Lading ontwikkeling en groepe skiet

Post Reply

Hoeveel skote skiet jy per groep as jy lading ontwikkeling doen?

1 skoot :)
0
No votes
3 skoot
20
69%
5 skoot
8
28%
meer as 5 skote
0
No votes
meer as een 5 skoot groepering
1
3%
 
Total votes: 29

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Lading ontwikkeling en groepe skiet

Post by Arnold »

As mens lading ontwikkeling doen neem mens mos maar aan jou toerusting is reg en al wat jou groep groote gaan beinvloed is die ammunisie.

So as jy nou uitkom om groeperings te skiet hoeveel skote skiet jy om te sien of dit die beste lading is? 3 / 5 of meer?

Ek het nou agv van 'n ander probleem (wat hopelik opgelos is) agtergekom ek kan uitstekende 3 skoot groepe skiet maar 5 skote lol. {mens gooi mos maar die lelike 3 skoot groepe weg en skryf dit toe aan wind of 'n val in jou konsentrasie of so iets)
Om nou regtig 'n goeie idee te kry van wat jou geweer maak is 5 groeperings van 5 skote elk dalk net die ding.
bullseye

Re: Lading ontwikkeling en groepe skiet

Post by bullseye »

EK SKIET BY LADING ONTWIKKELING 3 SKOOT GROEPERINGS , DAARNA AS EK MOONTLIKE LADING GEKRY HET SAL EK 5 OF MEER 3 SKOOT GROEPERINGS SKIET.
3 SKOOT TOETS JY DIE LADING
5 SKOOT TOETS JY JOUSELF.
DIT IS BETER OM MEER SKOTE TE SKIET MAAR MENS WIL NIE LOOP OPSKIET MET TOETSE  NOG VOOR JY BEGIN JAG HET NIE.

MY 2 SENT
BEN.
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Lading ontwikkeling en groepe skiet

Post by Boesman »

My teikens lyk en is almal presies dieselfde. Ek plak twee op mekaar met presstick en skiet dan 'n drieskoot groepering. Dan haal ek die boonste een af, maar los die onderste een en plak weer 'n nuwe teiken presies oor die onderste een. Dan skiet ek weer 'n drieskoot groepering wat dan op die onderste teiken 'n sesskoot groepering raak... Herhaal en jy kry weer 'n drieskoot groepering op die boonste teiken en op die onderste een 'n negeskoot groepering. En skielik is flyers nie meer flyers nie.
Post Reply