Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hi ek is Leon Laubscher van Bloemfontein. Ek het myself in Julie voorgestel en na die tyd die Taptalk app afgelaai en iewers langs die pad het op 'n manier 2x op die stelsel beland. Aangesien my eerste post gister aand onder hierdie login was sal ek maar hier aankap.
Ek het in 2013 'n 30 06 Tikka as 'n hardebaard gekoop en maak nou planne vir skietding no 5 of alternatiewelik moet ek my CZ .22 wat ek vir "oefen skiet" gekoop het laat gaan. Die .22 gee net nie dieselfde gevoel as iets wat op 200 m + kan groepeer nie.
Dankie vir die manne wat my reeds welkom geheet het!
Jy verkoop nie 'n .22 nie. Skiet met hom uit die vuis om jag skote te oefen. Leer die jongspan en vrouens met hom. Rol die blikke en wiks die ongediertes met hom.
leon.laubscher wrote:Hi ek is Leon Laubscher van Bloemfontein. Ek het myself in Julie voorgestel en na die tyd die Taptalk app afgelaai en iewers langs die pad het op 'n manier 2x op die stelsel beland. Aangesien my eerste post gister aand onder hierdie login was sal ek maar hier aankap.
Ek het in 2013 'n 30 06 Tikka as 'n hardebaard gekoop en maak nou planne vir skietding no 5 of alternatiewelik moet ek my CZ .22 wat ek vir "oefen skiet" gekoop het laat gaan. Die .22 gee net nie dieselfde gevoel as iets wat op 200 m + kan groepeer nie.
Dankie vir die manne wat my reeds welkom geheet het!
Welkom by die Forum!
Leon mens laat gaan geen geweer nie, jy maak 'n plan! Is jy nie toegewyde jagter by 'n jagtersvereniging nie? Dan kan jy meer gewere aanhou.