Cashflo op Plaas

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Cashflo op Plaas

Post by cassie_calvinia »

So op my vorige post, deel bietjie julle planne.
ek soek net 'n aanvulling, dat die maande nie so bitter lank raak tussen die skaap skeer, en lammers bemark nie.
nou net nie se ek moet wingerd plant, en kelder posit nie asb
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Willie »

Wens ek het geweet wat die antwoord is
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Cashflo op Plaas

Post by Boesman10 »

Omhein en sit wild in en dan kan jy jag bedryf in die ander maande :-)
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Pvdw »

Hoenders??
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Sarel »

Hang af van die aanvraag van produkte....................

Hoenders....... hoender eiers..........

Ys vervaardig en versprei in omgewing........

Skaap kaas maak en versprei? http://landbou.com/bedrywe/diere/vroueb ... maak-kaas/

Wat van 'n 4x4 roete, met oorslaap geriewe?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by cassie_calvinia »

dalk moet ek ook maar na 'n skaap voerkraal kyk.
mark is nader, en makliker
HOU HOM DAAI DIKTE
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Cashflo op Plaas

Post by Riebeeker »

Sal maar bars om hoenders en hoendereiers goedkoper te kan verskaf as die local Spar. Ys is 'n plan, maar al die ouens by wie jy aflaai nooi jou ook vir 'n bier en dan drink jy gou gou al jou wins uit - nie 'n slegte manier nie, maar sit nie baie kontant terug nie.

Kaas maak is 'n gespesialiseerde bedryf en verg baie werk en noukeurigheid.

OK, genoeg die ander manne se planne afgeskiet - vra bietjie rond hoeveel geld betaal die staat aan subsidies vir arm/ou/siek mense en kinders daar in Calvinia. Jy sal verbaas wees hoeveel dit is. Een van jou buurdorpe betaal maklik R250K per maand uit aan die begunstigdes. Tweede vraag, waar gaan al daai geld heen en kan jy dit beter/vinniger of goedkoper verskaf as die huidige verskaffers. Ek het op my rug geval toe ek uitvind wat die arme mense betaal vir 'n lift dorp toe en terug. So is daar baie dienste en produkte waarvoor mense bykans enigiets sal betaal.

CK Prallahad se boek oor die Bottom of the Pyramid sal vir jou nog idees gee:
1. Brood in kleiner eenhede as 'n heel brood;
2. Los sigarette
3. Los weggooibare doeke

Sterkte
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by cassie_calvinia »

ek hoor jou, maar ek sit 60km van naaste dorp af. so dit moet maar van my plaas af geskiet. kan maar iets bou. maar moet werk, en volhoubaar wees
HOU HOM DAAI DIKTE
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Apie »

Hok geteelde vaal ribbok jagte......
regal
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by regal »

Jy se 60km van calvinia af, middelpos/sutherland se kant toe?
francois
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Lamtjop »

Dorpers!!!
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Cashflo op Plaas

Post by henning »

Dit lyk of skaap jou antwoord is.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Jackalsniper »

Verbeter jou diere se Genetika. Voeg waarde by jou bestaande bydryf, sodat jy meer kry vir jou produk. Doen als in jou vermoe om jou kudde te verbeter.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by cassie_calvinia »

Jackalsniper wrote:Verbeter jou diere se Genetika. Voeg waarde by jou bestaande bydryf, sodat jy meer kry vir jou produk. Doen als in jou vermoe om jou kudde te verbeter.
ek vra nie hoe om te boer nie
HOU HOM DAAI DIKTE
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Dewitt »

Jy kan maar vergeet van skaapvoerkraal as jy nie slaghuis ens het nie - geen geld daarin nie. Jackalsniper praat waarheid, jy sal verbaas wees wat jy op jou sefde grond met selfde hoeveelheid skaap kan doen deur daardie dinge intensief toe te pas. Ek weet ook boere wil nie geleer word nie - ek is self een.

Groete
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by cassie_calvinia »

ek is terdee bewus van kwaliteit. en daaraan werk mens elke dag.
maar, ek soek juis iets wat ek nie my veld benodig nie.
wat ek kan opsit of bou op my werf.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by WitWillem (Charl) »

Daar in die Noord Kaap is n tannie wat beskuit bak dat dit klap op hulle plaas.. N hele fabriek! Dink sy het selfs sakevrou van die jaar op n kol gewen.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by tripodmvr »

Cassie, ons kan jou baie grappige bedrywe voorstel, maar dit gaan jou nie help met jou probleem nie. In my bedryf is dit soms oorvloed en dan droogte, so ek verstaan jou probleem terdeë. Jy sal iets moet soek wat maandeliks 'n meer konstante inkomste toon. Is daar ander vleisproduksie wat soiets kan realiseer - konyne of soortgelyk? Hoendervleis en eiers is bitter gespesialiseerd en baie arbeid intensief.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Dewitt »

Hier is vanjaar baie manne wat uiesaad probeer. Dis 'n eerste in Williston en hul het nou geoes, sal maar later hoor wat sê die somme.
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Cashflo op Plaas

Post by BeesBreet »

Ek het met selfde tipe probleem gesit, toe begin Ek kuilvoer sny en al my uitskot self afrond, verkoop elke maand n paar stuk vet koeie... Dit my gehelp
Skaap voerkraal het vir my gewerk toe ek naby n dorp en n bank was, maar het weereens my eie graan gebruik, wat kosprys was.
Wat van moontlik groente verbou in daai wereld? Of snyblomme? Ek het geen ondervinding daarvan nie maar dit is dalk n moontlikke vertakking?

En ek het van die ys idee gehou
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Cashflo op Plaas

Post by Andre308 »

Cassie, hoe lyk die water stories daar by jou? En hoe lank sal jy die projek wil tyd gee voor hy homself kan dra?

Ek weet KWV het paar jaar trug weer plek gesoek vir Moeder plante. Die manne wat dit doen smile lekker.

Kyk of so iets vir jou kan werk.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Willie »

Wortel en uie vir saad werk bleikbaar. Arbeid kan 'n probleem wees.

Cassie kan jy nie self slag en vleis direk aan Jan publiek verkoop nie ? Daar is manne wat dit op klein skaal doen en redelik geld maak.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by sako 30-06 »

Wat van hase teel vir slag doeleindes?

Was glo n groot tekort oor die kerstyd vir die rasse wat dit as n tradisionele dis beskou oor kerstyd.

http://modernfarmer.com/2013/05/are-rab ... uper-meat/
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by Ratel »

Cassie ek weet nie of dit by jou wereld sal aard nie. Ons het een jaar 'n stukkie brak land gehad en sommer boer pampoene geplant. Daai jaar het ons vragte pampoene aan die Portugues in die dorp verkoop. Nie veel arbeid nodig nie.
Maak 'n verskil
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Cashflo op Plaas

Post by PWV »

Cassie
My pa het destyds vir my gesê dat hoenderboerdery nie almal se maat is nie. 'n Hoender skrop agteruit!

As jy baie water het, is die opsies natuurlik beter.

Sal nog eendag by jou uitkom!
Groetnis
Post Reply