.303BSA ombou na 6mm Musgrave?

ArnoldM

.303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by ArnoldM »

Hallo almal,

Ek is nuut op die forum en geniet dit vreeslik baie!

Wil graag uitvind of enige van julle ondervinding het om .303BSA (Enfield aksie) na 6mm Musgrave te laat ombou, en of julle enige wapensmede kan voorstel wat hierdie tipe van werk betroubaar sal kan verrig.

Ek skiet ook .375H&H en .30-06, en het dit goedgedink om die .303 na 'n "nuwe" 6mm te laat ombou eerder as om 'n nuwe .243 aan te koop, slegs en uitsluitlik omrede ek baie sentiment aan hierdie wapen heg.

Ek sien graag uit na julle terugvoer.

Vriendelike groete,
ArnoldM
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Monrique (SJ) »

ArnoldM

Baie welkom hier en geniet dit!  Waar woon jy, dit sal net dit makliker maak met voorstelle vir n wapensmede in jou omgewing voor te stel.

Groetnis
ArnoldM

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by ArnoldM »

Hi SJ,

Ja, askies man, ek raak so opgewonde ek vergeet skoon van die belangrike dinge  :)

Ek woon in Henley On Klip, dis langs Meyerton en nie ver van Vereeniging of Johannesburg af nie....

Dankie vir die terregwysing.

Groete,
AM.
ArnoldM

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by ArnoldM »

Hi julle,

Voor ek vergeet, is daar regtig enige noemenswaardige verskille tussen .243 en 6mm M? Ek weet ek kan hieroor gaan oplees, maar ek sukkel om betroubare of eerder sinvolle inligting oor die 6mm Musgrave te bekom.

Dis ieder geval lekkerder om dit van julle gesoute manne hier op die forum te hoor  :)

Byvoorbaat baie dankie.

AM.
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Triple2 »

Hi daar. Doen gerus ook bietjie huiswerk oor die 6mm Remington. Hoor goeie dinge van hom, veral vir langer skote.
Groete
D
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Monrique (SJ) »

ArnoldM

Weet ongelukkig nie van wapensmede daar bo nie, die manne van daai wereld moet maar help hier.
EK is in die Kaap omgewing.  Sterkte met die projek!

Groetnis
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by fanie17 »

Ek het al n klomp sulke veranderings gedoen,dit is baie maklik.Jy kry ongelukig nie dieselfde spoed en akuraadhied uit n 6mm musgrave nie,dit is a.g.v die aksie.Ek sou n nuwe 243 koop.n Tomsen contender-R7500,00 ,Tikka-R12000,00.Howa-R4900,00.
Bruno R12000,00 XBolt-R12500,00 Weatherby R10500,00.Dit gaan jou ook n klomp geld kos vir die ombouing,Die loop aleen sal R2500,00 wees.Hou jou 303 soos hy is.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Monrique (SJ) »

Oom Fanie

Ek dink ook daai is goeie raad om hom te hou. 

@ ArnoldM

As die wapen baie sentiment vir jou, hou hom so, tensy die loop moeg is.  Sit dan net n ander loop op en jy het n lekker bosveld geweer met 180 -200gr. wat jy kan gooi.

Maak mooi
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by BLOK »

Arnold

Stem saam, vir die prys van daai ombouing kan jy netsowel n nuwe geweer koop. Maar bel vir Armtec in Potch oom Loukie hy ken van en dis nie te ver van jou nie, ek weet hier is n paar ander manne vir wie hy al werk gedoen het en ek het nog niks gehoor van hom wat sleg is nie. Sy nommer 083 531 5860

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
ArnoldM

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by ArnoldM »

Hallo julle,

Baie dankie vir julle insette, ek waardeer dit opreg!

Ek hoor wat julle se, ek glo ook julle is 100% reg, dit gaan finansieel baie meer sin maak om net 'n nuwe .243 of so iets aan te skaf, ek was net gretig om 'n lekker projek van hierdie "gedagte van my" te maak, ten spyte van die feit dat dit my veel duurder gaan kos.

Met die huidige vuurwapenwet (Wet 60 van 2000  :) :) :) :)) glo ek ook mens moet maar die beste maak van wat jy het, ek het eerlikwaar nie lus vir die drama en jare se gewag wat met 'n nuwe liksens gepaard gaan nie....

