Amarok reputasie

Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Amarok reputasie

Post by Frikjordaan »

Ek dink daaraan om 'n Amarok bakkie te koop
Ons gebruik 'n 2006 en 1996 Diesel L/cruisers wat ek reken as my goedkoopste voertuie want die goed breek net eenvoudig nooit. Albei het meers as 300 000 kilometers gedoen en dit sluit baie sleepwa trek in. Dit is berg wereld hierdie en ek wonder steeds hoekom die ou mense die huisopstal altyd anderkant die rivier of erge steil bult gebou het. Lorry drywers wil nie hier kom diere oplaai nie so die Cruiser en vierwiel dryf vat die sleepwa bult uit groot pad toe.

Wonder egter of die Amarok ook so betroubaar is. Ons naaste groot dorp met Volkswagen agentskap is Upington 270 kilometer vêr

Maar die Cruiser is ook nie sag op 'n man se lyf nie, het vandag 400 kilometer gery, twee ritte met die groot sleepwa vol bokke.

loop toe kêrel by die vendusie raak wat sê hy sleep ook groot sleepwa met die Amarok en die ry soos Mercedes en is ligter op diesel en hy was nog nooit spyt nie

Nou wonder ek of dit nie dalk 'n roep is nie, hou van die gedagte van "Climate control" met die temperatuur 38 grade
Sal waardeer om te hoor van manne wat ervaring met die Volkswagen het.
frik
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Amarok reputasie

Post by tripodmvr »

Die manne in Australie het redelik lof vir die Amakrok synde hulle ook lang afstande en warm toestande het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Jaco V »

Ek het hierdie raakgelees op die 4x4community forum
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?t=178667

Twee van my kollegas het ook elk cam belt verloor voor 100k op hulle Amarokke....
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Amarok reputasie

Post by tripodmvr »

Gewone cambelt verandering is by 90k op die ander Volksies?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Amarok reputasie

Post by LoopSoosStroop »

Jy wil 'n Japanese voertuig vervang met 'n Duitse ene? Vir harde werk? Good luck daarmee.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Amarok reputasie

Post by blaser »

niks kom by n cruiser nie koop die v8
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Gawie(13mm) »

blaser wrote:niks kom by n cruiser nie koop die v8
Die man soek iets wat suiniger is met die sous. Hy wil nie nog 'n brandstof depo op sy plaas ook laat bou nie. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Capt. Yoda »

Gawie(13mm) wrote:
blaser wrote:niks kom by n cruiser nie koop die v8
Die man soek iets wat suiniger is met die sous. Hy wil nie nog 'n brandstof depo op sy plaas ook laat bou nie. ;D

EK praat gister met n man met een van daai 3.6L Jeep Rubicons, die ding is gedip en gechip en getint en gelig tot die max en hy verduidilik hoe die wae loop. Toe ek hom vra oor Petrol verbruik kry hy so ver kyk in sy oe soos n man wat Kalahari toe verlang na hy 5 jaar in Engeland was en se net as hy mooi in die dorp ry dalk so 4/L ma in die veld kyk hy nie meer nie!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Amarok reputasie

Post by tripodmvr »

Ons het 'n ou 1975 Land Cruiser gehad - kort of lang pad - 4km per liter. Daai 4.2 petrol enjin het seker nie einde nie, maar hy eet hom die sous.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Amarok reputasie

Post by ruaanb »

My broer se ondervinding met die 120kw model as hy dubbelas 7ft Venter see toe sleep.....teen die bulte moet hy maar erg afgear.
Die 132kw model met daai besondere 8spoed ratkas sal dalk heelwat beter doen.

Ek weet net nie of jy die werks modelle in 132kw kry nie.
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Amarok reputasie

Post by Coenie (Swift) »

Ek het die 132 kw Amarok dc, jammer jy is so vêr anders kon ons myne toets met die vrag bokke oor die berg. Dit sal baie sagter ry en ligter op diesel wees as Cruiser. Ek het al dubbel as trailer (bulperd) met 1 bul en 4 koeie gaan haal in Ulco se omgewing en dit was ook berg veld (Ghaap) op en af na die laaiplek en die Amarok was vir my beter as my vorige Hilux D4D waarmee ek al dieselfde gedoen het.

