Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Nico Harris »

Ek kon 5 jaar terug nie n 3 duim groep op 100yds skiet nie. Ek het toe maar net soveel begin skiet soos ek kan en die heeltyd probeer verbeter. Ek het net een reel- ek moet altyd die swakste link in die ketting wees. My laaiwerk, geweer , scope , ringe, rest ens moet altyd die beste wees wat ek kan bekostig. As alles dan reg is werk ek aan myself tot ek resultate kry wat ek verlang. Soos bv- die 243 skiet konstant n half duim groep op 100yds en op n goeie dag gaan hy onder 10mm met 5 skote. As ek na dit kyk sal,ek aanhou oefen op 1000yds tot ek redelik konstant 5duim goepe kan skiet en op n goeie dag onder 4duim.

Groete

Nico
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by LUAN »

Nico baie mooi geskiet. Vertel ons van jou dopvoorbereiding en dinge? Hoe het jy hierdie konstantheid bereik? Ek sien nie dat jy daardie onverduidelikbare flyer kry in jou 5 skoot groepe nie. Jy skiet n rakgeweer ook nog wat dit nog meer indrukwekkend maak. Jy bewys net weer hoe great hierdie Savages is.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Gawie(13mm) »

Dut is 'n mite. Al die goeie skuts koop Savages. ;D

Ek vind dat ritme die grootste faktor is as ek skiet. 'n Goeie vriend sê altyd: jy kan maar "flinch", jy moet net altyd dieselfde "flinch".
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by PWV »

Nico Harris wrote: Soos bv- die 243 skiet konstant n half duim groep op 100yds en op n goeie dag gaan hy onder 10mm met 5 skote. As ek na dit kyk sal,ek aanhou oefen op 1000yds tot ek redelik konstant 5duim goepe kan skiet en op n goeie dag onder 4duim.

Groete

Nico
Nico, ek weet nie watter beroep jy beoefen nie, maar kan jy nie dalk groter geld maak as 'n skerpskutter of 'n sluipmoordenaar nie? Hulle sal lank na jou soek as jy die ouens van 'n afstand van 1 kilometer af uithaal! ;) ;)
Groetnis
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Nico Harris »

303-

Ek skiet norma en lapua doppe wat ek elke 5de keur anael en ook dan kyk of hulle nie te lank is nie. Ek gebruik gewoonlik cci200 primes en s365. Ek het n redding bushing neck die en n micrometer seater altwee compitition. En ek gooi al my ladings met my lyman dps3 en al my doppe kry altyd dieselfde hoeveelheid skote. Ek meet my runout en gebruik die swakker runouts op ape en op nader afstand. So niks fancy nie maak maar altyd seker alles is reguit en dieselfde. Ek glo erg in repeatabality. Die savage het nou al 430 skote deur sy loop en nog net 3 groepe was oor moa.

Groete

Nico
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Riaan Kriel »

'n Ou Thread maar baie interessant en leersaam. Het hierop afgekom in die thread oor die verskillende Taktiese/Kompetisie Teleskope.

Eerstens BAIE goed gedoen Nico, gee asb so bietjie meer terugvoering oor die Zeiss scope wat jy gebruik en jou ervaring daarvan nou amper 'n jaar later as wat die thread laas gebruik is.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Nico Harris »

Naand Duracell! Ek gebruik die scope nogsteeds. Nogsteeds dood gelukkig en het nou ook een op my 300wm- wag net vir my lisensie. Ek het nou al deur n paar van die groot name ook gekyk en ek moet se eks nog meer as tevrede met my zeiss!

