Middag Almal,
Het nog nooit die herlaai ding gedoen nie en soek advies asb. Ek het oral op die forum gelees oor herlaai van 308 maar kry nie waarvoor ek soek nie.
Ek het n Musgrave Model '80 en het 125gr "Nosler Ballistic Tip" punte bestel. Het 335gr kruit en 200cci primers gekry. Wil net weet of daar iemand daar buite is wat die selfde geweer het en dalk met dieselfde punte etc. skiet. Ek soek net n "estimate" lading om mee te begin want ek wil nie 20 koeels gaan uitskeit waar ek dalk net 10 kon skiet nie.
Het ook nie daai "Tool" wat die spoed meet nie, wat sou julle se watse spoed sal hy om en by hardloop?
Groete
.308 Musgrave - 125gr Noslers
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
.308 Musgrave - 125gr Noslers
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: .308 Musgrave - 125gr Noslers
my ou maat, nou moet jy jou somme mooi maak.!!!!!! net een verkeerde lading, en jy moet weer 4 jaar wag vir n lisensie vir n nuwe loop. kyk onder die herlaai topic, en vra vir wouter roets vir n lading. kyk hier: http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 0#msg48850
ek het my 308 gelaai met 125 sako koels teen 3050v/s, sonder om druk probleme te kry. maar ek gaan nie vir jou my lading gee nie want my eie lading maak my bang(op papier). ek weet nie hoe lyk jou kamerdruk nie, en wil dus nie verantwoordelikheid vat vir dit nie.
wat ek wel gesien het is dat n 308 gelaai met 125's nie perform soos n 308 gelaai met 150's nie. dit is een van die eerste dinge wat ek geleer het toe op die site gejoin het. vra maar vir Ponkie, hy het dit getoets.
daar is ook al topics wat 125's en 308 bespreek op die site, search dit maar net.

Last edited by James Wilson on Fri Mar 04, 2011 9:46 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: .308 Musgrave - 125gr Noslers
Foxi
Jagbehep praat waar woorde.Wouter Roerts weet hoe! My Musgrave .308 Mod 80 is nou 34 jr oud.Met 150 gr loop hy soos n muis met slippers.
Lekker laai.
Flip
Jagbehep praat waar woorde.Wouter Roerts weet hoe! My Musgrave .308 Mod 80 is nou 34 jr oud.Met 150 gr loop hy soos n muis met slippers.
Lekker laai.
Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: .308 Musgrave - 125gr Noslers
More Foxi, ek laai nou al 12 jaar 125 gr Sierra SP koeels en het met die volgende lading volstaan: 45,5 grein S335 met 'n TPL van 67 mm. Wapen is Musgrave LP 1000 met 24 dm loop. Trompsnelheid was gem 2914 vt p/sek na string van 8 skote. Primers was CCI 200 "large rifle". Hoop dit beteken iets, versigtig wees, herlaai is nie vir "sissies" nie, laat weet of jy reggekom het. Duitswes groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: .308 Musgrave - 125gr Noslers
Dankie aan almal, ek het agter gekom dat die gewone gekoopte 150gr PMP patrone op die stadium vir my baie goed werk wat groepering aanbetref maar wil iets doen omtrent die Trajek.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: .308 Musgrave - 125gr Noslers
Foxripper
Ek het al 'n wye verskeidenheid van punte mee ge-eksprimenteer... van 110gr V-max, 125gr Sierra, 150gr PMP,Sierra, Hornady, Nosler Match kings ens....
Dit hang af waarvoor jy die 308 gebruik? Ek doen jaggeweerskiet en ek jag met dieselfde geweer. Daarom het ek volstaan by die 150gr Nosler Bal Tips. Ek kry die beste groepe en trajek met hulle en ek kan hulle gebruik vir jag. Die trajek is steeds nie plat nie, maar ek ken my geweer se trajek, en dis meer belangrik.
Om terug te kom by die punt en jou vraag... Ek kan nie terugvoering gee oor die Nosler 125 Bal Tips nie, maar ek het wel die 125gr Sierra Pro Hunters getoets en hulle het pateties groepeer op 200m en verder. Dieslefde geld vir die V-max'e. Op 100m kry mens nog 'n redelike groepering (onder 1") en op 200m kan jy zero en dan van 250m na 350m val die trajek soos 'n vet vark af in die put!
