Nuwe lid (Baie opgewonde)

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Japtrap
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sun Dec 27, 2015 4:47 pm

Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by Japtrap »

Goeie Middag aan almal wat lees...

Ek lees self al jare lank die forum, kry ongelooflike raad en idees hier.
Ek is wel nou ook uiteindelik deel.

My naam is Mondre Jv Nieuwenhuizen, kom oorspronklik van Pretoria af maar is afgelopoe 8 jaar n Vrystater (Bloemfontein)
Ek het baie min gejag as kind, maar vanaf ek in Bloem is is dit my wegbreek. Die rustigheid en skoonheid van die natuur. Die wete dat ek verantwoordelik is om te sorg vir die vleisies vir die res van die jaar, en die verantwoordelikheid wat in my hande geplaas word om die perfekte skoot te gee om die wild op die regte en etiese manier te jag en te bewaar.

Dankie vir al die raad op die forum, dis baie goed om te sien dat mense nog so gewillig en vrygewig is om mekaar te help. Dit gee baie hoop aan ons jonger klompie.

Ek is baie trots om te se ek my twee droom gewere ge erf by my oorlede pa, maar het twee weke na 2015 se jagseisoen eers my lisensies ontvang...

Hulle sal albeil ingelyf moet word die jaar...

Musgrave .243, Mauser aksie en soos goud opgepas...
Krico 30-06, ongelooflike goeie toestand en reg om te gaan...

Groete aan almal en n voorspoedige 2016
DOEF... INNIE KOP!!! :o

.243 Musgrave
.30-06 Krico
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by PWV »

Baie welkom, Japtrap. Hoop jy geniet dit hier.
Plaas nou net jou woonplek (Bloemfontein) onder jou profiel, dan weet ons waar om jou te kry.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by vriell »

Japtrap..jy sal moet "Mooitrap" vir PWV.... ++>: ++>: ++>:
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by tripodmvr »

Welkom en dankie vir jou baie volledige voorstel van jy as persoon, jou arsenaal en belangstelling. Kyk bo by "User Control Panel" en sit jou blyplek aan soos PWV mooi gevra het. Dit help baie as daar items te koop of verkoop word om maklik te kan sien oor pos of self afhaal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by Heinz Petersen »

Welkom Japtrap. Jy sal jou gate uit geniet hier.
Oom PWV lyk maar so moeilik op sy foto, maat einlik is hy n baie goeie mens. Hy is ook ons nuus man. Daar is ook baasspeurders en nog slim manne hier.
Ek wil bylas by jou bekendstelling, en dit is dit is seker die rede dat die forum so goed aangaan, omdat die manne hulle kennis deel om hulle sport te bevorder.
Lekker kuier hier.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
boepensie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Dec 22, 2015 5:26 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by boepensie »

Baie welkom en geniet dit!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3658
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by Fanta300 »

Baie welkom. Aangesien jy al vir jare saam kuier as roofkyker ;D ken jy darem seker al al die karakters ook >:D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by ruaanb »

Baie welkom!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by JTM »

Welkom Japtrap! Geniet jou droom ysters en gooi paar fotos op een of ander tyd.
Jannie Welman
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by Jacquesb »

Welkom Japtrap.
Geniet die forum.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Japtrap
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sun Dec 27, 2015 4:47 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by Japtrap »

Dankie julle

Ja ek het daardie "Location" blokkie heel mis gekyk.
Soos ek fotos neem en dinge reg kry sal ek verseker dit opsit, en ook my klomp jag vriende verwys om by die forum in te skakel. Hulle is darem ook manne met kennis en "contacts"...

Askuus vir die engels, Kers naweek maak n man moeg om te dink
DOEF... INNIE KOP!!! :o

.243 Musgrave
.30-06 Krico
.303 JAGTER
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Mon Sep 01, 2014 1:56 pm

Re: Nuwe lid (Baie opgewonde)

Post by .303 JAGTER »

Baie welkom Japtrap, jy gaan jou sommer gate uit geniet hier. Hierdie manne ken van.

Groete
Hennie
Post Reply