F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Manne
ek het dit goedgedingk om 'n gesprek hieraan die gang te sit omrede 'n hele paar forum lede reeds by die sport betrokke is en nog 'n paar wil betrokke raak. Hier is ook manne wat al internasionaal gaan deelneem het met 'n paar jaar se ondervinding.
F/TR - Kaliber: 308 Win of 7.62x51.
Geweer: 8.25 kg met teleskoop en bi-pod
Looplengte: Onbeperk, barrel-tuners word toegelaat, geen blitsbrekers of kd's. Geen laai uit magesyn.
Punte
Die gewildste gewig is 155gr. Daar is egter 'n neiging na swaarder, hoë BC punte. (185 Juggernaut kan nog met 'n 12 twist geskiet word)
Premium punte soos Berger (VLD, Fullbore, hybrid), Lapua (Scenar), Sierra (matchking) om 'n paar te noem.
Afstande wissel van 300 tree tot 1000 tree en 300m tot 900m, afhangende van die baan.

Francois Vogel
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Op die stadium skiet ek met die 155 Scenar omrede ek van dit gehad het en dit het dadelik groepeer. Volgens Bryan Lits het die punte 'n G7 BC van 0.236 war Lapua dit as 0.230 adverteer. Ek kry goeie resultate bet beste groeperings van 1.6 duim op 500m, 14mm op 300m.
Ek skiet egter op maksimum druk agv min freebore. MV is 2935 op die stadium. Ek oorweeg die Berger 155.5 Full-bore, maar gaan vereers met Lapua Scenar L aangaan. Ek eksperimenteer ook met 'n punt wat deur 'n vriend gemaak word, maar dit is te vroeg om my uit te laat daaroor.

-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Ek skiet nie bisley of F/TR nie maar bly altyd geintriseerd in die sport. Ek sien die 155gr Sierra Palma het die hoogste adverteerde BC van al die 155gr koeëls. Of is daar al iets anders beskikbaar wat hoër BC het in 155gr.
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Francois, skies oor die vraag, maar verduidelik asb as jy se jy skiet op maks druk oor min freebore. Beteken dit dan laat jy teen die lande is?
"Failure is NOT an Option"
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Bryan lits het al 3 die punte getoets en die Palma se BC was op die ou eind die laagste. Sal kyk of ek die link kan post!Burger wrote:Ek skiet nie bisley of F/TR nie maar bly altyd geintriseerd in die sport. Ek sien die 155gr Sierra Palma het die hoogste adverteerde BC van al die 155gr koeëls. Of is daar al iets anders beskikbaar wat hoër BC het in 155gr.
"Failure is NOT an Option"
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
"Failure is NOT an Option"
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
BurgerBurger wrote:Ek skiet nie bisley of F/TR nie maar bly altyd geintriseerd in die sport. Ek sien die 155gr Sierra Palma het die hoogste adverteerde BC van al die 155gr koeëls. Of is daar al iets anders beskikbaar wat hoër BC het in 155gr.
op 155's volgens Litz:
Sierra MK 2156 Palma 'n BC 0.229,
Berger Hybrid 0.247,
Scenar 0.236
Berger Fullbore 0.237 .
Daar is baie manne wat hulle 308's aanwend vir langer afstande skiet en almal is welkom om saam te praat. Die doel van die thread is nie om die 308 as kaliber op te hemel of af te breek nie. maar om koeël keuse te bespreek.
Francois Vogel
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
BenBen wrote:Francois, skies oor die vraag, maar verduidelik asb as jy se jy skiet op maks druk oor min freebore. Beteken dit dan laat jy teen die lande is?
my kamer is met 'n Palma 95 reamer gesny wat ideal is vir die SMK Palma 2155. Die idee was om dan te free-bore sodat die Scenar 155 daarin pas met 'n tpl van ongeveer 73mm teen die lande. Op die stadium is die teen-land tpl 70.4mm. Ek laai slegs 41.8gr S335 om 2935fps spoed te kry.
Ek moet nog laat freebore.....maar die roer groepeer so mooi, ek is bang om te verander.
Die Scenar het 'n baie groter bearing-surface' as die Berger en Palma bv. Dit lei ook tot verhoogde druk.
Francois Vogel
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Sjoe daai TPL is baie kort. Watse Batch S335 gekruik jy huidiglik om daai pit so te gooi!
"Failure is NOT an Option"
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Jy is reg, tpl is vrek kort. Ek gaan bietjie eksperimenteer met 'n hele paar punte oor Desember en Januarie.
Berger FB 155.5, Hybrid, Juggernaut en my skerppuntjies.
Ek skiet Lot 706 S335 op die stadium. My volgende lot is 714 wat ek so vooruit opgaar. Volgens Somchem gaan die twee baie naby aan mekaar wees.
Berger FB 155.5, Hybrid, Juggernaut en my skerppuntjies.
Ek skiet Lot 706 S335 op die stadium. My volgende lot is 714 wat ek so vooruit opgaar. Volgens Somchem gaan die twee baie naby aan mekaar wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Francoisv on Fri Nov 13, 2015 1:12 pm, edited 1 time in total.
Francois Vogel
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Francois, het jy al van Peregrine se rangemasters probeer ?
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Ek moes met 714 .5 gr meer laai as met 706Francoisv wrote:Jy is reg, tpl is vrek kort. Ek gaan bietjie eksperimenteer met 'n hele paar punte oor Desember en Januarie.
Berger FB 155.5, Hybrid, Juggernaut en my skerppuntjies.
Ek skiet Lot 706 S335 op die stadium. My volgende lot is 714 wat ek so vooruit opgaar. Volgens Somchem gaan die twee baie naby aan mekaar wees.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Ek het die 146gr RM probeer maar het opgehou voordat ek noemenswaardige resultate gehad het. Dit wat ek gedoen het het nie in my geweer gewerk nie. Ek dink mens moet die RM se gat warm maak (3100fps). Ek het nog 'n klompie wat ek verder wil toets. Persoonlik dink ek dit het baie potensiaal.heywillie wrote:Francois, het jy al van Peregrine se rangemasters probeer ?
As jy die vertikale groepering uit die vergelyking haal kan jy met 'n 1/2MOA groepering ver kom. Dit is belangriker, soos gestel deur Laurie Holland en BLitz, om eerder jou ure op die baan te gebruik om die wind te leer lees as om wereld-klas Benchrest-tipe groeperings na te jaag. Die experts lees die wind en die verandering op akuraatheid van 1Mph en onder.
Last edited by Francoisv on Fri Nov 13, 2015 1:49 pm, edited 1 time in total.
Francois Vogel
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Verskeie .30 koeëls met SD, 'Form Factor' , G7 en G1 BC's. Form Factor dui drag aan waar bokant 1.0 te hoë drag het en 0.95 ideal is. (Jammer vir die engelse terme tussen-in)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Die data is uitreksels uit BL se boek en word slegs vir bespreking en informasie hier geplaas.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Daarsy Francois. Ek is bly jy het die gesprek begin. Ek worstel self met die gedagte. Soos jy weet is my .308 oppad om gebou te word. Ek het intussen die 1:13 twist vir 'n 1:12 verruil, bloot om rede mens met die 1:12 alles kan skiet tot 185gr. Ten spyte daarvan het die onlangse Lapua special van Safari my verlei, en jy weet seker watse koeëls ek toe gekoop het... Daai spoed van jou met die 155's klink vir my baie mooi, en goeie genugtig, met daardie akkuraatheid kan jy maar soos 'n baba slaap in die aande hoor
Daar was baie kontroversie oor die gewigbeperking in FTR. Soos ek verstaan het Suid-Afrika gestem dat die gewig by 155gr beperk moet word. Dit is egter nie internasionaal so aanvaar nie. Ons nasionale span kyk ook na die 185gr soos ek verstaan.
Vir my persoonlik is daar twee opsies met 30" loop wat sin maak:
1. 155 Lapua/Berger Fullbore/hybrid met 'n stywe lading S335 vir so +-2930-2960fps
2. 185gr Berger VLD/Juggernaut +-2780 met S355
Dan is daar die 175LRBT ook.
Na gesprek met paar ouens het ek nou palma doppe gekoop. Hoop nie dis 'n fout nie. Tyd sal leer.
Ek vind gemoedsrus in die feit dat die 155gr met S335 'n beproefde resep is, en met die bietjie minder recoil kan ek vinnig leer om my vorm en tegniek reg te kry en meer myself toespits op kondisies. Ek is regtig nie lus vir sukkel en rondkrap met ladings nie, ek wil laai en skiet! Ek dink Lapua en Berger se kwaliteit is ewe goed. Ek geniet die bisley formaat baie soos wat ons by die super liga skiet, en daarom dink ek dat dieselfde manier van skiet op die bisley teiken net so lekker sal wees. Ek wil eers in die game kom, en dit pla my nie om aan die begin 'n punt of wat af te staan agv effens swakker ballistiek nie. FTR is vir my aantreklik in die sin dat die speelveld baie gelyk is, en meerendeels oor die groter deelname in ons bisley klubs.
Sommer so vir interessantheid moet jy hierdie artikel lees van Bryan Litz wat 'n 215gr HYbrid baie suksesvol uit 'n 1:9 twist loop geskiet het. Daai geweer lyk nie na baie nie, maar dis juis nou vir my pragtig vir 'n "belly benchrest" geweer. http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... ilt-rifle/

Last edited by Fritz on Fri Nov 13, 2015 2:59 pm, edited 1 time in total.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Net vir die rekord. Ten spyte van my FTR doelwitte dink ek die .308 is 'n boring kaliber vir ou mense en panzies. Ek het darem 'n 30-06 om my manlikheid status te behou 
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Ag nee Fritz, net toe ek begin dink hierdie is 'n hoogs inteligente bespreking 
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Fritz
Ek is bly jy gesels saam. Ek sal bly wees as die manne soos Schalk, Rappie, Joe308, Bigfoot ens begin saam gesels. Van die manne is baie goeie skuts met 'n baie goeie kennis van ballistiek.
Ek is bly jy gesels saam. Ek sal bly wees as die manne soos Schalk, Rappie, Joe308, Bigfoot ens begin saam gesels. Van die manne is baie goeie skuts met 'n baie goeie kennis van ballistiek.
Francois Vogel
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Wat ons gaan doen Francois is om die balistiese voordeel van die 185gr kwantifiseer in terme van score. Dis maklik om te sê die 185gr skuif 1 duim minder vir elke 1mph op 900m as die 155gr lapua, maar wat beteken dit vir jou? Hoe gaan dit jou score beinvloed? Dit is die vraag wat beantwoord moet word. Dis nou in teorie, en dis waar die WEZ analise inkom van Bryan Litz. Dit is maar dieselfde prinsiep as al daardie "How much does it matter" artikels. In my opinie is dit 'n baie waardevolle tool om vas te stel wat die waarskynlike verskil in actual performance gaan wees. Ek kan jou nou al wet dat die scores so naby gaan wees dat dit amper weglaatbaar klein is vir iemand wat nie kompeteer vir die top skut in die land nie.
