Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post Reply
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Pumba »

Ek koop n Hornady 2l Ultrasonic cleaner en hy vat omtrent 30min na n uur om doppies skoon genoeg te kry tot ek die gevoel kry dis darem ok skoongemaak.

Na so 7 skoonmaak sessies toe gebeur daar niks as ek die start knoppie druk.

Die vriendelike dame by my wapenhandelaar se toe ek kan hom ruil vir n Frankford arsenal. Ek dag toe wat kan ek verloor want die Hornady het nie eitlik vir my diens gegee.

Intussen skaf ek toe n s/s tumbler aan en na ek die se vermoee bekyk het so besluit ek my seun het nie n skoonmaakding en hy erf die Frankford.

Die naweek maak hy sy 9mm doppe skoon en ek was baie verbaas dat 2 x 8min sessies die doppe baie mooi skoongemaak het. Binne , buite en flash holes.

Dit met Hornady se Ultasonic cleaner liquid.

Lyk vir my daar is tog n verskil tussen die make

Sou ek die Frankford aan die begin aangeskaf het dan het ek dalk nie die s/s tumbler gekoop. Eitlik kla ek nie want ek vermoed die s/s media is DIE skoonmaak metode. Sal niks ander weer probeer of daar moet regtig iets kom wat my oortuig dit is beter.

Of was my Hornady net foutief van die begin af?
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Giepie »

Ek dink dit was van die begin af nie reg nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Nickvn »

Ek het net die teenoorgestelde ervaring gehad. Na twee Frankfords wat opgepak het, het ek nou n Lyman gekoop en hy loop baie mooi.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Joudoring
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Oct 25, 2015 9:19 pm

Re: Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Joudoring »

My klein frankfort enetjie het gate in die metaal bakkie gekry. Die man van frankfort america het net gesê daas groot vout en dadelik vir safari laat weet ek moet n nuweeen kry. Safari se manne het net op hulle data basis gekyk dat ek wel dit hulle gekoop het en sonder enige vra om geruil.

Die nuwe enetjie loop soos stroop
.270win Browning X-Bolt
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Pumba »

Manne lyk my dis nou maar of jy op n mooiweerdag of onweerdag die sonics gekoop het.

Ek hou maar duim vas die Frankfortertjie hou

Sal maar sleg voel as hy oppak en my seun bel my die dag. Hy was dan so in sy skik oor die hulpmiddel sy doppe so mooi blink maak.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Riaan Kriel »

My Frankfort sonic cleaner het na so 6 maande en ongeveer 15 sessies opgepak. Morsdood. Hy is vervang met 'n Frankford SS Wet Media Tumbler op my versoek en ek het net die verskil in prys inbetaal.
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Hornady vs Franford Ultrasonic Cleaner

Post by Pumba »

Riaan jy het die regte besluit gemaak om van sonic na s/s media te gaan sou ek se.

Hoop jou s/s Frankford hou.
Post Reply