Howa 308 (20" loop) met Vixen 3-12 x 40 Teleskoop terugvoer

Post Reply
Tammeraai
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Jul 08, 2012 7:24 pm

Howa 308 (20" loop) met Vixen 3-12 x 40 Teleskoop terugvoer

Post by Tammeraai »

More Manne

Ek is in die proses on die Howa en Vixen te koop soos bo gese. Aansoek vir lisensie is in maar het nog nie finaal op die Vixen besluit nie.

Is daar enige van julle wat al die kombinasie gebruik en sal julle dit so aanbeveel of dalk iets verander ten opsigte van die teleskoop sonder om veel meer vir n teleskoop te betaal.

Hoor graag enige raad of advies
Tammeraai
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Jul 08, 2012 7:24 pm

Re: Howa 308 (20" loop) met Vixen 3-12 x 40 Teleskoop terugv

Post by Tammeraai »

Middag aan almal.

Ek het geen terugvoering op my post gekry. So ek gee dus maar terugvoer hoe die proses sover verloop het.

Ek het die Howa by Camdix in Maart 2015 gekoop en dadelik aansoek gedoen vir die lisensie. Diens by Camdix was puik en Johan her my met geduld gehelp, self's al was hulle baie besig on nuwe voorraad te ontvang. Hy het sonder om te skroom verskillende wapens uitgehaal sodat ek die regte balans kon vind tussen loop en kolf wat by my pas. Die enigste werklikke negatiewe terugvoer wat ek teen Camdix kan gee is dat hulle lisensie aansoek forms in afrikaans is en dit moeilikker gaan by die polisiestasie.

SAPS was egter die normale nagmerrie. Ek moes hulle eers dreig met politieke intervensie voor hulle my aansoek in afrikaans wou hanteer. (Dankie vir Afriforum. Julle naam werk goed as n dreigement.). Aansoek was in met al die stawende dokumentasie en die wag het begin. Ek het 3 maande gewag en toe elke week n persoonlikke opvolg gaan doen tot hulle my naam geken het.

Die lisensie het verlede week gekom en met groot opgewondenheid het ek Camdix gekontak en lisensie deurgestuur. Weer was die diens puik en ek het my geld by RAM inbetaal om die geweer te koerier. R 480.00 later. RAM se diens was goed, maar ek moet noem dat hulle fakslyne buite werking was en bewys van betaling kon dus nie gefaks word soos hulle vereis. Camdix het my gekontak en ek het hulle bewys van betaling gestuur.

RAM se aflewering was blitsvinnig en hulle diens profesioneel van daar af.

In Howa was ek teleurgesteld. Hulle kan beslis meer moeite doen en ten minste n blaadjie by geweer sowel as l-key om boute vas te maak. Sal ook baie hulpsaam wees as hulle die spanning stelling van kolf monteer boude kan gee. Die kolf maak met 2 boude aan die loop vas en is baie maklik om te doen.

Nou wag ek op die 3-12x40 Vixen teleskoop wat einde van September in voorraad sal wees, en sal weer terugvoer van daar gee.

Geniet
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Howa 308 (20" loop) met Vixen 3-12 x 40 Teleskoop terugv

Post by alecjohnson »

Eerste keer wat ek jou post raaklees, wat is die prys op daai vixen hier by ons? Ek sien die teleskoop is ook ge discontinue, dit sal my bekommerd laat!

Ek het nou al vir baie mense gese en paar keer op die forum genoem, waarde vir geld en helder glas, kry jy by vortex, en jy gaan nie veel sukkel om een in die hande te kry nie.

Vortex Diamond Back 3.5-10X50 Dh Bdc Vir R4750
maar die een wat ek sal voorstel op 'n 308 is die Vortex Viper 6.5-20X50 ek het een en wel ek het nog nie 'n beter teleskoop besit nie! hulle gaan nou vir so R9.9k
Tammeraai
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Jul 08, 2012 7:24 pm

Re: Howa 308 (20" loop) met Vixen 3-12 x 40 Teleskoop terugv

Post by Tammeraai »

Die Vixen 3-9x40 is by Camdix beskikbaar vir R 3200.00. Hulle is nie welbekend in SA nie. Ek het taamlik oor hulle opgelees op die internet en ook geplaas hier op die forum. Ook die rede hoekom ek terugvoer gevra het, maar niks gekry het. Ek gaan egter Camdix se aanbeveling volg en sal resultate hier post.
Tammeraai
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Jul 08, 2012 7:24 pm

Re: Howa 308 (20" loop) met Vixen 3-12 x 40 Teleskoop terugv

Post by Tammeraai »

Die Vixen 3-9x40 is by Camdix beskikbaar vir R 3200.00. Hulle is nie welbekend in SA nie. Ek het taamlik oor hulle opgelees op die internet en ook geplaas hier op die forum. Ook die rede hoekom ek terugvoer gevra het, maar niks gekry het. Ek gaan egter Camdix se aanbeveling volg en sal resultate hier post.
Post Reply