Oom Fanie,

Oom noem dat die akkuraatheid nie baie goed sal wees met die Enfield aksie nie, ek stem dat Enfield nou nie juis jou beste aksie is nie, maar is daar 'n moontlikheid dat die akkuraatheid kan versleg na so ombouing? Ek skiet huidiglik 3 skote ongeveer 'n duim op 100m met die .303?

Weereens dankie vir die antwoorde, hoop om nog baie te kry  :)

Groete,
AM.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by James Wilson »

n ou musgrave bestuurder het vir my gese: "Bly weg van n 6mm Musgrave"  as ek hom vra hoekom dan maak hy net sy oe so groot :o
koop nuut.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by MJK »

Een ou het op kol gese as jy jou 303 optower, baie geld spandeer met aksie glad maak, nuwe kolf opsit ens ens ens het jy nog steeds net 303 met al sy inherente foute.  ;)
Die roer is nie gemaak vir akkuraatheid nie maar om soveel as moontlik lood te gooi in algemene rigting in uiterste omstandighede. :police:

Koop eerder nuut en is dan van die begin af gelukkig! Om net loop/ kaliber te verander is maar die begin van die uitgawes... daarna sneller, kolf, ens  :o
Sterkte!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Francois Marais »

MJK

Alhoewel ek saam met jou stem....passop om sulke goete hier kwyt te raak, paar manne hier wat erger oor n 303 is as oor n 308.... ;) ;) ;D ;D ;D

Die roer is nie gemaak vir akkuraatheid nie maar om soveel as moontlik lood te gooi in algemene rigting in uiterste omstandighede.
Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
D4D
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Thu Oct 21, 2010 10:03 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by D4D »

MJK wrote: Die roer is nie gemaak vir akkuraatheid nie maar om soveel as moontlik lood te gooi in algemene rigting in uiterste omstandighede. :police:
??? ??? ???
D4D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Francois Marais »

AM

Ek het dit aanvanklik mis gelees, maar......
Met die huidige vuurwapenwet (Wet 60 van 2000  Smiley Smiley Smiley Smiley) glo ek ook mens moet maar die beste maak van wat jy het, ek het eerlikwaar nie lus vir die drama en jare se gewag wat met 'n nuwe liksens gepaard gaan nie....
As jy die geweer verander na n 6mm moet jy in elk geval aansoek doen vir n nuwe lisensie....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Pvdw »

Ai ja Jai MJK, wat raak jy daar kwyt. As die ou stryd osse mooi nagegaan en gepamperlang word skiet hulle in die regte hande meer akuraat as wat jou deursnee skut/jagter in die land met nuwe ysters kan skiet. ;) ;)
Work to live, don"t live to work
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by MJK »

[quote="Francois Marais"]
MJK

Alhoewel ek saam met jou stem....passop om sulke goete hier kwyt te raak, paar manne hier wat erger oor n 303 is as oor n 308.... ;) ;) ;D ;D ;D


Dis hoekom ek toe later in elk geval 'n 308 gekoop het! ;D ;D ;D

Die 303 is gemaak vir oorlog en van die wat in 2e WWO gemaak is se kwaliteit is nie na wense nie. My ou 303 se kamer was buite specs. Sou my baie gekos het om reg te maak, kolf op te sit, scope mounts, ens. Koop toe daardie tyd (+- 1999) vir R1000 meer 'n spliternuwe  Tikka. Nooit weer terug gekyk nie  ;)
Last edited by MJK on Thu Mar 03, 2011 8:01 am, edited 1 time in total.
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by MJK »

wetie hoe kry julle daai quotes so mooi appart nie... :-[
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by fanie17 »

Dit is waar wat MJK se 303 aksie haal baie vinniger oor as n mauser.Dit is spesiaal so gemaak om in die groot oorlog meer te kan lood gooi.Die probleem met n 6mm Mus is die kamer druk wat hoer is as n 303 dit maak dat die slot meer veer,die rede daarvoor is die locking lugs wat agter sit en nie voor soos n mauser nie
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
ArnoldM

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by ArnoldM »

Hallo manne,

Dankie vir julle insette.

OK OK, het besluit om julle raad te volg en dan eerder die soektog na 'n 6mm'ie te begin, alhoewel ek ook 'n .243 fan is, dink ek egter daaraan om eerder 'n 6mm Rem AI of 6mm XC te laat bou.

