Nuwe lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Kosie Botha
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Fri Oct 09, 2015 2:15 pm

Nuwe lid

Post by Kosie Botha »

Hallo Julle

My naam is Jakobus Francois Daniel Botha maar in kort sommer net Kosie Botha – soos my ma my noem.
Ek bly in Bellville en het hier groot geword. Produk van die hoerskool DF Malan - 1983. Ek was in 1984 en 1985 in die weermag en het daar vir die eerste keer met gewere te doen gekry.
Ek jag meestal in die Kalahari saam my goeie vriend De Klerk Harmse, maar ook op ander plekke saam Conrad de Does en Charl Gous. Ek jag nie saam vreemde mense nie. Ek glo jag is vir my net te kosbaar om met ‘n slegte ervaring weg te kom. Ek sien uit na jag as my middel van die jaar vakansie en maak dit gereeld familie trip. My vrou, Igna en dogter, Danielle, jag ook.
Ek behoord aan Durbanville Skiet Klub, SAJWV en SAJSV. Ek skiet sedert 2011 Veldskiet en ek glo verseker dat dit die enkele faktor wat my jag aansienlik verbeter het.
Ek herlaai vir myself en besit die volgende gewere 9mm Glock 19, .22LR Nitro, .22LR (Remington Target), .22LR (Anschutz), 22Hornet (Carl Walther), 260 Lazer (Improved – Stiller/Broughton), 308 Win (Remington 700), 303 Lee Enfield, 300 Win Mag (Remington 700/Broughton).
Van al die gewere dink ek die WinMag ken nie sy gelyke in die jagveld nie en as ek slegs een geweer mag besit sal dit die 260 wees aangesien hierdie geweer letterlik alles kan doen.

Bly om deel te kan wees van Jaracal.

Groete,
Kosie Botha
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: Nuwe lid

Post by WitWillem (Charl) »

Welkom KB !
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Nuwe lid

Post by alecjohnson »

Welkom! Ek sien jy hou baie van 'n .22! :D mooi versameling daai. Sal jou sekerlik erens in die toekoms by DSK raakloop.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe lid

Post by jamalley »

Welkom Kosie
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nuwe lid

Post by Heinz Petersen »

Welkom Kosie. Lekker om so n bekendstelling te lees.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Nuwe lid

Post by Kubus »

Welkom Kosie en geniet die forum.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Post Reply