Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post Reply
Marcel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun May 25, 2014 5:28 am

Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by Marcel »

Dag Vriende!

Soos die onderwerp verwys; wil ek graag weet watter wildsbokke aard op die Roggeveld Plato. Ek vra omdat ek my oog op 'n naweekplasie (ongeveer 1000 ha) het waarop ek graag 'n bietjie wild sal wil vestig, indien ek besluit om die plasie te koop. Tans kom daar die normale kleinwild voor soos steenbokkies, duikers en vaalribbokke in beperkte getalle. Die gawe jong man op die buurplaas het aangedui dat springbok byvoorbeeld nie daar sal aard nie, omdat dit sneeu in die veld. Die plasie is reg bo op die platorand. Hy stel toe swartwildebees voor, aangesien die gras teen die rante se hange ook redelik welig groei. Sy nguni-beeste wei tans daar en die karoobossies op die vlakte gedeelte is erg verniel deur oorbeweiding en sal die bossieveld vir 'n hele aantal jare skaapvry moet rus.

Nou wonder ek of die springbokke regtig nie sal aard nie en dink byvoorbeeld aan blesbokke en takbokke. Ek is nie seker of Noord-Kaap Natuurbewaring ook die verskuiwing van takbokke tussen plase / gebiede verbied soos die ouens van die Wes-Kaap nie. Miskien kan iemand ook lig op daardie onderwerp plaas.

Ek sal dit regtig waardeer as daar manne is met kundigheid wat my moontlik kan lei.

Groete!

Marcel
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by Sako75 »

Rooiribbokke, bergkwaggas, bontebokke (maar hulle is nou ver te duur)

Ek sal maar eers mooi oor blesbokke by ouens in die omgewing uitvind. Ek verstaan hulle maak oorbeweidingskolle is die veld nie 100% reg is vir hulle nie.

Die veiligste roep sal seker rooiribbokke wees as 'n begin.
Marcel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun May 25, 2014 5:28 am

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by Marcel »

Dankie vir jou raad Sako 75, ek sal dit in gedagte hou. :)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by cassie_calvinia »

springbokke vrek op 'n streep in die roggeveld. takbokke.
die roggeveld is maar 'n harde wereld.
HOU HOM DAAI DIKTE
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by wlm »

Marcel
Springbokke aard goed, so ook Blesbokke. Takbokke word nie deur gewone 4 voet 6 duim jakkalsdraad gekeer nie, hulle spring met gemak oor.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by cassie_calvinia »

wlm, buite die roggeveld ja, maar hier in die diep roggeveld maak hul niks
HOU HOM DAAI DIKTE
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by wlm »

Cassie
Ek was sommer bietjie moedswillig en het het jou doelbewus geterg. Marcel moet eers kom vertel watter deel van die Roggeveld hy in bly.
Marcel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun May 25, 2014 5:28 am

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by Marcel »

Dankie Cassie en Wim.

Cassie jy sê dat Springbokke vrek op 'n streep. Is dit weens temperatuur verskille, of areas waar dit selfs sneeu, of verskille in die veldtipes? Help my verstaan asb.

Nee Wim, ek bly nog nie daar nie, ek oorweeg nog of ek die plek moet koop en of ek maar moet wag en kyk of daar nie 'n springbokvriendelike stuk grond elders kan kry nie. Die grond waarin ek belangstel is reg op die Roggeveld platorand en die afgrondskranse vorm deels die suidelike grens. Indien ek sou koop sal Ek daaraan dink om die draad te lig, nie vir vrystellingsdoeleindes nie, maar om maar net die wild binne te hou.

Laastens; wat is die Noord-Kaap regulasie in terme van die vestiging van takbokke waar daar nie takbokke voorkom nie? Ek weet dat Wes-Kaap Natuurbewaring dit heeltemal verbied.

Ek hoor graag weer meer van julle manne.

Groete!

Marcel
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by cassie_calvinia »

roggeveld het nie bossie veld vir springbokke nie. net renosterbos.
HOU HOM DAAI DIKTE
Marcel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun May 25, 2014 5:28 am

Re: Wildsbokke wat aard op die Roggeveld Plato

Post by Marcel »

Baie dankie Cassie, ek waardeer.
Post Reply