Mooi 2016 aan almal van julle...
Ek en Myburgh was gister Kalahari se kant en het 3 mooi varke geskiet....2 met die geweer en een met die boog op 18m. My vark met die boog het seker nog so 150m gehardloop waar ons hom in die ingang van 'n gat gekry het na 'n goeie dubbellong skoot met Rage Hypodermic 125gr op 64pd. Ek het die vark geskiet terwyl ek stadig tussen die bees geloop het tot so 18m van die vark af...dit werk soos 'n bom.
Dit was 'n besonderse lekker warm dag en die varke was aktief by die krippe....elke sog loop nou omtrent met 3 tot 5 kleintjies. Ek en Myburgh en Ruger my wolbek brak was ook gereeld by die krip om lafenis te soek.
Myburgh het sy vark op 70m geskiet en het nogal mooi tande ook...die ou is baie trots. Al is dit nou so droog kan mens nie glo hoe vet die varke is nie. Die temperatuur was 44 grade in die koelte van 'n Witgatboom, maar dit bly net lekker in die Kalahari....hier wil ek bly.
Hier is so paar fotos.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_051155_resized_zpsm0bue8zq.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_051116_resized_zpsekjznl0p.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_084026_resized_zpsxpuidf8l.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_193435_resized_zpsgefvyqd5.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_193454_resized_zpstrxxole8.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_173052_resized_zps1annnfsz.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_101217_resized_zpsz6zxazkl.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_081811_resized_zps7lcypff7.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_082816_resized_zpsl3ddw7aw.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_191944_resized_zpsjng5nfov.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_175319_resized_zpsflmqn9on.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_175050_resized_zpsrxgyutqw.jpg


