TO SHOOT OR NOT TO SHOOT

Post Reply
GERHARD 3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm

TO SHOOT OR NOT TO SHOOT

Post by GERHARD 3 »

Hallo medejagters,

Ek wil 'n klip in die bos gooi of myself toets.

As die boer, sy werkers en ek weet en kan sien dit is jakkals wat die sondebok is, dan weet ek, ek skiet mos die jakkals in die omgewing waar hy vang.

So gedoen en so gedaan maar soos die tyd verloop doen ek beheer en as die jakke skree en die ooie begin lam dan doen ek voorsorgmaatreels, dis Maart of September ens. Dan in die huidige tyd besoek ek ook die gate om te bepaal of die gate al aktief geword het om die kleintjies te dood want dis maklikker vir my om daar die getalle te beheer , eerder as om te wag dat ek hom moet inroep in einde Jan en Feb. Soos die nag verloop hoor jy die spontane vokale reaksie van die jakkalse en dan beweeg jy in daardie rigting. Ek ken al die plaas goed en weet waar bly die jakke en as ek gebel word dan gaan ek sommer reguit soontoe, skiet wat ek sien en die probleem is opgelos vir weke en dan uit die nuut, skree daar 'n nuwe paar. Dan is daar geleenthede wat ek uit is en die jakkalse kom nie in nie. Hulle skree weer soos ek hulle uitlok en dan kan jy hoor hulle het weg beweeg. Ek kom weer soos die geleentheid om voordoen en dan begin ek waar ek hul die laaste gehoor het. Uiteindelik is ek teen die grens van die plaas. Nou die volk en die boer het my verwittig van die jakkals (een) wat hulle gesien in helder oor dag soos hulle beeste gewerk het. Ek is nou ook 3 groot kampe weg van die skaap. Die laaste vangste was welliswaar jakkals. Probleem is opgelos maar daar is nog een.

Nou, soos ek lig en roep in die nag, teen die grens, tel ek oge op en sien dis 'n rooikat. Die vangste was jakkals.

Was my besluit verkeerd om die rooikat te los. My opdrag was om die jakkals te kry.

Ek hoor graag.


Groete Gerhard
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: TO SHOOT OR NOT TO SHOOT

Post by NicoSmit »

Ek sal hom skiet hy gaan ook moeilikheid maak
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: TO SHOOT OR NOT TO SHOOT

Post by Williel »

Dit klink of jy en die boer nie gesels het oor die tipe problem ook nie. Ek sou hom klop en die boer moet maar besluit. Ek weet daai kat moet elke dag eet, en as hy sy kinders leer vang mors hulle sommer.
Groete, Willie
GERHARD 3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm

Re: TO SHOOT OR NOT TO SHOOT

Post by GERHARD 3 »

Dankie vir julle bydraes. Ek is nie spyt ek het nie geskiet nie. Al was ek uitsluitlik op die jakkals paar gefokus wou ek nie my kanse verspeel nie. Op daardie stadium was geen vangste van die kat se kant af nie en bo-nop soos vermeld was die kat in die buurman se grond. Die wind het my staanplek soontoe bepaal. Ter enige andertyd sou en het die katte geval. Ek het gedink ek tree eties en met 'n professionele jagter kode op deur die probleem op te los want die skuldige was immers jakkals gewees. En ja, as die jakke in die buurman se grond was , sou ek lood gegooi het. Was immers die doel om die jakke uit te skakel. Ek gaan weer terug soontoe binnekort maar na aanleiding van kommentaar op ander media sal ek ook in die vervolg skiet.

Groete en lekker jag manne. Die maklikke tyd is besig om aan te breek.

Gerhard
Post Reply