Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algemeen.

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
jacques.hough
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Oct 12, 2015 5:18 pm

Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algemeen.

Post by jacques.hough »

Dagse. Dankie vir die forum. Ek lees lekker hier almal se stories, raad ens.

Ek is 28 van Secunda, omlangs begin skiet saam n maaitjie van my en begin meer en meer belangstelling te vind.

Ek wil graag hoor, (ek is nie te seker waar om dit in te plaas nie.)
Waar en by wie sal dit vir my en my verloofde die beste wees om in die Secunda omgeweing te gaan vir ons lisensies? Ek wil graag dat sy ook n handwapen lisensie op haar naam het.

Wat is die kostes verbonde omtrent die hele storie en hoe lank sal dit my neem?

Dankie byvoorbaat.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by wlm »

Welkom. Hou moed, een van die manne in jou omgewing sal weldra vir jou raad gee.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Heinz Petersen »

Welkom Jacques. Dit is die regte ding om te doen, koop sommer nog n geweer ook. As jy eers getroud is, is daar nie meer geld vir die speelgoed nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Johansec1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Mon Apr 08, 2013 9:09 am

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Johansec1 »

Welkom Jacques.
Byt vas, ek kry gou die kontak info vir jou. Sal jou laat weet sodra ek dit het.
9mm Star Para pistool
357/38spl Rossi karrabyn
12br Mosberg Haelgeweer
.243 Sako (Forester)
7x57 Brno
9.3x64 Mauser Obendorff
12br dl Pedersoli black powder haelgeweer

Groete
Johan
User avatar
Johansec1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Mon Apr 08, 2013 9:09 am

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Johansec1 »

Johansec1 wrote:Welkom Jacques.
Byt vas, ek kry gou die kontak info vir jou. Sal jou laat weet sodra ek dit het.
Hier is die info.
Dis Elsabe vd Westhuizen
084-dubbel2 6 1dubbel7 9

Baie oulike en vriendelike antie. Sy sal jou gou kan help om al jou papiere te kry.
9mm Star Para pistool
357/38spl Rossi karrabyn
12br Mosberg Haelgeweer
.243 Sako (Forester)
7x57 Brno
9.3x64 Mauser Obendorff
12br dl Pedersoli black powder haelgeweer

Groete
Johan
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by DanieDegenaar »

Welcom Jacques,

Self 'n ou Secunda man. Hier is 'n klompie manne van daar op die forum en hulle sal jou baie kan leer en help. Kyk uit vir manne soos Spanner en Hilux hier op die forum. Johan het vir jou die regte kontak gegee vir jou papiere.

Groete

Danie
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Geno »

Welkom Jacques.
Dis my ou tuisdorp daai. Ek het skoolgegaan tot st.8 daar.

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
jacques.hough
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Oct 12, 2015 5:18 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by jacques.hough »

Dankie julle. Waardeur dit werklik baie!
Eintlik gedink die plasing gaan "unnoticed" gaan.
Ek gaan haar sommer more oggend al pla vir n datum.
Ek het al gehoor dat manne sit en wag vir 6 maand tot n jaar om die bevoegdheid, dan lisensie ens uit te sort. Duur dit werklik so lank?
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by jamalley »

Welkom Jacqus, ek hoop jy geniet dit hier.

Jy kan begin deur jou en jou verloofde te neem van die bekwaamheidsopleiding by 'n PFTC ge-akkrediteerde opleidings instansie van jou of haar keuse.

By so 'n opleidings instansie, doen julle 'n kursus in een of meer van die volgende:

-Kennis van die Vuurwapen Wet; en
-Kennis en hantering van handwapen; en
-Kennis en hantering van haelgeweer; en
-Kennis en hantering van geweer (manual operated rifle); en
-Kennis en hantering van semi automatiese geweer (carbine).

Hierdie is wat julle nodig het vir 'n aansoek om bevoegdheid.

Skakel met PFTC en maak altyd seker die opleidingsinstansie by hulle ge-akkrediteer is, want in terme van die nuutste omsendskrywes van die CFR aanvaar hulle nie meer net die opleidingsinstansie se sertifikaat nie, maar dit moet vergesel gaan van 'n PFTC SoR (Statement of Results/Puntestaat) of voorheen Poslec Seta of Sasseta Sertifikate.

Dan kan julle, in my opinie redelik suksesvol aansoek doen vir bevoegdheid en met 'n behoorlike motivering ook vir 'n vuurwapen lisensie en hier sal ek waar moontlik van iemand met kennis van motiverings of wat dit professioneel doen se hulp inroep.

Groete
jacques.hough
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Oct 12, 2015 5:18 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by jacques.hough »

Dankie jamalley.
Ek sal sommer nou loer op PFTC.co.za vir info. Ek het gesien dat daar heelwat Jagplase/prokureurs is wat hul dienste verkoop op guntree.co.za.
Hopelik kan ek vroeg November die bal aan die rol kry.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Spanner »

Doen moeite en bel tannie Snyman een van die DFO's by die by polisiestasie.(017 6242138). Vind uit wat jy alles moet saambring, en dan maak jy seker jy het alles. Vind dan ook uit wanneer is sy op diens, en dan gaan sien jy HAAR, nie een van die ander "gawe" dames daar nie. Trust my, gaan sien haar. Wees vriendelik en gemanierd, en jy sal gou gehelp word. Ek het nog nooit gesukkel nie.

Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Bernhardt
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sun Sep 13, 2015 8:28 am

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Bernhardt »

Hi Jacques. Ek en my vrou het ons bevoegdheid laasweek by Elsabe gedoen. Sy is rerig great. Help mens na ure en Saterdae, so jy hoef nie eers af te vat by werk nie. Sterkte
jacques.hough
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Oct 12, 2015 5:18 pm

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by jacques.hough »

Spanner.
Dankie man. Ek gaan sommer vandag gou bel en hoor wat ek kort.

Bernhardt.
Dankie vir die info. Hoe sal jy se is sy met die opleiding vir n vrou wat nog natgroen is met gewere?
Ek wil he dat sy alles daar leer voor ons haar enige swak etiket en gewoontes aanleer.

Ek het met "sielkunde" my vroutjie ooreed om ook te gaan vir haar langloop. Gaan vir haar n .22 koop was my leun... Sien eintlik uit daarna om haar saam te vat om n paar gatjies in papier te skiet.
Bernhardt
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sun Sep 13, 2015 8:28 am

Re: Nuweling van Secunda op Forum en in skiet oor die algeme

Post by Bernhardt »

Jacques ek glo as jy vir Elsabe se jou vrou weet niks sal sy haar mooi wys. Sy het rerig n passie vir wat sy doen en wil graag mense empower. My vrou het ook maar minimaal geweet en Elsabe het haar gewys hoe om als te doen.

As jy wil he sy moet tyd saam jul spandeer laat sy julle iewers in die week help as daar nie so baie mense is nie. Die saterdag toe ons gegaan het was daar seker 25 mense wat moes skiet.

Mens skiet met n oop visier .22 wat baie goed is vir vrouens. Hulle skrik nie. Moet se dit was interressant om my vrou se oe dop te hou toe sy daai pompaksie haelgeweer skiet, hahaha
Post Reply