Jakkalse geskiet

Post Reply
herley

Jakkalse geskiet

Post by herley »

Die 2 Saterdag aand geskiet

[img width=360 height=480]http://i1092.photobucket.com/albums/i41 ... -00051.jpg[/img]

Ek kon ongelukkig nie mates neem nie want die persoon op wie se plaas dit was het baie vinnig op my afgekom om te gaan skiet. weet net dat hulle jong jak was nie ouer as 2 jaar nie en die linker kant se 1 was n teef en die ander 1 n ruen
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Jakkalse geskiet

Post by .::Alwyn-U::. »

Bradley wrote: [img width=360 height=480]http://i1092.photobucket.com/albums/i41 ... -00051.jpg[/img]


Daai teef was ordentlik gegooi. Met wat het jy haar getref?

Groete
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by Dawid »

MA SE HARE.....Dit lyk of daai jakkie gegaan het vir n outopsie......Mooi geskiet daar
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
herley

Re: Jakkalse geskiet

Post by herley »

150gr Sierra Prohunter uit my 308, ekt vandag n'springbok in die oog geskiet op 234m
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by basie »

E]k kry noudie aand die hond wat staan en hike vir 'n lift.[img width=560 height=420]http://i1200.photobucket.com/albums/bb3 ... xus083.jpg[/img] [img]http://i1200.photobucket.com/albums/bb3 ... xus084.jpg[/img[img]%20http://i1200.photobucket.com/albums/bb339/basie_d/CanonIxus085.jpg[/img]
:o :o :police:
Basie
Last edited by basie on Thu Jun 30, 2011 8:25 pm, edited 1 time in total.
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by basie »

O ja die draadstrik is die buurman se steller se werk en was afgedraai toe ek hom geskiet het.
Basie :o :o
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by Spanner »

Wat is die storie agter die draad om die nek?  Losgekom uit strik of na die dood aangesit om die jak te kan vervoer ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by Spanner »

Persoonlik haat ek strikke... hulle doen meer kwaad as goed.  Nes gif , jy is meer maal meer spyt as wat jy dankbaar is.  Ek het nou die dag 'n pragtige dooie duiker uit 'n strik gehaal wat onkundige sotte gestel het.  Arme dier het vreeslik gely voor hy gesterf het, dit laat my met opgehoopde woede en hartseer, ek is heel die week omgekrap en befoeterd.  Bok of black-sam, ek hou maar net nie daarvan om hulle te sien ly nie.  "n Gebreekte strik, bekskoot, gif en dors is seker van die lelikste maniere om iets te laat doodgaan.  Dit krap iets hier diep binne my om wat ek nie in woorde kan omsit nie.  Onnodig man. So heeltemal onnodig. D?mmit !

Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
300Winmag

Re: Jakkalse geskiet

Post by 300Winmag »

Spanner wrote: Bok of black-sam, ek hou maar net nie daarvan om hulle te sien ly nie.  "n Gebreekte strik, bekskoot, gif en dors is seker van die lelikste maniere om iets te laat doodgaan.  Dit krap iets hier diep binne my om wat ek nie in woorde kan omsit nie.  Onnodig man. So heeltemal onnodig. D?mmit !
Spanner
Dis so presies ges? soos ek ook voel.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by Gerhard »

Ek het eendag n hele paar jaar terug n jakkals geskiet wat ook so in n strik gevang is.

Hy het nie probleem gehaad om in te kom na die roeper toe nie.

Toe ek hom optel toe sien ek dat die vel om sy nek gesny is soos met n mes.

Was n vars wond so moes daai dag gebeur het...

Spanner ek stem 100% saam met jou.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by basie »

Spanner

Dit is een van die buurman se slageister manne se werk. Ek het hom al gese om die goed af te haal, maar 'n man kom mos nie so alte gereeld daar nie. Ons laat glad nie strikke toe nie. Selfs slageisters word net toegelaat wanneer ek weet waar dit gestel gaan word, verder slluit ek dit toe.
Ek was verbaas in hoe goeie kondisie daai jakkals was met die strik al so diep in sy vleis ingeeet. Dit het ook vir my gelyk of hy bietjie skrikkerig was om deur die draad te gaan. Net die kans wat ek nodig gehad het om hom te klap.

Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by Dewie »

Halo oom Bradley

mooi  jakkelse da
Soos my pa sal se Jakkie ry bakie
Oom het die 1 jakkels met 'n SOLID SHOT gestamp (halfte van die ding se pens is weg)

Leker week

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by MEERKAT »

Eerste jakkals waarvan ek weet wat in 'n strik gevang word. Bly 'n aardige manier vir enige dier om dood te gaan. Strikke stel is heen temal onwettig en is strafbare oortreding.

Die stel van blikke word al meer gebruik deur onwettige wildstropers en is net so strafbaar.

Indien boere idee het wie strikke stel kry Natuurbewaring dis hulle werk om aandag daaraan te gee.
Mooi loop
MEERKAT
FJS

Re: Jakkalse geskiet

Post by FJS »

99% jou eie werkmense! Die black-sam werk moontlik nie eers meer vir jou nie,
dan sit die strik drie jaar later nog steeds in die veld.  Jaghond wat nie weet van aan ketting vasstaan nie (jonghond) wurg hom in paar minute dood.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by Gerhard »

Het bietjie gaan soek....

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 1010-1.jpg[/img]
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by JopieFourie »

99% jou eie werkmense! Die black-sam werk moontlik nie eers meer vir jou nie,
dan sit die strik drie jaar later nog steeds in die veld.  Jaghond wat nie weet van aan ketting vasstaan nie (jonghond) wurg hom in paar minute dood.
Feit.

Toe ek nog baie jonk was het ek eenmaal met ons honde gaan stap. Die een hond kruip toe onderdeur die draad soos honde mos maar maak en 'n draad strik vang haar toe netjies oor die neus (haar mond was oop). As dit nie was dat ek daar was om te help nie het sy sekerlik baie sleg daarvan afgekom.

Mens moet maar kort kort mens se lyndrade loop, ons het nog nie een werker gehad wat nie strikke stel nie. Hulle het al een van my ysters uit die skuur gegaps en dassies probeer vang met die ding. Sluit dit ook deesdae toe.
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Jakkalse geskiet

Post by JopieFourie »

Dag julle.

Kyk nou net hoe opvallend. Het net verlede week hierdie pos gelees en skiet die naweek 'n jak met so strik om die nek:

[img width=560 height=420]http://i910.photobucket.com/albums/ac30 ... G_0651.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i910.photobucket.com/albums/ac30 ... G_0652.jpg[/img]
Chrisjan

Re: Jakkalse geskiet

Post by Chrisjan »

Ek het verlede maand 2 jakkalse geskiet wat draad om die lyf of nek het.

Van nou af ry ek met 'n kantsnytang en knip elke strik af wat ek sien. >:(

En dan word jy vertel die plaas bevolking stel dit vir vlakvarke? As 'n jakkie die draad gebreek kry vra ek met verwagting dat hoe dink hulle sal 'n vlakkie daar bly sit. 'n Vlakkie sal mos baie maklikker as 'n jakkals die draad breuk en weg kom.
Last edited by Chrisjan on Tue Nov 01, 2011 7:32 am, edited 1 time in total.
Post Reply