Oor die 300 000km van die Cruiser en dan ry jy net weet ek nie lekker hoe die volksie gaan wees nie.....Teen die Cruiser prys kan mens seker maar 2 volksies koop oor n Cruiser se leeftyd en altyd sag en goedkoop ry.

Sterkte met die besluit.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Apie »

Ons werk Amarok het nou 160000km op.
Dc 120kw handrat.
Pool voertuig so hy word maar mishandel.
Ry daagliks 30km grondpad sleep beeswaens, ens ens.
Geen pyne tot dusver
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Amarok reputasie

Post by Henna308 »

Frik ek ry die 120kW enkel kajuit. Ek het nou maar 60 000km gedoen met hom, so kan nie kommentaar lewer op die 300 000km merk nie. Ek het al 2 keer vragte van 1 ton (min of meer) se vleis agter hom aan gesleep oor die Soutpansberge by Louis Trichardt. Vir altwee ritte was my brandstofverbruik om en by 10km/l. Ek moes in 5e rat teen die bulte uit maar sien dit nou nie rerig as 'n probleem nie. Wat rygerief aanbetref is hy verseker gemakliker as die enkelkajuit Hilux. Ek het al een rit Hoedspruit toe en terug gedoen van Pretoria af en my gemiddelde brandstofverbruik was 13.5km/l, maar dit was sonder 'n vrag en kon nog nie weer daar uitkom nie, maar oor die laaste jaar werk hy uit op 12.5km/l soos wat ek dit in my logboek skryf. Die 'cam belt' moet wel op 90 000km geruil word, so as hy breek op 100 000km dink ek dis maar die eienaar se skuld en nie 'n swak ontwerp nie...

Wat Duitse ingenieurswerk aanbetref, wonder ek of die Toyota manne sal sê dat die Mauser 'n onbetroubare geweer is wat glad nie gaan hou in die jagveld nie... En seker dieselfde oor 'n Zeiss teleskoop...

Groete
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Amarok reputasie

Post by blaser »

gawie
wat laat jou dink die v8 cruiser is swaar op diesel
gelukkig is hier in my wereld ook nie n tekort van diesel nie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Amarok reputasie

Post by Chevvy SS »

blaser, my vriend het 'n nuwe een-7.5km/l as hy mooi ry.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Amarok reputasie

Post by blaser »

ss ek kry so 8.5 maar alle dinge is gedoen en daarmee is ek happy diesel is volop hier waar ek bly
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Hein M. »

blaser wrote:ss ek kry so 8.5 maar alle dinge is gedoen en daarmee is ek happy diesel is volop hier waar ek bly
Turkeye - met die ISIS diesel? 8)
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Amarok reputasie

Post by Chevvy SS »

Hein M. wrote:
blaser wrote:ss ek kry so 8.5 maar alle dinge is gedoen en daarmee is ek happy diesel is volop hier waar ek bly
Turkeye - met die ISIS diesel? 8)
Blykbaar is Cruisers die ligste as jy vuil kookolie ingooi. Mens moet vir Stefan764 sê hy moet sy petrol een verkoop en 'n diesel kry, want hy kan net elke 2de dag werk toe ry- die ander dae moet hy loop.
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: Amarok reputasie

Post by Arnold van Wyk »

Moenie spot oor vuil kookolie, my pel het nou al oor die 200 000 km gedoen op sy eie bio-diesel, moet net nie agter staan nie jy raak vreeslik honger ruik soos steers.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Alwin »

My ondervinding van Amaroks: My bure ry van die bakkies. Ek kry hulle gereeld op die pad met net een koplig wat brand. Vraag: Hoekom vervang jy nie die gloeilamp nie? Antwoord: Gloeilamp is reg, agente sê dis die "computer" wat die ligte beheer, wat rondfoeter. Kan hom nie reg geleer kry nie...

