DIE LEKKA INGELSMAN

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Hein M. »

Sommer met die intrapslag hou ek niks van die Ingelsman wat my kleindogter
hier by ons kom aansleep nie. Vir weke al sien ons uit na haar kuiertjie
uit London en aan die begin kon ons nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse
boyfriendjie wou saamnooi op 'n onvergeetlike toer saam met Oupa en Ouma
deur die Kruger Wildtuin nie. Uiterlik nie 'n onaangename seun nie, maar
toe die bleeksiel sy bek oopmaak en my met "Hello Gramps" groet, is my moer
klaar suur. Sulke voorbarige vermetelheid. Met die pap handjie waarmee hy
bladskud, skud ek hom amper uit sy oorbel en hy het reeds een verloor.
Maar opgedress vir die okkasie hoor. Leerstewels wat amper tot by sy knieë
kom, sy khakibroek al die pad ingedruk. Met sy dik belt se gespe sal mens
'n olifant met twee houe kan doodslaan. Wat die man als gelees het oor
Suid-Afrika weet ek nie, maar aan die belt is 'n waterbottel, 'n mes wat
amper sy stewels raak, 'n moonbag met 'n rooi kruis op en een van daai
kanariegeel selfone met die baie knoppies. Die man dra 'n swart t-shirt
wat sê rook is verbode en iets van die aardbol wat warm word. Maar ek
weet, die Wildtuin is nie speletjies oor Desember nie. Warm gaan die man
beslis warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het Kleinpop my agteraf
gewaarsku dat die man so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan raak.
Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop geleer.
'Dankie, k*k en lekka.' Alles is k*k of lekka. Kleinpop is lekka. Ons
paaie is k*k. Die son is k*k. Ouma se koeksisters is lekka. Vreeslik
puntenerig oor kos ook, die mannetjie. Eet nie vleis nie, eet nie dit nie,
eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens, ens.
Ek kon dit nog vat toe die man iets van "k*k SUV" sê toe hy in die kombi
klim, maar toe die man "k*k music" op my Klipwerf mompel, steek ek summier
my pyp op. Sommer so in die ry, soos ek altyd maak. Kleinpop probeer nog
verbouereerd keer, maar Oupa leer die man nog bietjie Afrikaans:
"F*k jou, in my van rook ek, broer."
Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse kombinasies:
"F*k, this rook is lekka k*k, dankie."
Maar met 'n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka k*k in die
wildtuin. Teen dag drie is die man se slaaiblare wat hy in Phalaborwa se
Spar gekoop het al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se
padkoskoekisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous. Teen aand vier is
hy honger genoeg om sy vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie
openlik nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk 'n tjop of drie na
die man se tentjie toe smokkel.
Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maagreaksies op vleis. Net
mooi in die middel van nêrens en op die dag se hitte kom klop die man op my
skouer hier voor in die kombi, so in die ry.
"I MUST go!" beduie die man na sy poephol asof ek nie lankal kon ruik wat
hy wil doen nie.Ek stop maar die kombi naby 'n laagte boompies. Dit is in elkgeval so
warm, geen dier sal dit in die omgewing waag nie."There," beduie ek hom na die boompies.
"No ways!" protesteer die mannetjie toe.Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels
dat daar "no ways" is dat hyverder my kombi se binnelug met sy buikwinde gaan ontsier.
As hy nie nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.
"Gee vir die man kakpapier," beveel ek vir Kleinpop.
Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek "No, I want nice paper
please!" Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy
natuurtoilet. Na 'n rukkie verdwyn hy agter die boompies. Ons kyk maar
almal versigtig in die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou
daar dalk ongediertes nader sluip.
Nou een ding van die Wildtuin. As een kar stop, stop almal agter hom om te
kyk watse diere kyk die voorste kar. Veral so op die middaghitte as daar
min is om te sien. Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land Rover
agter ons stop. Die gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk. Hulle
wil ook sien wat ons sien. Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie stop.
Een ou klim uit met 'n groot kamera op 'n driepoot. Nog karre stop. Na
vyf minute lyk dit soos die Dakar Rally wat wil afskop. Groepies brawes
staan teen die reëls orals buite hul karre en kyk met lang lense. Party
klim bo-op hul voertuie se dakke vir 'n beter uitsig. Wild was besonders
skaars hierdie jaar.
Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien was dit 'n oorywerige
verbeelding in 'n desperate soeke na diere. Maar toe die ou so ses karre
van ons af skree "Leeu, ek sien hom!" weet ek die Ingelsman verstaan meer
Afrikaans as wat ons gedink het. Met al die mense wat so staan en kyk na
die veld agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.
Soos 'n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy bostoilet
uit en hardloop vir die kombi. Die broek om die enkels laat die man so
paar keer pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke keer
merkwaardig. Sy roete na die eindpaal is een stofbol soos die man beweeg.
By die kombi aangekom is die man se broek darem min of meer heuphoogte,
maar in die veld lê 'n lang mes en 'n kanariegeel selfoon. Die Ingelsman
soek dit klaarblyklik nie terug nie. Die konvooi karre agter ons, ry
stadig verby, terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke
kry. Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense waarde vir geld
in die wildtuin gekry.
Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit. Dié het sommer
vroeg 'n vlug London toe gevat. Sy wil hom nie weer sien nie. Miskien was
dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier. Miskien was dit die
klein, bleek, swaaiende voorgedagte.
Gabriel Lewis
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Thu Sep 03, 2015 5:26 am

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Gabriel Lewis »

Deksels, ek het nou lekker gelag!!!
Dankie dat jy dit met ons gedeel het
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by ruaanb »

LOL
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by BeesBreet »

Ek moet bieg ek het die op die toilet gesit en lees... My vrou wil weet of alles ok is want sy hoor geluide wat sy nie kan uit maak of ek huil of lag nie...
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Wattlegrove »

Pragtige storie. Lekker gelag
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Chevvy SS »

Dis nou lekka k*k!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by wlm »

Chevvy SS wrote:Dis nou lekka k*k!
Ek het weer gedink dis k*k lekka. ;D
User avatar
Gideon S
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Gideon S »

Dankie vir die deel Hein - my trane het ook nou geloop van die lag. En na die dag het ek dit erg nodig gehad. ;D
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Baasvark »

10 uit 10!
Alhoewel ek self 'n engelsman is hou ek glad niks van die pommies nie!!!!!
Seker omdat ek 'n eg suid afrikaanse "makgemaakte" ingelsman is!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
jnortje
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Apr 09, 2013 9:17 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by jnortje »

LOL
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by baas »

Genade kerels ek het my nu gelag laat die trane loop.......
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Apie »

Daai was goeies!
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Ashley »

Lekker storie, lekke gelag! Dankie
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by Jake1 »

Baie lekker storie en goed geskryf ;D
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: DIE LEKKA INGELSMAN

Post by koos 2 »

Baie dankie aan die skrywer, nou net my week gemaak !!!!!!
Post Reply