My oe is uiteindelik oop!

Post Reply
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

My oe is uiteindelik oop!

Post by Wouter Roets »

Hallo Maters

Ek was destyds opsoek na ladings en dit is hoe ek by hierdie forum op geeindig het. Aan die begin het ek nie baie tyd en moeite gemaak onder die jakkals besprekings nie. Met ander onderwerpe waar jakkalsjag ook maar sy kop uitgesteek het, het ek natuurlik al hoe meer blootstelling gekry en ek het al hoe meer begin oplet in die klas. Die meeste van hierdie probleemdierbeheer handel maar grotendeels oor skaapboere en in n kleinere mate oor manne wat met springbokke boer maar bitter min word algemene wildsboere se skade gedokkumenteer of bespreek.
Ons het verlede week weer n wildstelling op ons plaas met n helikopter gedoen en groot was ons verbasing oor die resultate! Manne ek maak nou die stelling dat ons in toetaliteit die skade wat deur veral jakkalse veral op meduim en selfs groter wildsoorte totaal onderskat! Ons het wel redilike luiperts en rooikatte op die plaas maar uit die lug is in twee ure se vlugtyd 9 jakkelse gesien en as n mens die ruie bos in ag neem is dit baie! Met ons Impala toets naweek het die manne so bietjie geroep maar vanwee die moeilike omstandighede van die tipografie was dit te vergeefs. As n mens rondry is jy ook bitter gelukkig as jy net n jakkals gesien kry en die kanse om te skiet is maar bitter min. Ry jy n gamedrive sonder n geweer met n klomp mense dan sal die bokkers mos met n stomp speel sommer vyf!
Ons gaan nou daadwerklik n poging aanwend om hierdie getalle beter in toom te hou en sal enige insette in die verband baie hoog op die prys stel. Indien van julle ondervinding of raad met die tipe tipografie het sal ek dit ontsaglik wardeer! Een ding wat ek wel gaan doen as daai helikopter weer in ons area is gaan ek hom klim met my pompaksiehaelgeweer en n karton patrone!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Stefan764 »

Wouter Roets wrote: Een ding wat ek wel gaan doen as daai helikopter weer in ons area is gaan ek hom klim met my pompaksiehaelgeweer en n karton patrone!
Maat, hoeveel seats het dai chopper?? Hierdie "swart mamba" van my is self lus vir so iets. En hyt die 30" loop ook op, sal jakkie so op 40m kan brieke aansit met n AAA...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Skolla »

Wouter Roets wrote: Een ding wat ek wel gaan doen as daai helikopter weer in ons area is gaan ek hom klim met my pompaksiehaelgeweer en n karton patrone!
Wouter

Maak daai karton patrone twee kartonne, en looi hulle.
Ek het self op n wildplaas gesien, laas week ,watse skade aan kleinwild aangerig word.

Skolla
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Monrique (SJ) »

Wouter

Die chopper geskietery kan mos net lekker raak, sal ek se! 8) 8)  Looi hulle pappie. :police:

Groetnis
SJ
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Wouter Roets »

Hel manne ek sal op n dieet moet gaan om genoeg patrone te kan saamvat! Soos dit al nou is pas ek net in! Die Robinson dink ek kan 200kg vat en die pilot weeg 80kg. So-ja dieet is maar my voorland! Dink net dit sal vetpret wees.
Groetnis
Wout
PS Mens dink so operasie is duur maar as jy in ag neem die skade per jaar kan daai vliegtuig n week in die lig wees en die pilot kan alles uitdrink en eet elke dag en jy gaan nog kleingeld oorhe!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Niel Viljoen
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed May 05, 2010 9:21 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Niel Viljoen »

Wouter

Wat vir my so wonderlik is van jou storie is, alhoewel dit miskien vir jou n tydjie gevat het is jy nou ten minste ten volle bewus van die stand van sake en jy doen iets daaraan. Dit gaan my verstand partymaal heeltemal te bowe, waarom word daar so gesukkel om so baie ander se oe in hierdie land oop te maak.

