Jag permitte vir in die aand skiet

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Post by ruaanb »

Ja jy moet vinnig lig en as jy lig op het daar hou! Sterkte!
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Post by Willie »

Ja as die koedoe naby is of al gejag is met 'n lig is hulle baie skelm.

Ek sien hier by my het hulle ook in die week hulle intrek geneem. Ongelukkig het ek nie genoeg mense hier om te lig, skiet en bestuur nie anders kon ek hulle darem gaan "bekyk" het soder die permit. Bobejane het ook lusern baie plat getrap so ek voel ook nou nie so vreeslik vriendelik nie.
Sterkte
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Post by Eduard Venter »

Ons ry so paar weke terug in die aand n draai en kry n groot koedoebul wat maer en kreupel is. Oorweeg toe om hom te skiet maar los hom toe maar. Volgende oggend le hy dood by die naaste watergat. Maak die wet voorsiening vir beseerde diere? Dit maak tog logies sin om die bok te skiet en sodoende kan ons nog die vleis gebruik eerder as wat hy in die veld vrek.

Ek heg sommer n foto van die bul aan.

[IMG]//images.tapatalk-cdn.com/15/10/23 ... 6667b1.jpg[/IMG]

Groete
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: Jag permitte vir in die aand skiet

Post by DeonvTonder »

Eduard, ek is seker jy sou die dier van sy pyn verlig het. Ek is nie 100% seker wat die wet sê oor beseerde diere nie, maar ek sou die dier 'n genade skoot gegee het. As jy die vleis gebruik sien ek geen fout daarmee nie.

Groete
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Ruger AR556 (Pending)
Post Reply