MJK,

Ek hoor wat jy se, .303 Enfield is nie die inherent akkuraatste kaliber wat ooit gebou was nie, inteendeel, maar ek belowe jou mens kry .303's wat in die regte hande BAIE BAIE akkuraat kan skiet.

Ek self skiet .303, .30-06 en .375H&H, maar het by verre die meeste van my bokke met die .303 geroer, ek en daai roer verstaan mekaar net vir die een of ander rede  :) IN MY ERVARING, was daar onder praktiese jagtoestande tot en met 200m, niks wat die .30-06 beter kon doen nie.

Het slegs eenmaal 'n slegte kwesskoot op 'n blesbok gehad wat duskant 200m gestaan het, maar daarvoor gebruik en nou eerder die .375 of .30-06 met kleeeeine koeeltjies  :)

Die .303 is na my mening (of miskien eerder my onbekwame hande), nie 'n 300m vlakte geweer nie, maar hy beland atyd eerste in my bosveld tassie  :)

Dankie vir die lekker saampraat, hoop dit gaan julle almal goed.

Groete,
AM.
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by MJK »

Arnold

Ek stem saam, daars niks fout met 303 nie. Die ou wat myne gekoop het het toe die koste roete gevolg en die sanna skiet baie mooi. dit het hom net op uit einde fortuin gekos om daar te kom tot hy tevrede was...

Hou 303 soos is  en jy gaan nog baie bokke skiet! Dis altyd lekker om nog 'n roer in die kluis/ bakkie te he.... :D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by Stefan764 »

Hallo ArnoldM

Ek het 2 weke trug vir my n .243win HOWA 1500 met swart sintetiese Hogue kolf gekoop. Jy gan ver soek om nog so goeie en NUWE produk te kry vir R4900...

Nog R450 by en jou aksie is gebed....

Dan, soos die manne se, bele in n goeie teleskoop en jy is gesort.

Jy ken dai song van Juanita "Duitswes" du Plessis:        "......n man kannie sonder n vrou, oooh om bietjie vas te hoooou....." ?

Sy woorde moet verander na: ".........kannie sonder n .243, OOHHHHH om bietjie raak te skiieeeet nie......"

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by MJK »

:o !!my ore...!!. :o. Waas my oormowwe...

;D ;D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by BLOK »

Stefaans

Lyk my ons het op die selfde tyd die selfde geweer gekoop, nou hoop ek nie mens kry in die wapen bedryf mense soos in die eiendoms bedryf nie want dan kon hulle wragtig dalk selfde geweer verkoop het aan meer as een mens en met die geld wegloop ;D

Newat maak sommer n grap ek neem aan jy het joune by Camdix gekoop myne het ek by sportwinkel in Klerksdorp, so R900 meer maar ek kom darem weekliks daar so dit sal my die moeite spaar van Krugersdorp toe.

Sal nogal interresant wees om te sien wie kry sy plat stukkie plastiek wat jou reg gee om hom huistoe te vat eerste.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
ArnoldM

Re: .303BSA ombou na 6mm Musgrave?

Post by ArnoldM »

Goeie more manne,

Ek het dit goedgedink om net vinnig my opgewondenheid met julle te deel.

Nadat ek die bostaande idee (.303 ombou na 6mm Musgrave) laat vaar het, het ek intussentyd BAIE navorsing gedoen, en besluit om 'n 7mm Rem Mag te koop.

Ek kon weke lank (en na honderde artikels  :)) nie besluit tussen die .300 en 7mm nie, maar het my besluit nou finaal gemaak.

Die .300 het na my mening 'n groter applikasie as die 7mm, maar dit sal my vierde geweer wees, en wil slegs 150gr in hom skiet.

My arsenaal  :D sal dan soos volg lyk:
.303BSA - 150gr
.30-06 - 180gr
7mmRM - 150gr
.375H&H - 200+gr

Nou moet ek nog net vir vroulief van my planne vertel, en dit gaan 'n mooi en wel deurdagte verduideliking moet wees, want babatjie kom Oktober  :)

Want dink julle manne, wyse besluit?

Mag dit julle almal goedgaan!

Groete,
AM.
Post Reply