Watter pressure lesing in ballistiese program

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
QG18de
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am

Watter pressure lesing in ballistiese program

Post by QG18de »

Manne

Ek het hier in die week bietjie begin kyk na die verskillende pressure lesings wat mens op verskillende weerdiens webtuistes kry, asook waardes wat strelok pro self vir my gee as ek op "weather station" click hy die temperatuur, druk en humiditeit by die naaste weestasie gaan haal en dan die waarde so op die program insit.

Nou wil ek graag weet. Indien jy nie 'n kestrel of 'n barometer het nie, watter atmosferiese druk lesings gebruik 'n mens? Is hierdie druklesings wat weerdienste op die web gee corrected values of nie? Ek sien ook as ek die density altitude setting gebruik dan bepaal die program basies my druk net op grond van hoogte bo seevlak.

Ek het in die verlede maar altyd die web besoek en dan die druk gebruik wat die weerdiens aangee die druk daardie dag sal wees. 'n Kestrel sal seker maar die beste wees want dit gee absolute druk daar waar jy tans is.

Dankie manne
Jason
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Watter pressure lesing in ballistiese program

Post by Pumba »

Ek het van die webtuistes besoek en gesien hulle normaliseer die druk na seevlak.

So as jy een kan kry wat die stasie druk kan gee dan kan jy dit seker gebruik.

Beste is maar n Kestrel wat Density Alt kan gee dan hoef jy nie elke keer nog %vog in te sleutel.

Maak n ou se werk makliker.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Watter pressure lesing in ballistiese program

Post by Gawie(13mm) »

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
QG18de
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am

Re: Watter pressure lesing in ballistiese program

Post by QG18de »

Met ander woorde met die tools wat ek het behoort ek redelike akkurate lugdruk te kan kry as ek my air pressure kan bereken met "calculate pressure from altitude" funksie, en dan net die regte temperatuur en humiditeit saam met dit te gebruik?
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Watter pressure lesing in ballistiese program

Post by Pumba »

Ek weet nou nie of my Lapouatjie sy koele net mooi gooi nie maar hy steur hom minder and DA as Celcius

Dan het ek darem ook nog net so tussen 1000m en 2000m DA met hom gewerk

Hy verander so 0.5MOA van die een na die ander waar van winter 4C na somer 25C maak hy n verskil van meer as 1MOA

Dit is so hang af waar jou weerstasie sit maar dit is darem n beginpunt en as jy al jou ander goed reg het soos Temp en spoed en BC dan gaan jy seker nie die kol tref maar darem amper en jy pas die DA na gelang aan of jy hoog of laag skiet.

Natuurlik sit jy nou met die probleem hoe zero jy jou program as jy nie die regte data het.

My dorp se hoogte bo seevlak is 1390m en die DA in die winter om en by 4C is 1350m en somer by 25C rond is die DA 1800m soms raak hy aan die 2000m

Ek het in Marble Hall gaan jag wat so 960m bo seevlak le.

Ek het gedink die DA gaan nou naby 1000m le maar by 19C was die DA 1400m

Miskien le die weerstasie 200m bo of onder jou wat regtig nie n vreestlike verskil gaan maak aan jou POI.

Ek dink jy kan by wyse van eliminasie nogal n go maak AS jy nie kompetisie skiet maar net vir fun.

As jy nie data van die internet kan kry dan sal n goeie beginpunt vir DA seker 1300m wees

Jou probleem natuurlik gaan wees om jou BC te bepaal wat partykeer wissel van wat die vervaardiger se as jy nie presiese data het.

Daar is maar vangplekke ook in my voorstel maar sonder n Kestrel is dit al wat ek jou kan voorstel.
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Watter pressure lesing in ballistiese program

Post by Pumba »

QG18de wrote:Met ander woorde met die tools wat ek het behoort ek redelike akkurate lugdruk te kan kry as ek my air pressure kan bereken met "calculate pressure from altitude" funksie, en dan net die regte temperatuur en humiditeit saam met dit te gebruik?

Ek dink jy kan regkom. Nie ideaal maar dit kan help
Post Reply