Wildbedryf ly ook aansienlike skade a.g.v. rooijakkalse en rooikatte, is bewus daarvan en die bedryf is ook nou betrokke by samesprekings.

Wonder of jy jaarliks wildtelings hou en of jy vir my enige data beskikbaar sal stel.
Sal jou PM.

Werk aan die dieet die ekstra patrone is baie, baie belangrik. ;D

Groete
Niel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Geno »

Baas Wout,
My opinie is dat jou sleg bure se oe ook moet oopgaan, tot dan kan jy op my en Stefaans reken om te help, enige tyd.
My Foxpro Spitfire land Sondag.
Ons behoort een of twee staanplekke te kan maak in daai 200ha gebrande deel

Sterkte,
Babaleeu Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Gerhard »

Wouter,

Jy kan maar my posts gaan lees.

Wonder hoeveel keer het ek dit al genoem dat die wilds boere verliese het wat hulle nooit oor kan droom nie en as daar agter gekom word die rooibokke of blesbokke raak min of teel nie aan nie is dit altyd die luiperds wat die skild kry.

Wildsboere kan nie vir jou soos n skaap boer se wat sy aanwas (lam) is en wat hy groot kry nie agv die aard van die boerdery.

Maar moenie dink hulle wil betaal vir jakkals jag nie.

As ek na 'n wilds plaas se wilds pryse kyk en hy vra geld vir jakkalse dan stap ek verby na die volgende plaas se pryse en die jakkalse moet maar lekke vreet.

Jy kan met sukses in die bosveld roep ek het dit al baie gedoen, tussen Ellisras en Steenbokpan in twee naweke so maand uit mekaar so 20 jakkalse laat val... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by James Wilson »

wouter, kry vir Cois of Jason, hulle was saam met my op n jaracal kursus op n jakkalsjagter se plaas. hull skiet op daai plaas die aand na die kursus 3 jakkalse nadat hulle tot 3h00 die oggend geroep en skiet het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Freddie101 »

Wouter
Versprei die storie verder. Ek dink daar is nog baie wildsplase waar die mense nog nie weet wat aangaan nie.
Groetnis Freddie
yol bolsun
Otto
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Otto »

Wouter,

Wees net versigtig vir daai R22 kopter. Hulle word nie verniet in VSA "lawn darts" genoem nie. As dit warm die dag is bly uit hom uit.

Net my 2c.
8x60S (1928 Oberndorf Mauser Special African Model)
30.06 (Musgrave)
243 (Howa 1500)
12 Br (Maverick)
9mmP (CZ 75)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Francois Marais »

Wouter

Ek help die laaste tyd so bietjie uit op n wildsplaas, lang storie kort, die oom kla ook steen en been daar raak geen Springbok en Blesbok lammers meer groot nie, ek se hom ek skiet jakkalse teen betaling, hy se nee wat hy stel nie belang nie, hy kannie vir die buurmanne se jakkalse ook betaal nie, hy betaal my n goeie dagfooi vir my werk, en as ek die dag nie te hard gewerk het nie, gaan ek maar die aand uit en wiks die jakkies. Desember gaan hy met vakansie en ek pas plaas op, ek maak die jakkies so met amper 60 minder, oor n 3 mnd tydperk, toe hy terugkom van vakansie kan hy sy oe nie glo nie, dis net Springbok en Blesbok lammers waar jy kyk, sy oe het ook oopgegaan, nodeloos om te se, ons sal maar moet sien of hy bereid gaan wees om n ietsie extra my kant toe te gooi......

In sy eie woorde, "Jong die jakkals skiettery werk regtig, kyk hoe baie lammers is hier..."

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Net so terloops het ek gister so vinnig n sommetjie in my kop gemaak oor wat se finansiele skade hierdie meneertjies in die laaste jaar gemaak het. Ek het die diere wat daar was gevat plus die diere wat ons nou oor die laaste jaar ingekoop het en dan n realistiese aanwassyfer uitgewerk en dit dan vergelyk met die telling syfers plus 10%. Jy praat van dig by R500 000 se skade! Dit is verskriklik! Neem dan in ag dat daardie diere nou uit die ekwasie vir die toekoms is en daai kostes neem nou eksponensieel toe!

