Berger Hunting VLD? Wat dink julle van dit?

Post Reply
HannesvB
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Thu Jul 23, 2015 3:31 pm

Berger Hunting VLD? Wat dink julle van dit?

Post by HannesvB »

Goeie dag aan almal.

Ek wil net 'n kort vraag vra. Wie van julle het al met Berger Hunting VLD koeels gejag? Wat was die spesie wat jy gejag het, afstand, caliber en koeel gewig? En ook, wat is julle algehele ervaring gewees van die koeel se terminale werkverrigting en hoe vergelyk dit met ander koeels wat julle al gebruik het?

Baie dankie.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Berger Hunting VLD? Wat dink julle van dit?

Post by Nico Harris »

Vld hunting?
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Berger Hunting VLD? Wat dink julle van dit?

Post by Vaalboer »

Hi

Ek het met 87 grein 6mm VLD Hunting blesbokke en takbokke geskiet in my 243 AI @ 3000vps.

2 blesbokke agter blad op 200m. Koeels het perfekte mushroom onder vel aan anderkant gesit. Ook takbok op 304m geskiet. Almal net 1 skoot nodig gehad. Hulle maak skade maar maak ook mooi dood.

Sal def weer gebruik.

Skiet natuurlik baie akkuraat!
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 728
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Berger Hunting VLD? Wat dink julle van dit?

Post by Askari »

Ek het onlangs die 155gr VLD Hunting begin gebruik in my 308 (2760 vt/s). Hulle is super akkuraat (een gat groeperings op 100m). Ek het 'n springbok ram op ongeveer 200m (bladskoot), ooi op 300m (bladskoot), blesbok ram op 165m (hoë nekskoot) en blesbok ooi op 80m (kopskoot) met hulle geskiet die afgelope 2 maande. Ek sal hulle beslis aanbeveel.

Hou ingedagte dat dit 'n relatiewe "sagte" punt is, so ek sal hulle aanbeveel vir kop/nek en bladskote. Bly eerder weg van groot bene. Die 4 bokke genoem hierbo het almal in hul spore geval.
Gooi lood!!!!
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 835
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Berger Hunting VLD? Wat dink julle van dit?

Post by Drenalinjunkie »

Ek het al bitter baie bokke met my 6.5x55 Tikka T3 Sporter geskiet met 140gr Berger Hunting VLD's afstande het al gewissel van 80m tot 502m. Nog nie een bok verloor of gekwes met hulle nie. Dis nou op springbokke, rooiribboke, blesbokke en n swart wildebees. Ek sal nou nke sommer groter wild met dit tekkel nie maar hulle werk goed. Skade is daar maar die bokke val vinnig as hulle nie op die plek val nie.
Post Reply