm RM gewere is .284"
Die verskil in dimensie is nie 'n treinsmash nie, solank mens weet wat jy het en die koe?ls dienooreenkomstig kies.
Sierra en Sako het albei op 'n stadium koe?ls gemaak in .285" maar ek het dit baie lanklaas gesien. Die GSC HP reeks (sonder dryfbande) word net in .284" gemaak. Met monometaal koe?ls wat gladde of gegroefde skagte het en nie dryfbande nie, kan geen vervaardiger die kans vat om .285" koe?ls te vervaardig nie. Dit is net 'n kwessie van tyd voor iemand die 7mm etiket sien en die 7.24mm/.285" deursnee etiket ignoreer en dan sy 7mm RM of 7-08 opblaas. Met dryfband koe?ls maak dit nie saak as die koe?ls verkeerd gebruik word nie, al wat ingeboet word is looplewe en akuraatheid. Daar is geen gevaar nie.
Nico, dit is interessant dat ek die 284 reeks aanbeveel het. Watter fabrikaat is die geweer?
Hornady GMX koeels/punte/bullets
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets
Hi Oom Gerard! Oom die geweer is n musgrave model 80 wat in die vroee 80es gekoop is. ek het by oom 30 cal 180gr bestel toe bel oom my om te vra vir watse kaliber dit is. toe vra oom sommer oor die 7x57 en toe stel oom die 120gr en die 130gr voor!
groete
nico
groete
nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets
Gerhard
Ek het n 7x57 Ruger wat ek geackley het. Ek het ook nie geweet daar is twee tipes spesifikasies vir die lope nie. Toe ek en Stefan vandag hieroor praat en ons oor die swak groepering wat sy geweer gegee het met monolitiese koeels was ek toe verbaas oor my geweer se goeie groepering met Barnes X. Ons het toe gewonder of my geweer nie eerder op die .284 mate gebasseer was aangesien hy Amerikaans is nie en uitstekende groepering met Mono koeels gegee het. Snaaks dat ons juis oor die Amerikaners gepraat het wat moontlik die Europese kalibers wel op .284 lope bou!
Net vir interessandheid Ruger maak nog steeds die 7x57 maar net in die RSI Interantional wat ek het. Is jy seker hulle maak hom in .285? Indien wel kan ek dan nie die goeie groepering verklaar nie?
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.