Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Almal
Is daar nie iewers n goeie 2de handse jakkalsskiet teleskoop wat julle van weet nie. Lyk my ek het probleme opgetel met myne. Soek iets in die klas van Zeiss, Swarofski of goeie leopold. Wil nie weer koop nie.
Moet my nou nie toegooi met die goedkoop victorys nie
By Safari & Outdoor se 2nd hand is daar n Leupold VLx 4.5-14 x56 met 30mm tube.Hulle soek 8000.00 en ek dink dis nie sleg nie.Tog vir n 1500 meer kan jy die nuwe Zeiss kry.(3-12 x50 Duralyt)Hoop jy kry iets.
Ek wil nou nie n nuwe onderwerp begin nie, maar sal graag wil weet wat is die probleem met die Zeiss Conquest reeks, soos ondervind deur sommige lede op die forum. Ek kon nog niks negatief's opspoor op die web mbt internasionale kommentaar nie.
Ek het lank met n 6-20 x 50 model geskiet en nooit probleme ondervind nie.
Groete
Last edited by stf on Mon Oct 18, 2010 11:29 am, edited 1 time in total.
Daar het van die modelle(weet nie watter nie, maar kan uitvind) en veral die 2-12x56 se kruishaar rondbeweeg as die oogstuk beweeg. Nou dit self is nie probleem nie, alle scopes doen dit, maar wanneer kruishaar skuif moet die teiken saamskuif en dit het nie gebeur in van die modelle nie.
ek weet nie van 2 daans nie maar ek kan help met nuut, wat se vergrooting soek jy? die wat my ander jag pals gebruik is die leopold vx3 4.5-14x50 vir plus min r6500-7000
More Freddie 101,
Ek het 'n Burris 4.5 - 14 *42 FullField - met "ballistic Plex" kruis draad . Het ook 'n "elevation knob" laat installeer deur Burris in VSA. Teleskoop is soos nuut - beeld is baie goed en stel presies. R3 700.
Koop vir jou n nuwe Nikon 6-18x40 Side Focus FCD Field master prys omtrend R3700 enjy kry n scope met van die beste lense en na verkoop diens wat bestaan
Jammer manne. Moes lankal al gese het. Het al laas jaar die Meopta meostar 3-12 by 56 by Raychel gekoop. Sover baie gelukkig. Het ni gesin die thread loop nog nie.
Groetnis