Nee hierdie swartstreep hondjies gaan nou ! Dis nou oorlog! Gerhard dit is absoluut waar wat jy se dat hierdie verliese nie naastenby goed genoeg gedokumenteer en onder die publiek se aandag gebring word nie! Ek kan ook nie die plaaseienaars verstaan wat geld vra vir hulle jakkalse nie! Dit is nou vir jou wragtag kortstondig. Die probleem met die wildsbedryf is oor die algemeen onkunde en persone wat daar betrokke is en nie die vaagste benul van die ekologie het nie.

Ons sal maar n naweek daarvan maak met alles op my! Geno/Steef julle moet nou mooi oplet in die klas oor die jakkies, ek gaan ook die volgende kurse bywoon!

Groetnis
Wouter

PS Otto ek weet van daai probleem maar daar is blykbaar iets wat hulle na die tyd doen wat die helikopter wel in het om die probleem op te los. Ek is maar self sk*t bang vir hoogtes maar is bereid om daar oor te kom net solank ek n paar van hierdie mannetjies kan laat les opse!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Stefan764 »

Wout

Ons wag net dat die gras so bietjie yler raak dan gaan maak ons n plan. Die skietbankie is so stadig besig om lewe te kry en my skadunet vir oor die bakkie is ook klaar.

Geno kry sy Spitfire die naweek en my roeper bly dan op die bakkie vir Jakdistress. Ons gat vir hulle wikkel my maat, moet jy nie worry nie. Praaaat solank met dai 25-06 van jou. As dai 2x 25's Ruger neefs (joune en Geno s'n) saam agterop die bakkie sit is daar DIK moelikheid vir die vlekkies...

Kan nie wag nie....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by tafjak »

Niel

Ja, die voorspellings is besig om waar te word. Die skille van wildboere se o? val gewoonlik almal af na so 7jaar. Die probleem is dat geen onmiddelike inkomste moontlik is nie sonder om verder aan getalle te torring nie. Veeboere jaag maar ram by en 9maande later kan die geld weer inrol, maar wildboere het nie daardie luukses nie. Neem gewoonlik net so lank om wild op getal te kry(sonder inkope) as wat die probleem(predasie) dreig. Maw dit sal weer so 7jaar neem om alle agterstand uit te wis, maar die aftrede is ook 7jaar vroe?r.

Geen vingerwysing na enige wildboer nie, baie dankie aan Wouter wat die tyd geneem het om werklike getalle te kry en te vergelyk. Jy is my koning met jou eerlike bevindinge en opinies. Nie soos Tim Snow(natuurlik in samewerking met Bobjaan) wat weer die ou afgesaagde antwoorde van anatolise herderhonde en die feit dat jakkalse en katte nie die afgelope 300 jaar gekeer kon word nie, het nie.

mooiloop en kap hulle my maat, genadeloos.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by KSV »

Wout,

Jy moet maar praat ek is mossie so ver nie?

Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Wouter Roets »

Hein
ek is al moeg genooi aan jou! Jy skuld my n kuiertjie!
Taf
Ek jag op baie plase en nou dat ek terug dink daaraan het ek nog nie by een gehoor wat kla oor jakkelse nie! As die wildsboere nie vinnig gaan wakker skrik oor die werklike verliese nie gaan die bedryf net swaarder kry. As n mens infasie en die ander faktore in ag neem in die jagbedryf is die bedryf al klaar onder druk. Om n inpak soos wat net een spesie genaamd jakkals het op winsgewendheid(duidelik baie groter as enige van die ander faktore) dan kan ek net swarigheid insien vir die bedryf. Ek dink hierdie is nogal n besonderse goeie troefkaart as dit kom by die debat oor roofdierbeheer(probleemdiebeheer).
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Gerhard »

Wouter...

Dit help nie om te debateer nie want die boere verstaan en sien dit nie in nie...

Het dit met baie wildsboere in die bosveld gedoen al en mors nie meer my asem nie.

Vir die wie die lig gesien het moet hulle nou sorg dat hulle plekke onder beheer is en dan ook somer die buur plase se jakkalse wat deur kom ook.

Die roep van jakkals in bosveld omgewings is n baie gespesialiseerde ding omdat jy so min staan plek het waar jy verder as 50 meter kan sien ten sy jy kruis paaie werk en baie keer is jou sig dan ook beperk.

In die hoe veld en omgewing sien jy jakkals al op 300 meter + inkom af hangende van die area en dan klop jy hom so dra hy staan.

In die bosveld vang die bogger jou uit want hy kom in op n wilds paadjie waar jy hom nie sien totdat hy 20 tree van jou af is en jy of skoot geskiet kry of hy jou bust...

Sterkte met die vlekkies
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by KSV »

Wouter,

Hoe lyk die 21ste se naweek?

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Biltongjagter

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Biltongjagter »

Wouter, lyk my as die wildboere se o? oopgaan mbt die skade veroorsaak deur jakkalse, dan val sekere areas se skaapboere se o? weer bot toe oor die dieselfde probleem dier!

Kyk hierna - http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2

Hoe dan nou?

Wie is reg en wie is verkeerd?

Groete,
Koos.
Alan D
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Alan D »

Naand manne

So gepraat van die chopper, daar was so ruk terug n R44 in die omgewing wat kom jakkalse skiet. Hier by ons is dit oop grasveld met so elke nou en dan n platkop berg. Elke berg het maar sy stel jakkalse. Die eerste paar dae het die chopper die hange en die vlaktes gevlieg en niks gekry nie. Toe hulle boop een van die berge land vir n koffie breek daar vlieg die rooihond op. Toe hulle nou uitgewerk het waar le die jakkies in die dag toe kap hulle 15 binne twee ure. Hulle het van een berg na die ander gevlieg. Lyk my die neste is gewoonlk in die berhange maar die goed le heel bo in die dag want niemand kom daar bo uit nie.

Groete

Alan D
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by Ponkie »

Alan D

Oom ons sit met 'n soortgelyke probleem in die Winterhoek distrik asook die voorste gedeelte van Baviaanskloof. (Dis nou aan Wiilowmore se kant)
Meeste boere het bergkampe waar hulle net klompie beeste laat loop, want die vee raak weg en daar is gewoonlik 'n tekort aan waterpunte. Maar gaan jag jy daar, dan antw die pare altyd BO-OP die berg! Sommiges het paaie tot op heel bo op die platos. So het ons verlede jaar 2 neste by een boer uitgehaal, want jakkie se kind maak heel bo nes!

Hy is beslis nie stupid nie! Hou van hoog wees sodat hy lankal van jou weet nog voordat die foxpro uitgesit is!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: My oe is uiteindelik oop!

Post by JACQUES BOTHA »

PONKIE
EK DINK EK HET AL IETS OORTGELYKS KWYT GERAAK OOR"BERGJAKKALSE"
DAAI MANNE WAT DAAR BO BLY WAAR NIE N PAD IS NIE...EK HET AL LEKKKER GESPARTEL OM DAAI SPAN AF TE KRY.
EK HET TOE DIE STEL MET DAGROEP GEFNUIK. EK HET HOOG GAAN SIT EN DIE ROEPER VER ONDER MY GESIT , 80 90  METER OMTRENT,
EK HET SEKER DRIE UUR MIDDAG BEGIN BERGOP BEWEEG EN NET SO NA 4 EERS BEGIN ROEP.
HULLE HET IN N PAADJIE AFGEKOM EN SO 100 METER VAN DIE ROEPER AF GAAN STAAN EN BEGIN RONDKYK....
PA EN MA OMTRENT 5 TREE UITMEKAAR GESKIET...
DAAR WAS NIE PAD TOT BO NIE, SO TOE MOES EK MAAR DIE SWEET EN STAP METODE DOEN...
LEKKER JAG
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply