Huntopedia

Post Reply
chrisbot
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Nov 17, 2015 9:53 am

Huntopedia

Post by chrisbot »

Het julle manne al gekyk na die Huntopedia app van Wild & Jag? Ek het nog min goed gekoop wat soveel waarde vir geld is!!
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Huntopedia

Post by Wattlegrove »

Ek sal baie graag wil maar my probleem is ek besit nie n krediet kaart nie. Dis al manier hoe ek kan aansluit.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Huntopedia

Post by JacquesT (Stompe) »

Hi Chrisbot,

Ek sien jy is nuut op die forum, gaan stel jouself gerus voor en vertel ons bietjie van waar jy kom en wat staan in jou kluis.

Ek het die App so maand of twee terug gekoop. Ek het hom nooit gebruik nie, so bietjie deur gescroll maar dit was dit. Nie te min het hy nie gepla op my foon nie, en sou ek elke nou en dan 'n notification gekry het van dat daar 'n nuwe video of resep opgelaai was. Verlede week kry ek egter 'n epos van Google Apps af, wat bevestig dat my maandlikse subscricsie fooi van R25 afgegaan het vir Huntopedia. Iewers het ek dit misgelees toe ek die App gekoop het, en sal ek die hou op die kakebeen vat, ek lees te min die fyn skrif. Iederegeval het ek toe kontak gemaak met die eienaar en het hy sonder 'n problem vir my die instruksies gestuur om te unsubscribe.

Persoonlik vir my is al die inligting wat ek soek op die forum beskikbaar, en as dit nie is nie is daar altyd iemand wat jou sal kan help. Hier is ook 'n magdom jag en ander videos wat jou vir 'n week sal besig hou, as Geno meer Jak videos laai sal jy vir 2 weke besig wees ;D

Dis my 2c.

Groete
chrisbot
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Nov 17, 2015 9:53 am

Re: Huntopedia

Post by chrisbot »

Ek geniet hierdie Sportsman Show wat hulle nou op die app gesit het. Ek hoor daar kom nog 5 verskillende jag shows vroeg volgende jaar. Die lekker vir my is dat mens daai inligting nou altyd by jou het, selfs sonder opvangs in die bos.
Post Reply