Groete

Nico
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Riaan Kriel »

Dankie ek waardeer jou terugvoer. Ek is besig om te begin rondkyk vir 'n scope vir 'n .308 NM. Tans op oorweging is die volgendes:
- Sightron Siii 8-32
- March
- Leupold
- Zeiss
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Capt. Yoda »

Duracell wrote:Dankie ek waardeer jou terugvoer. Ek is besig om te begin rondkyk vir 'n scope vir 'n .308 NM. Tans op oorweging is die volgendes:
- Sightron Siii 8-32
- March
- Leupold
- Zeiss

Daar is net een scope in daai lys ;)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Riaan Kriel »

Capt. Oblivious wrote:
Duracell wrote:Dankie ek waardeer jou terugvoer. Ek is besig om te begin rondkyk vir 'n scope vir 'n .308 NM. Tans op oorweging is die volgendes:
- Sightron Siii 8-32
- March
- Leupold
- Zeiss

Daar is net een scope in daai lys ;)
Nou praat met my, moenie net vae skimpe gooi nie. :laugh:
Ek het net persoonlike ervaring van net die Leupold en die Sightron uit genoemde scopes. My ervaring van die Leupold is nie baie positief nie terwyl ek net met lof kan praat van beide my 2 Sightron Siii's
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Capt. Yoda »

Vra vir Geno vir n prys en as jy kan koop die March, elke keer.Die Sightorn is ook n goeie scope maar jy weet dit mos self en vir sy prys klop mens hom nie maklik nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Riaan Kriel »

Capt. Oblivious wrote:Vra vir Geno vir n prys maar as jy kan koop die March, elke keer.Die Sightorn is ook n goeie scope maar jy weet dit mos self en vir sy prys klop mens hom nie maklik nie.
Dankie Cappie. Ek sal maar volgende naweek ernstig met die man gesels tydens ons kursus te Magaliesburg ;)
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Jan-Hendrik »

SKOTE!!!Jou Yster
JAN-HENDRIK
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Piet Breedt »

Nico, sien ook nou eers hierdie post van jou. Baie mooi geskiet.

Hoe maak jou LRP nog, en hoeveel skote het hy nou al geskiet. Ek is bitter tevrede met beide my LRP's.

Watse windmeter gebruik jy, en gee hy vir jou Density Altitude soos van die Kestrel's doen?

Soos Arnold hierbo noem, speel Temp, Druk en Humiditeit n groot rol in die hoogte wat jy gaan skiet op die dag, waarvan druk die grootste verandering teweeg bring.

Wind rigting gaan ook n groot rol speel op die lang afstande. Wind van links gaan jou afdruk, en wind van regs, op.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Nickvn »

Piet Breedt wrote:
Wind rigting gaan ook n groot rol speel op die lang afstande. Wind van links gaan jou afdruk, en wind van regs, op.
Dit is as jy n regom skroefdraai het, wat meeste van die lope is. Ek het n linksom skroef op my BSA 3006 en hy werk andersom.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Supacow »

Goeie observasie Nick
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Nico Harris »

Naand oom Piet.

Ek het maar soos al die ander ver en klein groep skiet goed op die harde manier geleer. Ek het die geweer aan die begin baie warm geskiet. Met die lyk die loop nou op 1500 skote nie meer goed nie en die geweer is maar deesdae vol strooi. Maar dit gese , met moeite skiet die geweer nog half duim groepe. Maar het nou en dan onverklaarbare flyers. Ek het nou die dag 5x5 skoot groepe geskiet met die slegste groep 22mm en die gemideld so 17mm(ek het die loop geskrop net na ek die koeels gelaai het en die gemidelde spoed is so 109ft/s onder die node spoed). So nie meer n halduim geweer nie maar baie gemaklik n sub 1" geweer. Ek het nou n 30" , 1in8" twist loop bestel en glo hy sal teen januarie op wees. Hy sal 243 AI gesny wees. Ek het die loop ook op 1000 skote na n ackley toe gesny.

Die geweer het op so 800 skote n koue skoot ontwikkel. Maar na ek met oom gesels het oor die bedding en dit gedoen het is dit nie meer n probleem nie. Ek sien baie uit na die 30" loop en beoog om san die 105gr amax teen 3150ft/s te skiet. Oor die algemeen is ek baie gelukkig met die savage en dis baie geweer vir mn geld.

Groete

Nico
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Post by Nico Harris »

Ek het vegeet om te noem ek gebruik nou n kestrel en density altitude.
Post Reply