Trijicon Scope

User avatar
boepensie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Dec 22, 2015 5:26 pm

Trijicon Scope

Post by boepensie »

Gister op die skietbaan het ek weer besef dat ek nou moet aanvaar dat my "baie ou" Ultra-Optic scope op my 243 nou outdated is.

Ek wil langer afstande begin skiet (200 m +) en dus wil ek nou begin kyk na 'n bekostigbare nuwe teleskoop.

'n Baie goeie vriend het aanbeveel ek kyk na die Trijicon scopes. Ek weet van die maak, maar het geen kennis verder van hulle nie.

Wat sal julle manne voorstel.

Budget is so om en by die R 8000 na R 10 000.

P.S. Ek wil ook my "OU" Lynx op die 30-06 vervang so moet maar die finansies in die agter kop hou.

Ek hoor graag wat julle voorstel.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Geno »

Vir daardie geld gaan jy moeilik 'n Vortex HS reeks teleskoop klop.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Capt. Yoda »

Koop vir jou n Rudolph T1 6-24 en skiet tot waar jou 243 se koel uit die lug uit val.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Trijicon Scope

Post by Andre308 »

Capt. Oblivious wrote:Koop vir jou n Rudolph T1 6-24 en skiet tot waar jou 243 se koel uit die lug uit val.
+1
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Trijicon Scope

Post by 1250bandit »

+1 vir die Vortex op daai begroting. Kyk ook na Sightron. Trijicon is goed, maar hulle lanafstand scope - die TARS- is na my mening so bietjie duur ........ so om en by R 55 000. Daar is beter langafstand scopes vir daai prys.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Trijicon Scope

Post by Pinkes »

Capt. Oblivious wrote:Koop vir jou n Rudolph T1 6-24 en skiet tot waar jou 243 se koel uit die lug uit val.

Daai wat Kaptein Hartseer voorstel,maar die wat nommers op sy dials het.Want 'n sticker geplakkery
gaan jou miskien net pla... >:+
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Capt. Yoda »

Nee die stickers werk net vir SA se jagter goedjies verder as dit gebruik mens jou somer om die nommers te roep dan draai jy net
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Trijicon Scope

Post by Sangoma (IAN) »

As jy n Trijicon kan kry vir R8-R10k koop hom sommer dadelik!

Jy kan def nie Trijicon met Rudolph vergelyk nie.

Ferrari vs Beatle
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Capt. Yoda »

Nou verduideliktog vir ons hoekom jy so sal se? Het jy al een van die 2 scopes gehad? Ek het al van al 2 die make gehad so ek weet ok bq wa van ek praat en ek skiet ok gereeld so bq verder as 200m met Rudolph, March, Zeiss en baie NFe. Trijicon se groot scopes is nie regtig so wild nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Trijicon Scope

Post by Sangoma (IAN) »

Chinese VS Japan/USA

Die een kos R6 000 waar die entry level op die ander maak R12 000 kos. Nie heeltemal appels met appels nie.

Ek sal ook nie n Trijicon koop nie, in my opinie heeltemal te duur vir wat jy kry. Trijicon verskaf n klompie produkte aan militere instansies. Rudulph, ha ha ha...

Eks nou nie eintlik lus vir n lang en uitgerekte debat oor die topic (Trijicon VS Rudolph) nie.

Kappie, kom ons gan drink eerder n bier dan kan ek en jy lekker stry oor scopes, guns
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Capt. Yoda »

Ian ek wil nie lelik wees nie maar jy weet nie lekker wat jy nou van praat nie.Die Rudolph word in Japan gemaak en nie in China of Philipeine waar die Sightrons gemaak word nie O0 en hy kos R12 000, hy HET beter glas as die Trijicon, die Rudolphs track 100% van 1200y tot 100 elke keer en ek doen diy tenminste een keer n maand.Ek weet nie hoe die Trijicon Accupoint 5-20x50 van n 1000y af terug stel nie want met die 40moa interne verstelling wat meine gehad het kan jy nie eers tot daar skiet nie. Moenei Ferari vs Beatle stellings maak as jy nie die 2 produkte ken nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Trijicon Scope

Post by Sangoma (IAN) »

Ok, koop dan n Rudolph
Rath1976
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Sun Jan 26, 2014 10:59 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Rath1976 »

Ek het 'n Sightron SIII en 'n Rudolph T3.

Mal oor altwee maar ek sal my sightron vir niks verruil nie.
Skiet gereeld met my broer se NF benchrest en ek verkies sightron bo die NF ook. Die sighton is net so betroubaar sou ek se. Opsoek na die SIII 50x60 want ek skiet tans die SIII32x56.

As jy R10k wil spandeer, laat dit liewers op 'n Sightron gaan.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Capt. Yoda »

Besluit net hoe ver jy wil skiet. Jy het nie n 24x vergroting nodig as jy net tot 500m wil skiet nie en dan kan jy n lekker 14x of 16x of self n vaste 10x vergroting met goeie glas koop.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eric the viking
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Wed Oct 03, 2012 5:25 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Eric the viking »

I just bought my dad a scope as a gift. i bought the Rudolph T1 6-24x50.
I have so much praise for that scope right now.
I have a vortex viper 6-24x50 pst ffp on my rifle and we had them side by side.
Both my dad and I could swear that the Rudolph had a clearer and more 'crisp' image out to +-370m. we couldn't go further than that. Tracking, well they both did it 100%. And i love that t3 reticle.

For 10 G its hard to beat the Rudolph.
User avatar
boepensie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Dec 22, 2015 5:26 pm

Re: Trijicon Scope

Post by boepensie »

Dankie vir al die terug voering.

Op die oomblik lyk dit vir my dat ek eerder my "budget" moet verhoog en eers net die 243 se scope vervang.

Kom ons kyk na die R 15 000 prys klas, wat is jullie voorstelle?
Eric the viking
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Wed Oct 03, 2012 5:25 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Eric the viking »

Same as above and spend the rest on more bullets, powder, primers brass etc...
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Basie2 »

Jammer ek hi-jack....
Watter scope, brand en vergroting, kan gekoop word vir R5000 om op 30-06 te sit as jy nie verder as 300 wil skiet nie? Uitsluitlik jag.
Huidiglik '89 tasco (Japan) 3-9x40 TV view op

Dit was my geweer wat ek vir skoonseun gegee het, maar iets jeuk nou! (Persoonlik glo ek nie hy gaan 'clear' scope kry vir daai 'zuma dollars' nie)
karoo.vellies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm

Re: Trijicon Scope

Post by karoo.vellies »

Ek hou maar van die Lynx scopes, jy kan LX2 3.5 - 10x50 kry vir bietjie minder as R5k, dan ook hulle LX2 3 - 9 x 40 en 4 - 12. Baie goeie scopes in my opinie, gaan kyk hulle bietjie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Trijicon Scope

Post by ruaanb »

Basie kyk na die Hawke Endurance reeks. Dit is bitter goeie waarde vir geld daai. Gister weer met my pa se 308 geskiet met een op en weer net besef hoe goed die scopes eintlik is. Suburban guns in die Kaap is die agente en jy kan direk by hulle bestel. as hy breek ruil hulle om.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Capt. Yoda »

Ja die Hawk is n lekker scope die manne het hulle al vir jare op hul pellet gewere gebruik en is baie gelukkig.Hul pryse het die laaste 3 jaar baie op gegaan maar dit is nog n goeie koop.Jy het regtig nie n 24x scope nodig om ver te skiet nie maar jy kan nie n 4-16 na 24x toe draai as jy eendag verder wil skiet nie.Ons het Dec met n 4-16 (as ek reg onthou) Vortex op n 7mm geskiet en jy kon op 1000y die hou net net nie sien, as jy 500-600y wil skiet kan jy lekker skiet met n 16x vergroting.n Scope wat my baie verbaas het ook was n 4-16 Nikon Monarch wat op n 243 was, op 500y kon jy die skote sonder moeite op staal sien en die glas was baie helder.My pa het n Redfield refenge 6-18 op een van sy gewere en vir die geld dink ek nie jy gaan hom somer klop as jy tot 500m wil skiet ni.Kyk.maar net hoeveel interne verstelling die scope het, op n amder geweer het hy n lynx met 24x en alhoewel die glas mooi is en jy ver kan sien hardloop hy hier by 400y al uit verstelling uit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Geno »

boepensie wrote:Kom ons kyk na die R 15 000 prys klas, wat is jullie voorstelle?
Leupold VX3 6.5-20x50 (Gaan dalk 2dehands moet kyk)
Sightron S3 6-24
Zeiss HD5 5-25x50
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Trijicon Scope

Post by Pvdw »

Ek wil langer afstande begin skiet (200 m +)
Boepensie as ek reg verstaan skiet jy nie nou juis gereeld 200m op die stadium nie. Wat beplan jy om te doen?? Gaan jy meestal jag of gaan jy begin fyn skiet op papier ook?

Ek sien die manne gee mooi raad en hulle ken hul scopes. Wat ek net wonder is wat gaan jy doen met 'n 24x scope as jy nooit verder as 250-300m gaan jag met hom nie??? Daarom die vraag, wat beplan jy?

Om eerlik te wees kan jy met groot gemak als jag tot en met 300m en selfs verder met 'n 14 of 16x scope selfs kleiner. Ek skiet/sien/mik met groot gemak na 100mm gonge op 300m met 'n 10x scope.

Bepaal jou behoeftes en oorweeg dalk weer die info hierbo genoem.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 557
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Trijicon Scope

Post by TOKELOS »

Seun jou 100% Pvdw!!
User avatar
boepensie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Dec 22, 2015 5:26 pm

Re: Trijicon Scope

Post by boepensie »

Pvdw wrote:
Ek wil langer afstande begin skiet (200 m +)
Boepensie as ek reg verstaan skiet jy nie nou juis gereeld 200m op die stadium nie. Wat beplan jy om te doen?? Gaan jy meestal jag of gaan jy begin fyn skiet op papier ook?

Bepaal jou behoeftes en oorveeg dalk weer die info hierbo genoem.
"Pvdw", ek het nooit voorheen nodig gehad om verder as 200 m te skiet nie, dit was meestal Vrystaat vlakte en Bosveld jag in Noord Transvaal. Ek het die 243 in die Vrystaat gebruik op blesbokke, ens. en die 30-06 in die bosveld. Ek woon nou in die Wes-Kaap en my jag geleenthede sal almal in die Karoo wees. Soos ek agter kom is die skote in die Karoo om en by 200 m +. Ek beplan om die jaar 'n paar Springbokke te jag as ek 'n geleentheid kry of plek kry.

Ek wil ook met die 243 papier en staal begin skiet op lang afstand. Ek wil my skiet vernuf verbeter en het die geleentheid saam met nuwe vriende om dit te doen.

Huidiglik het die 243 'n ou Ultra-Optic 3 - 9 x 40 op. Ek het gister weer gesien dat teen die Lynx op die 30-06 en my vriend se scopes die Ultra-Optic se glas is baie dof. Dis 'n groot rede hoekom ek die scope wil vervang.

Daar is so baie scopes op die mark en ek is heeltemal uit die storie uit, ek waardeer al die raad en opinies. Dit help baie.
Post Reply