Ystervark met die boog....

Post Reply
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Ystervark met die boog....

Post by marno »

Buiten die bokke wat ek al met die boog geskiet het, was die ystervark die moeilikste om te skiet aangesien hulle nie vir baie lank stil staan nie.

[img width=560 height=420]http://i1211.photobucket.com/albums/cc4 ... A40411.jpg[/img]
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by Johan04 »

Mooi Marno. Wat se boog het jy gebruik? Dit lyk nie bekend nie.Waar het jy die vark geskiet,ek bedoel op sy lyf?

Groete

Johan
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by marno »

Hi Johan,

Dit is 'n Reflex Highlander. Het hom van links agter geskiet en hy is aan sy regterkant voor uit.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
300Winmag

Re: Ystervark met die boog....

Post by 300Winmag »

Sommer uit nuuskierigheid uit, hoekom sal mens hom skiet, maak hulle skade of eet mens hom?
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by Kalahari »

300winmag

Hier by my in die Kalahari (nam), maak hulle redelik skade as hul lus het die dag, vreet die kameelbaome se bas af en die vrek die bome. Verder is hul baie lief om gate onder die jakkalsproef drade te grawe met die res van die gespuis wat in hul spoor loop.

Verder eet sy rugvel vorentoe, ons praat hier van die "mielie", trek die penne uit en slag vel los. Laat le vel bietjie in 'n marenade van jou keuse, en siedaar. Ek eet hom graag, res van die vleis is ook wit en smaak baie na 'n mak varkie of hoender. Soos al die ander vleise smaak die jonger diere s'n beter en eet makliker.

Fyn trap
Kalahari
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by Kalahari »

Marno

Sorry man, nou het ek sommer "in getjip", jul 2 is mos in gesprek, gedink ek se maar net wat ek met die ou pennevark maak hier by my.

Kalahari
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by marno »

Hi 300 Winmag,

Hulle maak verskriklik skade in die mielie lande so mens probeer maar die gewasse beskerm.
Die vleis gaan ook nie verlore nie.  'n Ystervark is vrek lekker op die spit.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by marno »

Kalahari wrote: Marno

Sorry man, nou het ek sommer "in getjip", jul 2 is mos in gesprek, gedink ek se maar net wat ek met die ou pennevark maak hier by my.

Kalahari
Hi Kalahari,

Geen probleem dankie man! Ons sit hulle op die spit.  Vrek lekker.  Maar die goed roer ons mielies kwaai.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by Kalahari »

Marno

Ek glo daai mielies sal skade kry, maar die mielie mak hom seker lekker vet ok ;D, die dat man hom op die spit kan gooi.

Kalahari
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by marno »

Ja jong hulle maak baie skade. Veral as die mielies klein is. Hulle begin met 'n ry dan vreet hulle sommer so 100m in die land in.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
300Winmag

Re: Ystervark met die boog....

Post by 300Winmag »

My vrou sal darem like as ek mat so sak vol penne by die huis aan kom!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by Stefan764 »

Ystervark kan lelik skade aan mielies maak.

Die bliksems is ook lief op plastiek waterpype gaatjies in te byt om water te drink.

Eerste pennevark wat ek sien wat met n boog gestamp is!! Mooi daar Marno!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by marno »

Hey Stefan,

Weet jy nou dat jy daarvan praat, jy is 100% reg.  Die ouens met groente kla erg oor dit dat hulle die water pype stukkend byt.

Thanks man! Dit was by ver die moeilikste ding wat ek met die boog geskiet het.  Was flippen moeilik.  My boog het gelukkig luminated sights so kan in die aand met die spotlight skiet.  Die probleem is van 'n ystervark met die boog skiet is dat hulle nie baie stil staan nie.  Het hard gewerk vir die een. 
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by tafjak »

Stefaans
Die bliksems is ook lief op plastiek waterpype gaatjies in te byt om water te drink.
...............sien vlekkie het ook die kuns bemeester.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by Beyers »

Daai vlooie is nogal 'n riller
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Ystervark met die boog....

Post by baboonstalker »

Ek het ook my eerste pennevarkie in die vrieskas, maar iemand vra my noudie dag of ek sy "bittervlies"uitgeslag het. Dit is blykbaar die vlies wat die buikholte uitvoer.
Wat s? dei manne wat ken van ystervark gaarmaak? Weet julle van so 'n vlies, en moet hy uit?

Pieter
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Ystervark met die boog....

Post by marno »

Nee genade Pieter, ons het al vrek baie geeet maar nog nooit van so iets gehoor nie. Ek is nou seker nie 'n kenner nie maar eerlik waar ek weet nie van dit nie. Ystervark op die spit. Eish! Baie baie lekker. Daai rug vel is konings kos...
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Post Reply