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Francois,
Vir interesantheid ek het ook lot 706 geskiet en toe oorgegaan na 714 toe. Volgens somchem is 714 n viniger batch maar ek het presies die teenoorgestelde ervaar. Data as bolg
Batch 706 : 42gn spoed 2790
Batch 714: 43.3gn spoed 2800
My baie rondgeneuk met die ontwikkelihg
Vir interesantheid ek het ook lot 706 geskiet en toe oorgegaan na 714 toe. Volgens somchem is 714 n viniger batch maar ek het presies die teenoorgestelde ervaar. Data as bolg
Batch 706 : 42gn spoed 2790
Batch 714: 43.3gn spoed 2800
My baie rondgeneuk met die ontwikkelihg
"Failure is NOT an Option"
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
BenBen wrote:Francois,
Vir interesantheid ek het ook lot 706 geskiet en toe oorgegaan na 714 toe. Volgens somchem is 714 n viniger batch maar ek het presies die teenoorgestelde ervaar. Data as bolg
Batch 706 : 42gn spoed 2790
Batch 714: 43.3gn spoed 2800
My baie rondgeneuk met die ontwikkelihg
Ek het darem nog so blikke 706, maar teen 'n blik 'n maand gaan dit gou. Dit is groot irritasie om elke keer as die lot verander alles oor te doen.
Asof ewig veranderende omstandighede op die baan nie genoeg is nie.
Last edited by Francoisv on Fri Nov 13, 2015 8:06 pm, edited 1 time in total.
Francois Vogel
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
FritzFritz Hagen wrote:Wat ons gaan doen Francois is om die balistiese voordeel van die 185gr kwantifiseer in terme van score. Dis maklik om te sê die 185gr skuif 1 duim minder vir elke 1mph op 900m as die 155gr lapua, maar wat beteken dit vir jou? Hoe gaan dit jou score beinvloed? Dit is die vraag wat beantwoord moet word. Dis nou in teorie, en dis waar die WEZ analise inkom van Bryan Litz. Dit is maar dieselfde prinsiep as al daardie "How much does it matter" artikels. In my opinie is dit 'n baie waardevolle tool om vas te stel wat die waarskynlike verskil in actual performance gaan wees. Ek kan jou nou al wet dat die scores so naby gaan wees dat dit amper weglaatbaar klein is vir iemand wat nie kompeteer vir die top skut in die land nie.
Ek sien die voordeel in van die swaarder punte maar...dit kom teen 'n prys. Recoil is een van hulle, maar as na die verskil kyk op enige van die ballistiese apps dan word die groot verskil gewys met 'n 90 grade wind. Hoe verder jy van die 90 grade af gaan na 6uur of 12 uur se kant toe hoe kleiner word die verskil. Die juggernauts kom ook teen 'n premie.
Met die 155's is dit uiters belangrik om steeds supersonies te wees op 1000 tree of 914m. Wanneer jou koeel in die transoniese zone ingaan gebeur allerhande snaakse goed en dit is dan wanneer die wind 'n groter invloed kan hë. 'N BC van 0.236 @2700fps+ lyk bietjie anders as jy hier by 1400fps kom. Dieselfde geld vir die swaar punte.
BLitz is 'n voorstander van swaar punte skiet. Laurie Holland, een van Engeland se top manne het 'n ander mening. Lees dit gerus.
http://ukvarminting.com/forums/topic/21 ... r-the-308/
Last edited by Francoisv on Fri Nov 13, 2015 7:56 pm, edited 2 times in total.
Francois Vogel
-
Schalk.vdB
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
is vir my lekker dat die 308 tussen al die wonderlike kalibers nog so besprekings punt kan wees. Ek het al alles in my geweer gelaai en met sy 1:12 twist het ek 168 gr punte gekry dat hulle lekker stabiliseer. Ek skiet 168 gr Berger Hybrids met 45.9 gr S355 in Lapua doppe en CCI BR primers TPL 75.19mm. Die S355 maak die dop lekker vol en ek het 'n ES van onder 20 ft/sec. Ek skiet hulle 2650 ft/sec en hulle groepeer baie goed tot op die langer afstande maar die drywer bring nie altyd sy kant nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
SR = M
Solid rest is equal to meat
Solid rest is equal to meat
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: F/TR - Koeël keuses vir 308 Winchester in f/tr
Hier is 'n baie interresante brokkie nuus.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel