Ek sit met 'n probleem met bokke wat draadkruip, en sommer erg. As daar net 'n klein gaatjie deur iets onder stock proef draad gemaak word, dan is hulle daar deur. Indien daar nie so iets is nie, dan klim hulle sommer soos mens deur die draad. Ek is moeg vir hulle maniere
Nou die vraag: hoe maak ek met elektrifiseer? Ek wil basies die plekke waar hulle deurkruip net lewendig maak met 'n kort draad van +- 20 meter, en dan die elektrisiteit skuif na die volgende plek waar daar gekruip word. Sodoende wil ek hulle so bang maak vir 'n draad dat glad nie gekruip word nie, hulle moet nie weet of die draad se byt of nie.
Ek het staaldraad, 'n 115 amph sonkrag battery en 75w sonpaneel, maar ek vermoed dit gaan te min wees. So , ek vra raad asb om so 'n stelsel op en aan die werk te kry.
Enige raad sal waardeer word.
Baie dankie
Kalahari
