Merino-stoetteler se siening -

Biltongjagter

Merino-stoetteler se siening -

Post by Biltongjagter »

Lees hierdie stukkie raak in die Maart 2011 uitgawe van die tydskrif Veeplaas op bladsy 18 onder die opskriffie 'Roofdiere' -

"Ons het vroe?r jare baie jaghonde aangehou, maar so 'n ruk gelede al die honde weggemaak. En die vreemde ding is dat die jakkalsprobleem ook in dieselfde tyd weggeraak het. Wat gebeur het is dat die hase en ander klein diertjies gaandeweg meer geraak het en genoeg van 'n prooi aan die jakkalse gebied het, dat hulle nie meer skape gevang het nie.

Maar intussen het die ouens opnames van skape se gebl?r begin maak en die jakkalse geskiet waar hulle vang. Dis nog reg, maar toe hulle hase se geskree begin uitsaai en jakkalse begin skiet waar hulle nie naby die skape is nie, dink ek, het ons vir onsself 'n groot probleem geskep.

As Tink-hulle nou 'n spesifieke probleem het, kry hulle 'n professionele jagter in om daardie jakkals uit te haal, maar andersins los hulle die jakkalse uit."

Aan die woord is merino-stoetteler, Tink Strydom, van die plaas Hartbeesfontein in die Barkly-Ooskontrei van die Noordoos-Kaap.

Ervaar ander skaap en kleinvee boere dieselfde met jakkalse soos wat hierdie skaapboer hier te vertelle het?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Francois Marais »

James

Ek dink daar wag n redelikke ontnugtering op hom, wonner wat as hulle nou al sy hase en steenbokkies opgevreet het, gaan daai professionele jagter darm lekker baljaar want dan is almal probleem gevalle.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by 222 »

Ek weet darem nie so mooi van die ene nie my ondervinding:

Waar die skape lam is daar baie (letterlik 100de) springhase, vlakhase
Daar loop in dieselfde gebied 2 tot 3 pare Duikers en Steenbokke.
Daar is ook Dassies in dieselfde omgewing.
In die kamp is daar 'n trop van 40 Blesbokke

Nou as dit dan so is hoekom kom vang hulle dan die lammers?
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Freddie101 »

Nee wat. Die hase en kleinwild is nou hier by ons meer as ooit en nou is die jakkalsprobleem groter as ooit  in my leeftyd. Dink nie sy argumente hou water nie. Weet nie in Barkley Oos nie maar ek dink sal maar dieselfde wees. Laat Katjak ons inlig. Dit is sy wereld. Die jakkalsprobleem het self grootgeword, glo nie die hase se geskrree het dit groot gemaak nie  :D

Groetnis Freddie
yol bolsun
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Fanie Nel »

Goeie naand manne

Ek is ook 'n merino stoet teler en ek stem glad nie saam met daai artikel nie.  Ons verbied al jare die werkers hier by ons om honde aan te hou en om strikke te stel want hul vang gewoonlik onskuldige diere, soos steenbokkies ens.  A.g.v hiervan het ons baie baie  hase, steenbokkies en springhase en dit het niks gehelp nie die jakkalse het net meer en meer geword hul het nie saak met hase ens nie, lam is net te maklik om te vang, as jakkels eenkeer lam gevang het is dit al wat hy vreet.  Daar is net een manier en dit is baie maniere.  Die een wat jy nie geskiet kry nie moet jy ander plan meer maak,  maar ek moet se die skiet is die mees effektiefste manier.  Moet my pel in die opsig krediet gee het het my probleem baie verbeter.

Die jakkals ontploffing hier by ons het begin die dag toe hul oranje jag toe gemaak het.  Die ander ding hier by ons is dat skaap boere min geword het en bees boer en wildboere help ons nie om die probeel op te los nie, maar moet se hul voel ook deesdae die probleem aan hul sakke en begin dan darem help.

Groete Fanie Nel
Last edited by Fanie Nel on Thu Mar 03, 2011 9:46 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Dawie »

Tink jou siening is soooooo 2008,  kom by my ou. 

Die Ingelse het so mooi uitdrukking "CATCH a Freakin WAKE-UP DUDE!!!!"
Biltongjagter

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Biltongjagter »

Hallo Dawie en Fanie,

Klink vir my so asof een van julle manne wat weet, hier gerus 'n skrywe aan die tydskrif Veeplaas se redakteur, Albert Loubser, moet rig om die feite in perspektief te stel. Sy e-pos adres is: albert@veeplaas.co.za

Talle kleinvee- en beesboere lees die tydskrif en deur die jakkals probleem dmv korrekte feite aan hierdie boere oor te dra, kan dit net in geheel help om die totale roofdier kwessie op alle veeplase op die regte manier aan te spreek.

Ek is seker daarvan dat Veeplaas julle insette sal waardeer.

Groete,
Koos.
kolskoot

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by kolskoot »

Uhm Ja......................

Ek wonder nou hoe kan mens dit so regverdig????????????? By my word die jag van alle hase , steenbokkies totaal verbied!!! Vanf desember het ek 10 jakkalse dood gemaak en het bnet gister weer spore teen die elektriese heining gekry. So ek weet nou nie so mooi nie. In my opinie is dit vir 'n jakkals of rooikat heelwat heelwat makliker om 'n skaap of boerbok lam te vang as om 'n hasie of steenbokkie te vang!!!!!!!  :o :o  "n skaap lam is mos nie eens amper so rats soos 'n hasie of bokkie nie.

Ek dink die manne moet biekie meer self in die veld kom en moenie net op werkers staat maak nie!! Ry self en kyk self spore en byt plekke op dooie diere ens.

Dit is nou maar my opinie en is wat ek toepas op my grond en ek het 'n baie beter idee oor wat in my veld aangaan net omdat ek self daar kom!!! Niemand is so betroubaar soos jy self nie , veral as dit by jou boerdery of enige besigheid kom nie.!!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Dawie »

Koos

Sal vir Albert 'n kort maar duidelike emailtjie stuur na die naweek,  sal my woorde mooi moet kies...

D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Dawie »

Biltongjagter wrote: Maar intussen het die ouens opnames van skape se gebl?r begin maak en die jakkalse geskiet waar hulle vang. Dis nog reg, maar toe hulle hase se geskree begin uitsaai en jakkalse begin skiet waar hulle nie naby die skape is nie, dink ek, het ons vir onsself 'n groot probleem geskep.

As Tink-hulle nou 'n spesifieke probleem het, kry hulle 'n professionele jagter in om daardie jakkals uit te haal, maar andersins los hulle die jakkalse uit."
Nou wonder ek hoeveel jakkalse is al ingeroep met 'n haasklank met skaap in hulle pense en hoeveel met haas in sy pens en ingeroep met skaaplammetjie distress??

Bostaande het al met my gebeur,  en as ek nie lieg nie,  dan dra die ou se stelling mos nie water nie.  Of lieg ek nou....Asseblief as iemand nie saamstem nie...

En nog...Hoe v?r is "nie naby aan die skape nie"??

D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Louis102 »

Hier is hoe dit in die praktyk werk (danksy Jaracal se somme):

Gestel 'n area begin met 15 teelpare (d.w.s. 30 jakkalse).  Hierdie teelpare kry gemiddeld 5 kleintjies elk.  Teen Oktober is hulle dus 15 x 5 = 75 plus die 30 oorspronklike jakkalse = 105 jakkalse in die omgewing.  Indien ons nie ten minste die aanteel doodmaak nie, verander die verhaal volgende teelseisoen nou so:

Gestel daar bly genoeg jakkalse oor om nou 25 teelpare te vorm (d.w.s. 50 jakkalse) en hulle kry weer gemiddeld 5 kleintjies elk, dan is daar teen Oktober 175 jakkalse in daardie gebied.  Gestel ons maak nou weereens nie die hele aanteel dood nie en daar bly genoeg jakkalse oor om s? 50 teelpare te vorm (d.w.s. 100 jakkalse) lyk die storie nou so:

50 teelpare X 5 kleintjies plus die oorspronklike 100 van die teelpare gee jou nou 350 jakkalse in Oktober.

Dit is heeltemal realisties dat die jakkalse van 30 na 350 kan vemeerder in 3 jaar se tyd as ons hande gevou op die voorstoep sit en niks aan die probleem doen nie - veral waar kos en water genoeg is soos op 'n skaapplaas.  Dit is ook presies hoekom die probleem so moeilik is om te beheer.  Na so paar jaar van slim probeer wees, is die koe?l dan so bykans deur die kerk en te slim Merino-stoettelers (en hul buurmanne) raak Nguni-telers oornag.  Die jakkals probleem raak nie groter omdat ons hulle uitroei nie, dit raak groter omdat ons niks (amper gebruik ek die f-woord) doen nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Louis102 »

Mag ek dalk byvoeg dat die Moeder Natuur se manier om jakkalse te beheer, volgens my soos volg werk:

Jakkalse teel aan tot daar te veel vir die area en beskikbare kosbron is.  Hulle vrek dan uit a.g.v. hondsdolheid, hongersnood en/of bransiek.  Dit gee dan kans vir die natuurlike voedselbron om te herstel.  Die paar sterkste en slimste jakkalse wat dan oorleef, begin dan die siklus weer van vooraf.  Dit is oor en oor bewys op plekke soos die robbe kolonie by Kaap Kruis, verskeie natuur resservate en selfs in tradisionele beesboer areas.  Teen die tyd wat jakkalse egter begin uitvrek a.g.v. oorpopulasie, het hul skaapboer-gashere reeds in die plaashek geduik.

Jakkalse het geen ingeboude meganisme om hulle getalle natuurlik te beheer nie en daar is ook nooit 'n presiese kamtige "ewewig" in die natuur nie.  Daardie mooi stories is nie die realiteit nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Freddie101 »

Louis
Stem saam met altwee jou vorige 2 posts.
Freddie
yol bolsun
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Dawie »

My eposie aan die redakteer,  klaar gestuur met spel en gramatika foutjies.........

"Hallo Albert

As kleinveeboer wat al amper twee dekades sukkel en self ook in die Sentrale Karoo "roep en skiet" deeltyds doen het ek en ek's seker die meeste kleinveeboere en ongedierte jagters 'n groot probleem met die onderstaande stukkie.


"Maar intussen het die ouens opnames van skape se gebl?r begin maak en die jakkalse geskiet waar hulle vang. Dis nog reg, maar toe hulle hase se geskree begin uitsaai en jakkalse begin skiet waar hulle nie naby die skape is nie, dink ek, het ons vir onsself 'n groot probleem geskep.

As Tink-hulle nou 'n spesifieke probleem het, kry hulle 'n professionele jagter in om daardie jakkals uit te haal, maar andersins los hulle die jakkalse uit."


Daar is al bitter baie jakkalse ingeroep en geskiet met 'n haas geluid wat se pensinhoud skaap was en vice versa.  Jakkalse loop kilometers deur kampe sonder skaap om by lammers uit te kom,  selfs wanneer 'n jakkals geskiet word met haasvleis in sy pens is dit nie 'n bewys dat hy nie lammers vang nie.  Jakkalse is opportunistiese jagters en sal vang wat beskikbaar is,  om 'n haas te vang het 'n jakkals rofweg 'n 20% kans vir sukses,  vir lammers so te s? 100%.

Hou in gedagte dat jakkalse wanneer daar genoeg prooi is gemiddeld 5 kleintjies per broeipaar grootmaak m.a.w.  hulle vermeerder eksponensie?l en om hulle getalle net dieselfde te hou  moet daar ten minste 80-85% uitgehaal word.  

My afleiding is dat die persoon in die artikel beweer dat daar jakkalse is wat nie skaap vang nie en blykbaar hulle nageslag ook nie sal nie.  Dit sal bars om te bewys watter nie vang nie,  of nooit in die jakkals se lewe nie.  Die tipe "holistiese" wensdenkery propaganda is deur groengroepe versprei die laaste paar jaar om boere te verlei en is tot vervelens toe verkeerd bewys.  Uit opnames is gevind dat meer as 98% van die publiek na hulle die waarheid oor die ongedierte probleem hoor,  saamstem dat jakkalse en rooikatte tussen skaap verwyder moet word.

Die "ongelukkige pynlike waarheid",  vir veral kleinveeboere,  is dat ons nie saam met jakkalse en rooikatte kan boer nie.  Om te oorleef sal ons alle pogings moet aanwend om hulle op ekstensiewe kleinveeplase uit te roei.

Dit klink nie mooi nie,  maar dit help nie ons lieg vir onsself nie.

Groete

Dawie XXXXX"
Last edited by Dawie on Sun Mar 06, 2011 8:38 pm, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Biltongjagter »

Mooi gestel en goed met feite toegelig, Dawie! Dankie en kom ons hoop dit laat die regte perspektief na by die ouens wat nog nie die volle implikasies van jakkals teenwoordigheid op 'n skaapplaas besef nie.

So terloops, ek neem aan daardie kruisies agter jou naam onderaan die skrywe is nie bedoel om soentjies te wees aan die redakteur nie  ;D

Groete,
Koos.
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by sakkievanheerden »

Hallo almal
Ons is ook Merino stoet boere hier in Tarkastad op die plaas Hoogstede en het baie hasies ,steenbokkies dassies en wild,ons skaaplammers word gevang.Ek ken vir Tink en is bevrees hy is op n dwaalspoor oor sy uitlaating.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by iceman1982 »

222 wrote: Nou as dit dan so is hoekom kom vang hulle dan die lammers?
Want dit is die maklikste...
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Dawie »

Aaaah ek kan dit nie glo nie.....

Veeplaas b?l vamore om my in te lig my "brief" het 'n prys gewen,  gaan glo in die April uitgawe verskyn.  Hulle gaan my 'n k?psie met 'n lig in gee vir 'n prys ;D

"Published Prize Winning"  Author..... Kojak ;D ;D
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Fanie Nel »

Baie geluk dawie.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Louis102 »

Dawie wrote: ... "Published Prize Winning"  Author..... Kojak ;D ;D ...
Kojak

Tyd om jouself meer ernstig op te neem.  Hier op die forum gaan jou goeie werk nie ongesiens verby nie!  In Engeland sou die Queen jou tot ridder geslaan het vir jou onbaatsugtige kampvegter pogings om die waarheid daar buite te verkondig.  Sir Kojak kan ons jou ook maar begin noem.  Baie dankie!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Dawie »

Dankie Almal

Die gedagte was nie dat dit gepubliseer moet word nie maar net ter info vir die redakteur.  Wonder wat die reaksie daarop gaan wees.

Cheers

D
Biltongjagter

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Biltongjagter »

Mooi so, Dawie!

Bly jy het darem iets gekry vir die briefskryf werk wat ek aan jou opgedra het.

Hoop van harte dit maak onigeligtes en ouens met die verkeerde siening oor jakkalse se o? betyds oop.

Groete,
Koos.
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by katjak »

Skuus manne. Ek Lees nou eers die post. Wil net noem dat ek by die stoetteler al 6 jakke en 7 katte geskiet het. By twee van sy onmiddelikke bure waar sy meeste verliese is  het ek al 25 jakke en 7 katte geskiet. Dit was tot ek een aand nie gou genoeg daar kom uitkom nie a.g.v ander afsprake. Hy en een vriend het toe self gery met ligte. Daarna was ek amper nooit weer gevra nie. Dit is net vir my interessant dat ek nou geen reaksie daar kry, en as ek wel die ogie optel is dit net een flash dan is hy weg. was seker 18 maande laas daar
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by Freddie101 »

Sir Kojak
Mooi man.

Katjak
Lyk my die man het sy jakkies self bietjie gehelp om nie meer hulself aan die geskree van n haas te steur nie. Wonder hoeveel het die skiet op die buurplaas gehelp?
Groetnis Freddie
yol bolsun
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Merino-stoetteler se siening -

Post by jaracal »

Tink het my geskakel en gekla oor van die "posts" wat vir hom soos persoonlike beledigings en aanvalle was. Ek het 'n paar "posts" verwyder wat ek dink nie gepas was nie maar sonder om afbreek te maak aan die "Topic".

Groete
Jaracal 
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Post Reply