Ek het die prohunters getoets tussen 43gr en 46.5gr S335 met gewone PMP magnum primers, my geweer het 'n 4mm jump so daarvoor moet ek toegee in my TPL. Dit help baie om 'n chronograaf te he as mens lading-ontwikkeling doen, want dit help nie die 125gr's groepeer goed teen 2700ft per sekonde nie, dan gaan jy mos nooit op 300m kan bykom nie...
PM my maar as jy nie regkom nie. Die manne op die forum is baie sensitief oor die 308's oor die tyd saam.
Groetnis
Ponkie
Dit is seker maar wat elke liewe 308 eienaar probeer doen, en ook waarom baie van ons (ek ook) gereeld oor die voorgesrewe maksimum lading laai om net 'n bietjie platter trajek te he! Punt bly staan, as jy 'n plat trajek wil he en steeds 'n .30 cal punt wil skiet, kyk na iets soos 'n 30-06 0f 300win. Andersins is daar heelwat gewere soos die 25-06, 243 en 270 wat saam gesels by plat trajek gewere! 'n 308 is nie 'n plat skiet geweer nie!foxripper wrote: ek het agter gekom dat die gewone gekoopte 150gr PMP patrone op die stadium vir my baie goed werk wat groepering aanbetref maar wil iets doen omtrent die Trajek.
Ek het al 'n wye verskeidenheid van punte mee ge-eksprimenteer... van 110gr V-max, 125gr Sierra, 150gr PMP,Sierra, Hornady, Nosler Match kings ens....
Dit hang af waarvoor jy die 308 gebruik? Ek doen jaggeweerskiet en ek jag met dieselfde geweer. Daarom het ek volstaan by die 150gr Nosler Bal Tips. Ek kry die beste groepe en trajek met hulle en ek kan hulle gebruik vir jag. Die trajek is steeds nie plat nie, maar ek ken my geweer se trajek, en dis meer belangrik.
Om terug te kom by die punt en jou vraag... Ek kan nie terugvoering gee oor die Nosler 125 Bal Tips nie, maar ek het wel die 125gr Sierra Pro Hunters getoets en hulle het pateties groepeer op 200m en verder. Dieslefde geld vir die V-max'e. Op 100m kry mens nog 'n redelike groepering (onder 1") en op 200m kan jy zero en dan van 250m na 350m val die trajek soos 'n vet vark af in die put!
Ek het die prohunters getoets tussen 43gr en 46.5gr S335 met gewone PMP magnum primers, my geweer het 'n 4mm jump so daarvoor moet ek toegee in my TPL. Dit help baie om 'n chronograaf te he as mens lading-ontwikkeling doen, want dit help nie die 125gr's groepeer goed teen 2700ft per sekonde nie, dan gaan jy mos nooit op 300m kan bykom nie...
PM my maar as jy nie regkom nie. Die manne op die forum is baie sensitief oor die 308's oor die tyd saam.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: .308 Musgrave - 125gr Noslers
Ponkie = AMEN 
Foxman, ek kan ook net beaam wat Ponkie nounet gese het. Ek het baie lank presies dieselle met my 7x64 gedoen. Hy skiet redelik plat, maar jy ken mos vir gatjeuk, so toe try ek allerhande ligte puntjies om die trajek platter te kry. Ding is, soos Ponkie tereg se, jy boed slaankrag in op lang afstande...
Ek het toe maar tot die besef gekom dat n 7x64 nie gebou is om ligte koeltjies te skiet nie. Sy kos is 160gn teen 2880ft/sek. Het toe maar die getjeuk gekrap met n 243 HOWA, so nou kan ek ook plat skiet as ek die dag sou wou. Teen R4900 was dit dam nie n te duur "krap" nie...
My punt: Dis nie altyd n goeie ding om van n kaliber wat vir n spesifieke doel gebou is te try verander in iets wat hy nie werklik is nie.
My ou 2c'tjie
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus