Njala Jag - Koos Barnard
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Njala Jag - Koos Barnard
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Oom%20Koos/Njalajag.Zeekoepan%20125_zps9yylptje.jpg
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Nee man. Hoekom skiet jy die ding se horing af. Hy gaan mos nou nie lekker mount nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Dag manne
Ek het hierdie njala by my vriend Willem Basson van Zeekoepan naby Pongola gejag. Ons is jare lank al vriende en Willem bedryf 'n groot stuk grond waarop die Groot Vyf vry rondloop. Daar is regte wilde leeus, geen gebliktes nie, ook 27 olifante, 150 buffels, seekoeie en volgens 'n onlangse opname met kameras oor die 20 verskillende luiperds. Hy het ongelooflik baie njalas en die uitdaging was dat ek een kan skiet maar dan hierdie spesifieke ou bul. Julle kan die storie in die volgende uitgawe (Januarie 2016 lees). Ek kon hom nie die eerste dag opspoor nie maar het hom wel die tweede oggend raakgeloop. Ons het lank kat en muis gespeel in digte bos tot ek hom verloor het. Dis baie droog in Noord-Natal nou en die diere wei baie in die Mkuzerivier wat droog is - daar is wel nog diep kuile water plate groen fluitjiesriet. So teen 10-uur se kant het hy saam met drie ander bulle rivier toe gekom en gedrink. Daarna is hy na 'n kol digte fluitjiesriet waar hy ongeveer twee ure lank gewei het voor ek hom onder skoot kon kry. Die skietafstand was 78m. Ek het my .375H&H gebruik met 235gr Barnes-TSX. Op die roer besluit omdat ek alleen gejag het en nie meer so lekker kan hardloop as 'n leeu my wil byt nie. Om alleen te jag waar die Groot Vyf vry rondloop verleen 'n heel ander dimensie aan jag. Jy loop met beide oë baie wyd oop en 'n gelaaide geweer in die gereedposisie - amper die hele tyd. Nadat ek die njala geskiet het, het ek ook die volgende dag 'n rooibok gejag. Dit was naby die seekoeigate waar die leeus die oggend kliphard gebrul het. Ek het hul spore gaan soek en gekry. Daar was vier leeus en een het weggedraai van die ander af nadat hulle gedrink het. Ek het sy spoor vir 'n entjie gevolg, foto's geneem (van die spoor) en toe omgedraai. Die oggend toe ek die njala gejag het, het 'n olifant minder as 100m van my af takke gebreek. Hulle was ook elke aand reg rondom die kamp (wat 'n ge-elekrifiseerde heining om het). Die scope is 'n Lynx 1-6x24 met 'n nuwe tactical kruishaar. Dit het 'n floating dot met 'n sirkel en kan verlig. Ek het dit op verskeie diere getoets, ook 'n groot buffelbul wat ek bekruip het. Dié kruishaar werk vir my uitstekend. In die skemer en in die nag werk dit net so goed. Vir diegene wat belangstel, die njala se horing het 30.07-duim gemeet (76.4cm).
Mooi loop

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Mooi bok daai!! Baie geluk. Ek weet nie of my ghoene groot genoeg
is om so alleen tussen die byters en trappers rond te loop nie!
is om so alleen tussen die byters en trappers rond te loop nie!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Prag bul.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Pragtige bok, Koos. Geluk! Nie aldag wat 'n mens so 'n geleentheid kry nie! Bewonder jou braafheid om dit tussen leeus te gaan doen.
Het jy hom kaalvoet bekruip?
Het jy hom kaalvoet bekruip?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Dankie PW. Nee net kaalarm en kaalknieë. Glo my, ek het by tye fyn rondgekyk. Die oggend toe ek die rooibok geskiet het, het die leeus of eintlik een leeu op 'n slag baie naby aan my gebrul, seker so 150m - net aan die anderkant van die rivier. Probleem is, ek was nie veronderstel om enige van die groot goete te skiet nie. Ek moes hulle probeer vermy het want dis bitter groot geld as jy een van hulle skiet.
Mooi loop
Mooi loop
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Oom Koos,
Ek wonder nou net, was daar darem iets meer ernstig onder in die magasyn as daai 235greinertjie

Oom ry hier verby, kom drink maar volgende keer 'n koffie
Ek wonder nou net, was daar darem iets meer ernstig onder in die magasyn as daai 235greinertjie
Oom ry hier verby, kom drink maar volgende keer 'n koffie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Deon, nie eintlik nie - net 'n paar 220gr Impala platneuste wat teen 'n stewige spoed gelaai is. Ek het maar op my nuwe bril staatgemaak om die oolfante betyds raak te sien sodat ek takties kan terugval as dit moet.
Mooi loop
Sal beslis volgende keer kom koffie drink. Ek is nogal vinnig daar deur Piet Retief
Mooi loop
Sal beslis volgende keer kom koffie drink. Ek is nogal vinnig daar deur Piet Retief
- toelie
- Hero Member

- Posts: 928
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Geluk oom Koos sien uit na die volle artikel
Groete
Groete
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
-
Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Baie geluk Oom Koos, nou moet Januarie se tydskrif vinnig kom. Dit moet n belewenis wees om so tussen die grotes te jag.
Groete
Groete
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Baie geluk.
Moet erken, ek beskou myself nie as n bang@t nie, maar alleen walk en stalk waar die grootvoete en
-katte wei, kos n brawer man as ekke!!!!
Nogmaals geluk Koos.
Moet erken, ek beskou myself nie as n bang@t nie, maar alleen walk en stalk waar die grootvoete en
-katte wei, kos n brawer man as ekke!!!!
Nogmaals geluk Koos.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1996
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Geluk oom Koos.
Met n vleisie...
Met n vleisie...
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Baie geluk, Koos. Ek wonder wat die leeus alles ondermekaar vertel hoe hulle jou bekruip het en toe jammer gekry het...!! 
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Baie geluk en n pragtige bok !!!!!
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1237
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
baie geluk !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Wesson
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Tue Jan 07, 2014 5:10 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Well done, I find animals with a broken horn make awesome trophies!
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Njala Jag - Koos Barnard
Dit moet darrem amazing wees om te kan jag op so 'n plek waar jy maklik in gevaarlike wild kan vasloop. Ek kan net dink hoe die adrenalien moet pomp en dat jy altyd wakker moet wees wat aangaan om jou.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"