Gaan vind uit wat kos die geskeduleerde diens op die Amarok. Meeste Toyotas kan jy self diens sonder om die ding aan 'n rekenaar te koppel wat met die hoofraam moet gesels en toestemming kry om jou bakkie te laat loop. Daai besparing op die brandstof betaal jy weer in met die diens-slag.

Ek is eintlik 'n groot VW "fan", want ek pas nie altyd lekker in die snapsnese se sitplekke en kajuite nie.

Die duisters kan wel pistole, gewere, teleskope en karre bou. Maar van rewolwers en bakkies weet hulle nie te veel nie. Die MB Gelandewagen is gesamentlik met Steyr-Daimler-Puch (Oostenryk) ontwikkel en is die uitsondering op die reël. Siende dat die Amarok se wortels eintlik in VW Brasilië lê, is Rossi en Taurus eintlik die beter wapen-verwante ekwivalente.

Besluit of jy 'n luukse, hoogs tegnologiese stadsbakkie, of 'n ongerieflike, stamperige werkesel wil hê.

Ek sal graag wil sien dat VW 'n Ama-"broek" bou. ++>:
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Apie »

Alwin Fleischmann wrote:My ondervinding van Amaroks: My bure ry van die bakkies. Ek kry hulle gereeld op die pad met net een koplig wat brand. Vraag: Hoekom vervang jy nie die gloeilamp nie? Antwoord: Gloeilamp is reg, agente sê dis die "computer" wat die ligte beheer, wat rondfoeter. Kan hom nie reg geleer kry nie...

Gaan vind uit wat kos die geskeduleerde diens op die Amarok. Meeste Toyotas kan jy self diens sonder om die ding aan 'n rekenaar te koppel wat met die hoofraam moet gesels en toestemming kry om jou bakkie te laat loop. Daai besparing op die brandstof betaal jy weer in met die diens-slag.

Ek is eintlik 'n groot VW "fan", want ek pas nie altyd lekker in die snapsnese se sitplekke en kajuite nie.

Die duisters kan wel pistole, gewere, teleskope en karre bou. Maar van rewolwers en bakkies weet hulle nie te veel nie. Die MB Gelandewagen is gesamentlik met Steyr-Daimler-Puch (Oostenryk) ontwikkel en is die uitsondering op die reël. Siende dat die Amarok se wortels eintlik in VW Brasilië lê, is Rossi en Taurus eintlik die beter wapen-verwante ekwivalente.

Besluit of jy 'n luukse, hoogs tegnologiese stadsbakkie, of 'n ongerieflike, stamperige werkesel wil hê.

Ek sal graag wil sien dat VW 'n Ama-"broek" bou. ++>:
Ons werk Amarok word vanaf 90000km deur n privaat ou gediens.
Die "daylight running lights" se gloeilampe hou net so lank en is n doodgewone gloeilamp wat jy by midas koop.
Swak tegnikus.
Die ligte word nie deur die rekenaar beheer nie maar deur n relay.
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Striker. »

Ek ry self eerder met 'n "stads" bakkie wat krag het om te versnel en iets ordentlik te sleep as met 'n "werks/plaas" bakkie wat jy moet smeek en in die ratkas rond speel om iets uit die ding uit te kry wat hulle 'n enjin probeer noem.
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Amarok reputasie

Post by blaser »

so jy se die v8 cruiser se enjin is n ding wat nie krag het nie
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Amarok reputasie

Post by Melckman »

Hi kêrels. Ek wil ook net my 2c ingooi hier: ek het nou al 125,000km op my 90kW SC gesit sonder 'n dag se moeilikheid. Ek sleep gereeld 'n tweeperd wa sonder die sogenaamde afrat-probleem waaroor almal (wat nie Amarok'e ry nie) kla. Ek het nou al 'n leeftydgemiddeld van 7.6l/100km wat brandstofverbruik betref en ry omtrent 4,000km 'n maand oor 'n verskeidenheid van tipes paaie: langpad, N1-verkeer, grondpad, sleep, gelaai, ens. Ek gee nie vir een oomblik voor dat 'n Amarok beter is as ander bakkies nie, maar kan met 'n geruste hart ook se dat hy verseker nie slegter is nie.
Post Reply